Scindapsus en sunfilters

  • 9

...
Mense was skoon versteurd, want toe boonop kom nog die hairdo’s, die geteasde beehives, bobtails en pageboys. Hoog-geteasde hare, dit staan complete nes beehives. Die waves en perms was out of fashion en history nou op Graaffernet se streets.
...

Dit was hoogmode in daai jare wat jy gekry het dat die scindapsus so spikkelblaar al wat ’n picture rail in die voorkamer kruip-kruip toegeklouter het. Right around the room sometimes. Êrens in ’n hoek was die asbestospot weggesteek agter ’n stoel. Die toue scindapsus was sometimes só lank dit was gedrape om ál wat ’n stofrak ok  is. En sometimes even met daddylonglegs gespog wat so tussen vloer en ceiling gespan was. Jong, elke tweede huis had it.

En die asbestospot, watter kleur dit ook al gepaint was, it must match met die interior decorating! Party potte het glad soos wynglase gelyk. Mens kon jou verwonder hoor.

En al die pottery! Dié was same colour op elke occasional en sidetable. All colours van die autumn was in vogue. Blompotte, ashtrays, bakkies en potjies op gehekelde doillies … you name it.

Al drie die tafeltjies wat soos trappe van vergelyking al laer voor mekaar gestapel is. Of nests of tables so al in die ronde.

En in die moderne huise van daai tyd was daar groot pilare weerskante van die entrance na die lounge. Net plek opgevat but nevermind, was mos very grand.

Gone were the days vannie palmstand in the hall met sy aspidistra (wat groei in swak lig) of  die sword fern in ’n blik geplant bo-op en gedecorate met skulpies en putty; skulpies wat mens partymaals opgetel en bymekaar gemaak het by Jeffreysbaai se beach as Oupa ons vir ’n paar dae saamgevat het Savoy Hotel toe. Hy’t Ouma so once a year getreat vir ’n week se weggaan. A change of scenery ’n bietjie, het hy gesê. Usually Jeffreysbaai toe of partymaals perhaps even om vir Nytjie te gaan visit in Hoopstad innie Vrystaat.

Dit was ok koebaai vir die regop wireless en die BBC. Die wye radiogram het sy plek ingeneem. ’n Propperste meubelstuk met ’n wye deksel wat vorentoe oopmaak waarop jy die record covers kon neersit whilst jy luister na LP’s van Bing Crosby, Satchmo of Elvis,  Ginger Rogers and plenty others ok. Too many to name them all.

Shortwave het begin plekmaak vir FM radio.

Mammie was so lief vir “Hello Dolly” van Satchmo met sy rasperstem en yslike tanne. Sy kon sommer in annerland loop kuier as sy so saam wegtrek met “where skies are blue …” Sy’t altyd gesê dis haar signature tune. Dit of “Hello Dolly”.

As sy piano moes gaan speel vir troues en danse in die Robertasaal, het sy dit altyd gespeel as sy oopmaak. En “Auld lang syne” aan die end.

In dié tyd het hul so gelike van bop, two-step, sidestep, swing en die twist. Nou en dan darem ’n wals ok. Tap-dancing was ook darem nog ok op die billboard met Fred Astaire en Gene Kelly. So bietjie. Maar meesal vir konserte.

Dis ook in daai dae wat Laurence Olivier, Clarke Gable en Elizabeth Taylor so lekker kon act op die Movietone en Metro-Goldwyn-Mayer se screens by die bioscope. Jy moes net loop kyk by die Plaza. Daai bioscope van Ferdie Raphael, Sylvia (ons eie South African spy) se pa, het dit daar gerol op die screen.

Goed het so baie geverander in those days, jy kon simply nie van als onthou nie.

Ja, en toe was dit nog daai bont Hawaiian skirts met die wye onderrokke en stretch belts met yslike buckles wat so in die mode was ok. Altyd met ’n plain blouse.

Bobtails vir hairstyles.

Vol verspottigheide.

Daar was ducktails en sheilas, but mens moes eerder wegbly van hulle. Hulle het plain cigarettes gerook soos Mills en Texan en kort-kort ’n krummel twakblaar, op die  punt van die tong agtergeblewe, uitgespoeg met ’n geforseerde klapgeluid. En hul hare was glad gekam met haarolie tot in ’n puntstert agter in die nek. Nes ’n gans se stert! Die babyblue tailcomb in hul kouse gedruk was kort-kort uitgehaal en while hulle chewing gum oopmond gekou het, word die hare in die weerkaatsing van die winkelvensters gekam.

