Elders gesien: Koöperasie en springbokke

  • 3

Foto: Héctor J. Rivas | Unsplash

Een van Elise Bishop se stukke wat lank terug op die Graaff-Reinet History Group verskyn het, nou bygewerk:

Aangesien we are all reminiscing about the GKW en al sy anties, omies en skyrockets, low-flying gravity and suction bullets en balls vir kleingeld en dockets en sulke dinge ...

There are two things: Die eerste ene! G’n niemand onthou dan eers the most important figure vannie winkel destyds nie, Mr Bresler, The Manager, Danie Bresler. And his beautiful wife. Hulle het in die GKW-Huis gebly in Noordstraat, net so after behind die despatches en deliveries yard. Hy was always gesuite en getie and his small rows of tight, wavy hair always combed to the side van die paadjie met hulp van la Pebra ointment, wat hy seker maar loop kry het van Mr Schroeder, the barber, net oorkant die winkel annerkant Caledon Street.

Later years het Mr Truter gekom. But nogal quite later. That was long after Mr Bresler se mooi dogter Anneke, sy was beauty queen by Stellenbosch se university, getrou het met die famous rugby Springbokspeler, Abie Malan. En was dit vir jou ’n wedding gewees! Smart jong, uithang, als mooiste en bestest! Die strate was vól inquisitive sightseers.

En so by the way: daar’s ’n difference tussen Ko-öp en Korp – dit was die Graaff-Reinet Ko-öporasiewinkel nie Korporasie nie! Dis meer Agricultural se ding ’n  Co-öp. Is ek nou sou te sê ’n vismot tussen die mothballs? Of is dit twak?

Nou ja, en dan, die tweede ding is: Mrs Weitz... She was in die grocery department en Ouma het my altyd na haar toe gestuur met die monthly orderboekie.

Sy’t later van tyd mos, after the alterations aan die gebou were done en hy sy tweede verdieping gekry het, in charge gewees van die tearoom en soda fountain. So op ’n verhoog. Mens kon van daar af most departments sien en tot in die straat. Mens kon floats, parfait’s en milkshakes kry daar. Anyhow, haar counter was daar by Mrs van Schalkwyk se very beautiful paintings, so in twee alcoves met rooi seats. Outsize grootes mind you. Alles ligtehoutstoele en -tafels. Ampers soos geelhout gelyk, but it wasn’t. Maar dis baie groot oil paintings gewees hoor; een van Spandauskop en the other one van Tandjiesberg met baie aalwyne so weerskante. Sy was ou Dr Van se vrou gewees. Estelle.

Anyhow, daai einste Mrs Weitz, sy kon altyd so lekker chuckle saam met Mrs Rathbone, mens wou sommer saam chuckle, eventhough jy niks geweet het van waaroor hulle giggle nie. Nou kyk, sy, daai Mrs Weitz, she could bake die most wonderful lemoenkoeke wat mens kon kry. Self! Groot! Wyd en hooggerys met lemoensmaak-icing tussen twee lae koek en bo-op and around the sides. And she wiggled sulke klein slangetjies met die tanne van ’n vurk deur die icing oralster en het fyn gerasperde lemoenskil oorgegooi vir decoration – jy sal jou lippe afgelêk het van lus. I’m telling you ... Dit was nou bietjies duur gewees, 7/6d daai se tyd, maar ek en Lollie kon pick en choose tussen lemoenkoek of chocolate koek. Ek het altyd lemoenkoek gechoose! Maar net once a year, mos, as ons geverjaar het. Dan het Mrs Weitz gemaak. Én ons kan Wall’s Ice Cream by Mrs Gouws van die dairy ook kry en elkeen ’n dumpy yskoue fullcream milk.

Nou kyk, met al daai alterations vannie winkel, het dit mos eintlik dit ’n department store gemaak met allie afdelings. Maar actually as jy daaraan sit en dink, was dit ampers mos ’n “voortydse antique-type mall”. Als so together. Al die departments so langers mekaar en jy kan van een deur die ander loop: hardware, guns, mens clothing, sweets, tearoom, groceries, haberdashery, toys, school uniforms and ladies outfitting room, so almal een in die ander in. Ek was nou nie so accurately oplettend gewees nie, so ek dink it was just by die Corner Tea Rooms wat jy cigarettes kon gaan koop het en nie by die GKW nie. Ok niks vars goed soos vrugte, vleis en any vegetables nie. Dit was by die mark en groentewinkels, of slaghuise.

