
Een van Elise Bishop se stukke wat lank terug op Facebook verskyn het (Graaff-Reinet History Group):
As jy van die brug se kant af kom, turn jy right by Taffie van der Merwe se butchery en het aangehou verby Manie Strydom se huis op links and die Congregational Kerk (dińk ek – but not sure van die regte geloof) tot by Murraystraat. On the left corner was die Germishuizens se besigheidswinkel en die doodskiste ommie draai. Marthinus en Jannie.
Oorkant die straat was Huis Werda nog, ’n hostel vannie College. Ou Donald Foster was koshuisvader en “caretaker” daar vir die ondeunde manstudente… Hulle kon dam party hou in daai common room van hulle! Raas! Uit ’n boks uit!
Maar ewentewil, as jy na regs gedraai het, het mens Mr Hector se plaaswinkel so ’n entjie verderaan gekry. On the righthand. Ant Suzan van die wasgoed was annerkant.
Daar by Mr Hector was altyd fresh vegetables galore te kies en te keur. Groceries ôk, but mostly vegetables. Sommer quick stix was jou basket vol gelaai. Daai tyd was appels en tamaties nog in hout plank-kassies verkoop solaat dit niks kneus nie.
Daar was gewoonlik oorskot groente van privaat tuine innie dorp, want ou Fred Basson vannie market het meesal big deliveries van die boere gekry om te verkoop. Vannie dorpsmense ôk, maar meesal van boere. Banana House het ôk gekry, maar dis in daai tyd wat die nuwe Citrus Board ’n fixed price vir lemoene gemaak het. Mense wou nie meer privately verkoop nie. Als moes Sunlands toe. Oom Andrew was só kwaad virrie Board hy’t nie eers Banana House meer supply nie en al sy boorde tot niet uitgekap. Hy’t gesê mens maak g’n dooie duit nie. G’n nikse profyt…
Maar anyhow, mens kon altyd alles kry by Mr Hector op small scale – van radyse tot outsize boerpampoene… Ons het hom ôk supply van die yslike tuin van “Ordonantie Huis” in Pastoriestraat waar ons gebly het. Daar was g’n voortuin nie, maar ’n baie groot agtertuin. Ou Vaaltijn en Fransie het gehelp akkers omspit en kap met die pik en het van oom Andrew se vars beesmis inwerk. Enige uintjies en suring moes uit. As die akkers vars gehark was, met hard gestampte paadjies om te skei, they sow the seeds. Jong, sommer alles: van slaaiblare, stringbeans, ertjies, aartappelmoere, rooi patats, tomatoes en wortels. En pampoene! Hubbard squash, gemsquash, boerpampoene – ag alles galore. En boonop moes hul die vrugtebome almal met gif spuit vir insekte en muisvoëls… maar dié kon ons met ’n kêttie skiet ôk. Met appelkoospitte…
Anyhow, terug by Middelstraat… ons is reeds past Manie Strydom se huis. Maar ietsie nog... Hy’t die nagwa gehad destyds. I wonder, maar daar is surely darem in vandag se tyd nie nog so iets meer op Graaffernet nie? Or am I wrong? Hy moes meesal láát saans met sy pype die longdrops laat leegpomp. Mens het dit most times geweet voor jy even die engines gehoor het… Mens het mos ’n neus gehad. Hy’t onse by Ordonantie Huis ôk kom doen.
Ewentewil verby Germishuizens nou óor Murraystraat on the way to the dip through the river. Sundays River. Op pad syntoe moes mens past die tronk ry.
Die tronk het ’n groot erf gehad, omhein. Met ogiesdraad. But die platdak-building wasn’t so very big. Weerskante vannie voorste entrance was klein venstertjies hoog teen die dak met iron bars. Misdadigers was daar opgesluit; Mammie het gesê die baie stoutes even vir baie járe… Die ander wat ook stout was, maar nie so baie stout was nie, het korter agter die tralies gebly. Mens was maar bietjie bang vir dié witgekalkte platdak-affêringte wat ’n tronk was.