Niks meer Chappies nie. Net Beechies chewing gum.

Texan en Gunston cigarettes vir die boys, Lexingtons vir die girls.

Die boere het darem vasgesteek by hul safari suits. Die dokters ok met hul wittes.

Die Chesterfield suites moes plekmaak vir die light-duty furniture met foam kussings. So van Scandanavian style. En oral scatter cushions in shiny satin. Ok als in die autumn colours.

Die wêreld was vinnig besig om te change: Chesterfields is nou lounge suites, beddens was divans of double beds; Dovers en Aga’s was nou General Electric electric stoves. Niks meer askoek of vetkoek nie, dis noú toast.

Anything electric het voorheen met bakelite plugs gewerk, positive, neutral and earth. Copper wiring was geel, bruin en blue tubes; toegedraai in styfgeweefde garing om dik swart koord. Maar nou’s als net plastiek en rubber en net wit koord. Maar mens shock darem nie. Wat ’n wonder …

Dis tóé ook dat meeste vensters sunfilter curtains gekry het. All colours of the rainbow, hoorhie! Mostly was autumn colours in tel gewees,  orange, olive green, bruin tot by “ruffled” off-white. Party het strepe  so in die dwarste en ander weer ’n patroon van top to toe gehad.

Ja, everything before was nou out of fashion.

Mens het curtain rods gehad waaraan sulke groot ronde ysterhake was wat jy in die ruffle tape van die curtains vasgeryg het en dan so bietjie geplooi het voor jy dit hang. Then it looks mos so ’n bietjie voller en meer jy weet. Niks skimpy nie. Skimpy lyk so armgat.

En after thát het mens curtain rails gekry waaraan sulke klein ogies vasgehaak was  aan dubbelte klein wieletjies wat op miniature railways strips gerol het. En dan het mens die klein hakies gevat wat jy in die ruffle tape gehaak het en then comes die groot werk and that was om dit te haak aan die wieletjies aan die curtain rails. En mens moes mooi mik. Hulle moes maar kort-kort kerswaks kry, anders haak hulle vas vannie dust oppie rails.

En die rods en die rails was altoos  weggesteek mostly onder of agter pelmets – party van pressed wood and others of metal. Dan is dit nog éérs moeilik om die dêm curtains te hang.

Maar met die sunfilters het die pelmets ok darem toe oorbodig geword, want toé het mens die very wide curtain tape gekry wat stokstyf was en net so ’n klein entjie van die top soom vasgestik was, so that when you put in the special viertandhaak, dit die material so dig van pleats gemaak het. Very evenly gespace. Die pleats het dan die rails mos weggesteek so jy’t g’n pelmet nodig gehad nie. Can you believe it! Vertel maar vir Lily in die parsonage.

En daar was ook nog van die dik gordynstokke met groot houtringe waaraan die curtains ok gehang kon word.

Antiques het begin out of fashion raak en mense het gedink jy’s armlastig if you don’t toe the line met die nuwerwetse gedoentes nie.

Mens het nou nie meer koffie gedrink uit enamelkoffiebekers nie. Dit was nou net mugs! Tee net in koppies en pierings.

Die outydse 1953 Anniversary Fords was ok al outyds en dis nou Pontiacs, Chryslers en Borgward Isabellas! Ant Tensie se Vauxhall Wyvern en Oupa se Mercury was ok out of fashion. Oom Andrew koop ok toe sy eerste Ford Fairlane by Midland Motors. Hy’t André se Ford-bakkies ok daar gekoop mos. Frank Horwitz het goeie cash discount gegee vir die boere.

Die high polfaais en stiletto’s het vrouens ok nou hoër laat loop. Nes volstruise wat pou-pou speel, heeldag ballet gedoen!

Of natuurlik die platform shoes. Afskuwelik!

Mense was skoon versteurd, want toe boonop kom nog die hairdo’s, die geteasde beehives, bobtails en pageboys. Hoog-geteasde hare, dit staan complete nes beehives. Die waves en perms was out of fashion en history nou op Graaffernet se streets. Latertyd was Purdey se haircut net so popular.

