Oupa en Ouma se kombuis

  • 10

Foto: TerriC | Pixabay

...
The tablecloth moes altyd spierwit damask wees en stokstyf gestywe.
...

As mens uit die dwarsgang inside kombuis toe gaan, it was a merry mixture van allerhande geure en reuke. Sunbeam vloer wax, cinnamon, curry, boerseep, bietjie Brasso somewhere, brood wat afkoel langs die swart stoof – ag man everything. Everything sê ek jou – surplusliefde, warm omgee, werk, lus van hongerte, lewe, tevredenheid en my dierbare ouma se laventel (en ai’ Driena, oukei, moenie vergeet nie – groot agterwêreld maar ’n  smile wat oor tot oor rek). Sunlight-seep van daai grand overall en apron. Ek sê jou, ’n propperste merry mixture! Alles smells en gevoelens.

Nes ek al vantevore gemention het, Ouma het haar min gesteur aan any ander se gedoentes en aanwendsels; sy’t mos haar eie besluite gemaak in haar huis. And this is just wat haar my eie se ouma gemaák het! Ouma en haar se baie geite.

So het sy sommers ewe suddenly opgehou beskuit bak ‘cause Outspan aniseed rusks kon dan by die GKW Koöperasie  gekoop word! Sy’t dit geproe by ant Ada toe hul gaan canasta speel het en sy’t gesê it tastes nes hare, so hoekom so baie harde werk doen om self te maak? En wat van die krag om dit nog overnight uit te droë? But ek ruik en verlang vir haar eie mosbolletjies en karringmelkbeskuit – altyd as ek iets in die kitchen moet gaan doen vir Ouma. Dis g’n eners met Outspan. Not nearby!

Oupa het uit die Bos uit gekom so duskant Knysna. He was gebore op die Barnardeiland inside innie Bos. Hy was mos ’n Barnard. Dit was maar just ’n oop stuk aarde en nêrens g’n water nie. But dit was called ’n eiland. Dis soos Oupa gesê het. I never saw it, tot vandag toe.

Hy’t ons vertel daar was all sorts of trees in daai bos. Maar ek het maar min geweet van bome. So ek’t maar skraps geluister. Hierso op Graaffernet was mos net die prunus innie hoek van Ouma se rose garden, die Pride of India en poinsettias. En die hibiscus voor die huis. In die agterjaart die appelkoos en die peach tree en die adamsvyeboom. En ’n pampelmoes. Mrs Du Toit het ’n lukwartboom ok gehad. Sy’t vir my en Lollie gegee van dit, as dit gedra het. En daar was oak en jacarandas also in the streets. En daai lang maer begrafnisbome.

But by die island innie bos het Oupa gesê was anderste bome. Yslike groot bome waarvan furniture gemaak word. En met sulke snaakse name too. Rekent nou net vir jou: stinkwood, yellowwood, harde peer (dit was glo only vir spitgrawe se handles en vurke met vyf tanne als because dit was so sterk). Vlier, of so iets, bluegum en bietjie oak ok. But Oupa sê nog even meer name, but I can’t remember all the names. Alles vreemde goed. And Oupa said daar was olifante also met regte lang slurpe! But hulle het baie kere hide and seek gespeel so jy’t dit min gesien.

But, nes ek sê, innie strate hier by Graaffernet was mostly maar just oak trees, cypress, bluegums en so here en there ’n jacaranda wat ek almal van geken het.

Oupa en Ouma se furniture was alles van hout. Vannie sitkamer af right through tot innie kombuis. En die hele huis always smelled thereof. Van die Morris-stoele tot die glaskas. I’m telling you. Sluit jy die front door oop en kom mens in, you simply could just smell it.