Maar so van GKW gepraat en al die winkels wat daarna gekom het, one wonders why GKW in die eerste instance nie meer bestaan nie? Was dit oor Mr Bresler en Mr Truter al koebaai gesê het? Was it the commercial growth in town in die algemeen, nuwe investors, change of fashions, die introduction van TV en computers en marketing strategies, politiek? Maar mense moes nog steeds spykers en skroewe koop, materials, groceries, koppies en pierings, klere. Who knows? Who can tell?

Of was dit oor die outing Baai toe oor die pad nou geupgrade was? Paardepoort was mos nou reguit pad. Nie meer die gevaarlike, krom draai nie. Lekkerder nou om daár innie Baai te gaan shop by Stuttafords, Garlicks en Kolnicks; of die OK Bazaars?

Elkegeval, behalwe in ’n sterfgeval, very few of you will know wat vóór GKW op die hoek van Bourke and Caledon Streets was nie. Rêrig regtig egtig. You will never guess!

Ja, can you believe it, vier broers nogals van Duitse voorsate en hulle se parents het in Graaffernet kom bly. En Germans was mos maar bietjies unknown in Graaffernet. Mens onthou net die gedoente oppie Douglas Parkes se plaas, Klipfontein, toe die German voorman agterna hy geverdwyn het, uitgevind was ’n spy te gewees het. A war-time spy ja.

Maar nou anyway, yes, die pa, old Mr Arthur Osche, het die “Osche General Dealers” oopgemaak saam met sy broer, exactly waar die GKW agterna gebou was. Dis nou lank gelede. Einde 19th Century. But jy gaan nog méér wil weet. Einste Mr Osche het ook krieket gespeel vir SA ! Daarsô naby die 1900’s. En sy seun, also called Arthur, was ’n carpenter en het gehelp met die bou van die Nuwekerk op die ander hoek van Bourkestraat. Dis daai tyd toe die politiek ons poeding so deurmekaar kom krap het.  Onthou julle? En hy, dié einste Arthur, het actually vir SA Springbok-krieket gespeel. Van Graaffernet af! En wait for it, sy nefie, Chum, seun van Arthur (Sr) se broer Chum (Sr), het vir SA Springbok-rugby gespeel, op vinnige vleuel nogals. En oú Chum Osche was in my se dae laterhand opsigter van die Nuwekerk, op Graaffernet!

En nou kan die generasies ok verder so deur history getrace word, want Arthur (Jr) se dogter Hester het met ’n Sullivan getrou and her children was saam met my op skool gewees. And now het die vyfde generation kinders begin skoolgaan by Union High. Quite ’n ding, nè?

But nog a thing van Springbokke onthou ek nou (not biltong man!), daar’s nóg ’n rugby player wat hom ’n mooi nooi kom pluk het in Graaffernet se plaastuine, dink ek mos nou. So by so, dis nou net wat ek van weet nè? There’s probably others ok, but dis nou net van my time gewees.

En dié uncle, hy was John Gainsford, die Springbokrugbyspeler. Hy het Mr Alex Murray se mooi dogter Shona kom haal sommer laat fifties of vroeg innie sixties, en dis toé ék die groot exception toegelaat was, om saam met Oupa te gaan na die reception op Bloemhof, dié Murray’s se family farm.

Mensdom,  what an experience thát was vir hierdié ou klein breintjie van my! Ek was heeltyd met stokstyf oë verbaas en het my verkyk aan alles en all the people, die lag en lawaai.

Maar Mrs Murray was baie nice met my en het my ’n bordjie soetgoed gegee én ’n servet. Sy kon sien ek’s te skaam om self te vat.

Ek was mos maar klein, mos.

Dit was só very nice!

Lees ook:

Elise Bishop verduidelik Graaffrikaans

Scindapsus en sunfilters

Oupa en Ouma se kombuis

Middelstraat in die “Gem of the Karoo”

  • 3

Kommentaar

  • Rory Sullivan

    Baie mooi, Elise. Onthou die dae nog so goed en so lekker om van die verlede the lees. Ek sien nog die prentjies net soos jy dit beskryf. Maak my so terug verlang na die "good old days".

  • Santie Dold-Chapman

    Jy laat my altyd uitsien om nog meer van die Graaff-Reinet-geskiedenis te hoor, Elize. Ek het nie daar grootgeword nie, maar al die 'Karoobossies' van die ongewing is iewers verbind aan mekaar ... Colesberg, Richmond, Middelburg, Noupoort en Murraysburg is maar net 'n paar wat ek so vinnig aan kan dink!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top