Én Mary Quant en die minirokke boven alles, kort skirts ampers tot by die waistline.

Mense het net oopmond gestaat en kyk, of onderdeur loer.

Ouma het gesê die vrouens is laf en hou hul common. Sy’t nog goodies in haar hare gesit vir waves en kiss curls oppie voorkop gespin.

Mammie was ok so lief vir fashion, veral met die wye rokke en high heels, geteasde hare en all, maar, dankie tog, nie die mini’s nie. Haar swakte was al die plastiek jewellery. Necklaces, hang earings, yslike bangles. Baubles en beads wat vir my nes die Kaapse Klopse gelyk en geklink het. Pure lawwigheid.

Sy’t as a sideline jewellery verkoop vir Albert Marock vannie Baai. But sy’t klomp ander sidelines ok gehad: Watkins products vir Mr Palmer-Jones verkoop (van menthol campher tot by blikkies spices), Franklin Research gedoen, oorgetrekte coathangers gebrei en Mrs Baartman van Ceres se matinée jackets vir babies verkoop, baby blue, salmon pink en lemon yellows. En sy en Ouma het booties vir die babies ok gebrei. As Ouma se tuin so baie blomme gedra het, zinnias, glads en godetias, dan het sy by Rosemine Florist nog dit gaan staan en verkoop by Mrs Redelinghuys. Alles in haar spare time hoor. Sy was vir sure g’n skaam vir werk nie. My liewe moedertjie.

Elke pennie het gehelp. En ouma se cut was Westminster 85-geld!

Boonop het sy also haar eie groentetuin gemaak wat sy versorg het. Groenboontjies, erte, pampoen en kool. Gelukkig was ons leibeurt over weekends, dan kon ons daam help sluise ruil en water afkeer. Maar sy was ’n single parent vir twee kinders and she knew all about it. Ons het geweet al die nuwe modes gaan ons nie kan volg nie (not that we wanted to anyway). Kos en skoolgeld het eerste gekom ná die Municipality se account.

Van die bodorp, onderdorp, Cypress Grove, Spandauville, Kroonvale, Adendorp of die agterstrate én die spoorwegkamp sal ek nie eers vertel nie, want dan bop mens onnodiglik op ander se liddorings.

Ons het toe darem nog ’n kragstasie en spoorwegstasie gehad. And a municipality wat kon operate oppie dorp. Sonder Eskom. G’n loadshedding nie!

Daai tyd was alle nuwegeidgroeipyne in Graaffernet se jonkworddae, die modern times.

Die outyd was besig om memories te word.

Those were the days! “What a wonderful world …”

  • 9

Kommentaar

  • Gode, jy laat my nou vrééslik verlang, veral na jou ma. Vir my was haar "signature" wysie "Put your arms around me". Sy het dit ongelooflik op die klavier gespeel en waar Elsabé gegaan het, het sy vreugde gesaai. Niemand sou kon raai hóé swaar haar lewe en bestaan was nie. Sy was gek oor wye rompe met breë gordels en ons het gekompeteer wie kan die hoogste hakke baasraak. Dankie, liewe Elise, vir hierdie deel.

  • Estelle Buitendag

    Elise, jy gaan haal uit die verlede en beskryf dit so genotvol dat die leser nie kan ophou lees nie! Lees jy te vinnig, is dit te gou verby. Lees jy te stadig, dan klop jou hart van opgewondenheid om die volgende sin te lees en jouself te verloor in die skrywe.

  • Dr RM Odendaal

    Wat 'n wonderlike tegniese uitbeelding van die geskiedenis van meubels, toebehore, haarstyle en mense. Dis 'n pragstuk wat alles saamvat, so goed beskryf, en vol ou antiques wat net deur die geskiedenis herroep kan word. Dankie weereens, Elise!

  • Agga nee Elise my byna vrek gelag vir jou lekker gesels veral die gordyne-stories en die high polfaais!! Ons het almal daai beehive-hare gehad en toe later die Purdis, baie dankie!! ❤️

  • Riaan van Zyl

    Elise Bishop neem mens terug na die tyd toe ek met kinderverwondering sintuiglik kennis geneem het van elke kleur, geur en wyse van doen en dink. Ek hoop om nog baie van haar essays op LitNet te lees!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top