Ouma het ’n baie lang, wye kitchen table gehad, right innie middel onder die kombuislig wat met ’n outydse katrol gewerk het. Up and down, hoër of laer. Oor daai tafel het sy nou ’n presiesgeid gehad hoor, crickeys! Sy’t ’n laaa-aang, very sticky, bruin affêringte aan die shade gehaak wat lank af hang, dan sit die vlieë vas daaraan en sit nie oppie kos of sirkel om jou kop nie. Die lang tafel het ’n yellowwood table top gehad en maer stinkwood beentjies. So het Oupa gesê. Die blad het vir my maar bietjie wit gelyk, maar was maar van die skrop seker so gewees. En oor die hele table top was ’n oliekleedjie gedrape, so met ’n wit background met ’n klein rooi, blou en geel cups and saucers pattern, all colours, en oppie corners van die table vasgedruk met drawing pins. Dit het nou die hout geprotect sê Ouma. Ai’ Driena het haar hande vol gehad met Ouma en die gepolish van daai tafel. Niks polish moet kom onder die oliekleedjie nie, because dit laat die knie-emmer rondgly as sy brood bak. Dis sulke dae die enigste tyd wat in die swart Dover vuur gemaak was – as sy gaan brood bak. Dit was usually die langbeen General Electric stove vir die res.

Vorige aand het sy die suurdeeg ingesuur en die knie-emmer vasgeskroef aan die toppenent vannie table. Sulke yslike groot uitgeryste brode wat sy always gebak het in die duwwelte broodpanne wat Oupa gemaak het when he cut dwarsdeur a paraffin blik, but in die lengte – top to toe. Dan’t hy die rande baie glad plat geknyp met ’n ystertang. Ouma kon so nie vir haar raaksny nie.

Daai dae moes die ysters maar oppie primus warm gemaak word as ai’ Driena iets moes iron. To the left van die primus was die koperwatertenk teen die muur, which wasn’t used, want hy’t té baie Brasso gevat om te laat shine aanmekaar. Die blakers met die kerse het op hom gestaan, elkeen met sy eie boksie matchies. And in between die watertenk en die primus was ’n ysteremmer wat so afgeskuur en glad gepolish was, you’d never believe it was in vroeër jare ’n paint emmer. Dit was altyd vol tenkwater en toegemaak onder ’n uitgewaste Sasko-meelsakkie. Net hierdie water was vir die electric kettle, want die tap se brakwater het die kettle vol kalk aangepak. Jy moes hier uit die pail of water kom skep as die ketel nie water gehad het nie. All around the kitchen was kaste met gauze deure van voor, one could see waar alles is, but g’n vlieg kon naby kom nie. Al die breekgoed en pots and pans. Die rakke binne-in het elkers so ’n hand-crotched valletjie van voor gehad. Net so wit soos die tablecloth. And serviettes.

Mense het nog aangesit by die tafel vir breakfast, dinner en vir sopper doerie jare. Dit was so damn nice, all of us so happy together. Oupa moes mens net nie die times tables gevra het as mens eet nie! Dan was ek sommers op my nerves.

The tablecloth moes altyd spierwit damask wees en stokstyf gestywe. Also al die serviettes. Ek’t mos gesê my se Ouma het geite. Én dan moes hy gedek wees. Dit was lang eetmesse en korter broodmessies, elkeen met wit handles van ivory. Oupa het selwers die messegoed by die slypsteen between die tank en die somershuisie geslyp. Ek het sometimes die wiel gedraai dan gooi Oupa bietjie water oppie blade en druk dit dan plat oppie steen wat draai. First hierdie kant van die mes dan that side. Dan weer anderste kant toe. Dan voel hy softly oppie blade of dit al skerp genog is. Dan nog bietjie se geslyp.

Nou ja, dan kom eerste die placemats by each en every stoel, and an extra setting also, maar net een, for a unknown visitor just in case. Who knows, dalk is oom Andrew miskien oppie dorp om rantsoen te kry. Ewentewel, dan die placemats in the centre virrie opskepskottels. Langers mekaar in die middel. Almal sulke dun, oval houtplankies van donker hout, maar ook al wit geskrop en word nie gepolish nie. Eerste begin dit voor Ouma se plek – the very big one vir die vleisskottel. Then, die rys of samp en ’n geel groente and ’n groen groente. Sometimes rooi ok, as daar beetroot was. En every seat het sy eie bordegoed gehad. Grootbord, sideplate en ’n spierwit opgerolde serviette in sy eie houtservetring lê daarop. Ouma was só heilig oor daai servetringe because it came from Oupa se Bos. Dit was stinkwood en het glo eers gebly by Oupa se eie ma many moons ago. Oppie Barnardeiland. Ek het haar never geken nie. She was too old. My grootjie.