Partmaals het mens gesien van dié short term “hard labour”, of bandiete soos mens vir hulle gesê het, gardening doen in die tuin. Daai wat nie vir baie erge dade tronk toe was nie, het, ôk onder supervision van ’n sipier, in gelid, double file, geloop na die government se buildings om skoon te vee, vensters te was en die rooi stoepe blink te polish. Die poskantoor, magistrate’s court en die polieste se charge office is als gedoen. Ek het nooit gesien of hulle die houtvloere Sunbeam polish smeer nie. Partmaals latrines ôk skoongemaak, maar dis te difficult gewees vir die sipier om dop te hou heeltyd dat hul nie weghardloop nie, so dit was later van tyd gestop. Ek weet nou nie wie het toe dit skoongemaak het nie.
Hulle was almal in short kakie kadoesbroeke en hemde, tronk-issue skoene en ’n kakie slaprand hoed gedress. Die mense met groot agtertuine het partymaals sulke bandiete by die tronk gehuur ôk om in hul groot groentetuine te werk. Maar ek wetie wat gecharge was nie. Hulle moes net altyd lunchtyd samp kry met gravy in ’n enamelbord en ’n enamelbeker swart koffie. Nooit porselein borde nie, want hul kon dit stukkend slaat en mens se keel afsny met die skêrwe. Oe, ek was bang vir daai bandiete. You walked wide circles around them…
Doerie tyd was Graaffernet ôk nog vol stofstrate en die municipality se waterkar moes die strate natspuit om die stof minder te maak. Dan het die onkruid so partymaals opslag gegroei teen die kante van die pad. Ek het altyd vir Ouma sydissels gepluk vir Twinky die canary.
As mens by die tronk verby was, het mens anderkant die drif van die Sundays River die showgrounds gekry, op regs, voor jy oor die treinspoor is op pad begraafplase en Kroonvale toe.
Daai einste showgrounds het mens once ’n year besig gehou. Stoetdiere was uitgestal, vendusie gehou, Gem Implements se plaasgereedskap en John Deere tractors (net soms Massey Ferguson) was uitgestal, alle soorte gebak het gekompeteer, paintings, flower arrangements, oe ai, en nog perde ôk, ál om die sirkel omring deur pawiljoene – gallop, trippel, canter en snaakse woorde nog. En mens kon spookasem koop! Wendy Nel en die Wolfaardts het meestal die perdekompetisies gewen. Én daar was gymkhana ôk. Maar dit het my bang gemaak want perde moes baie vinnig hôl en die riders met lang spiese moes goed raak steek oppie grond. Ek was altyd bang die pêre stop nie gou genog nie en hardloop in ons in. Hulle het mos ysters aan hul hoewe gehad! Dit kan mens mos lelik seermaak.
Maar eerste, links, duskant van die showgrounds, was die go-karts track. Daar was reisies gejaag met sulke plat, oop karretjies wat met petrol ry en s-bends en haarnaald-bends kon vat. Op ’n stofpad. Kent Dyson wassie seunskind van Jimmy en Joan Dyson van die garage oppad Baai toe. Hy’t meeste van die tyd die reisies gewen, want hy was ’n champion gewees. Innie Baai en anner plekke ôk. Hy’t even Springbok colours gekry in 1977!
En mens kon dan aanhou tot jy by die spooroorgang kom oppad begraafplaas toe.
En so het Graaffernet dan ál met die jare saam gegroei en gegroei met sy eie mense wat hy saamgevat het, tot laat dit latertyd genoem was ons eie “Gem of the Karoo”. Karoobossies en doringbome en al, of te not! We were on the map – and in the hearts of so very many.


Kommentaar
Kostelik! Voorwaar 'n gem! Lekker gelees!
Onthou daardie jare, die resep was presies oral dieselfde in die plattelandse dorpe. Net die besigheid- en mensname het verskil. Mense het nie so baie gekla soos, meer net die lewe 'bespreek' en planne gemaak, of is ek verkeerd? Jy laat my dink en onthou, Elize!
Baie lekker gelees.