Aan die koppenent vannie table was die teapot stand met sy opgestopte tea cosy wat Ouma self gemaak het op die stikmasjien innie spaarkamer. Dan was dit die ry van vyf onderstebo koppies en pierings, elkeen met sy eie teaspoon voor dit. Alles cream, net soos die crockery. Ouma sit eerste van die tea cosy se kant af otherside vannie table. En dan Oupa langersaan. All the chairs het Ouma altoos gesê is bentwood en ander tolletjiesstoele. Die seats het almal klein gaatjies gehad. Ek weet nie vir wat nie? Ek kon ook nie bentwood verstaan nie, want as jy bend dan buk jy mos?

This side vannie tafel was eers weer ek, dan Mammie op regterkant en dan Lollie. Sy’t by die fruit bowl en allie bottels blatjang, tomato sauce, mayonnaise, mosterd, botterpot, jam pot en salt amd pepper cellars gesit. Die botterpot het ’n bottermessie en die jam ’n jam lepel. Ouma het ok vatlappies en ’n copper table bell gehad by haar plek. En alles, the whole table, was altyd toegegooi met ’n wit gauze tafelnet. Graaffernet het maar gesukkel met vlieë, especially somerstyd. En dit was iets wat Ouma nie kon verdra nie. Maar dit kon nie otherwise nie, mens moes die bodeur oophou vir ’n little draught as mens aansit. Veral dinnertyd, middel van die dag. Net ingehaak, though. But daar was darem ’n piering asyn by die Dover en oppie vensterbank. Langers die electric stove ok by die vleisblok. En agter haar, langs die kas, hang haar fly swatter. En die lang en taai bruin ding bokant die tafel.

Nou kyk, Ouma was sommers baie ingesteld. As Dulcie van der Bergh se Hospitaaltyd en dan behind dit Die droom van Hermien le Roux verby was oppie wireless en die signal sê stadig eweredig “twiet-twiet-twiet-twiet ...” was sy reg to dish up met die groot silwer tablespoons even nog voor die man kan sê: “Hier volg die nuus gelees deur Daniel Chris-Steyn.”*

Ai’ Driena moet nog skottelgoed en die teegoeddoeke kom was voor sy kan huis se kant toe staan!

As Ouma se tafelklokkie dus gelui het, moes jou neus klaar geblaas wees, jou hande gewas wees en jy moes jou plek ingeneem het langers die tafel oppie tolletjiesstoele. Jy moes nie nog bodder om te krap waar dit jeuk nie – Ouma het geroep. Die reuk van die kos het mens sommer lus gemaak, so niemand het gedraai nie.

Oupa het eers keel skoongemaak as hy sê: “Kom ons vat gou hande ...” en gecheck almal se koppe was gebuig en eyes were closed before hy gebid het.

Ons vra U zegen Vader wat wy eten
Mag ons niet u naam vergeten
Ons vra dit niet oor ons verdiend
Maar soos U dit aan ons gun
En zegen ook die hande wat
Dit voorberei het
Aldus so om U naam’s ontwil
Amen.

Ouma en Mammie het weerskante elkeen my hand in hul hande sag gedruk as almal saam “amen” sê voor ons oë oopmaak en Ouma opskep vir almal. No excuses, almal moet eet van alles. En niks oor los nie. Dis kos mors.

En wanneer sy gaan sit: “Nou toe julle, eet sommers, die kos word so gou koud ...” Ouma het dit altyd aangekondig.

In die agterste verte het die news nog voort gesels van die SAUK. Aan die tafel was almal stil.

Dis etenstyd! In my ouma se k’buis!

 

* Redaksionele nota: Die omroeper Daniel Kirstein het soms onder die skuilnaam Chris Steyn kreatiewe tekste gelewer, juis omdat soveel mense sy naam foneties geskryf het – soos Elise dit as kind onthou.

  • 10

Kommentaar

  • Anziske Kayster

    Elise, elke dingetjie, van die duwwele broopanne tot by die Sasko-meelsakkie en knie-emmer, selfs die reuk, is vandag nog tussen die mure van die museums van Graaff-Reinet vasgevang. Jy sê dit soveel beter in woorde!

  • Elise, ek het jou skrywe so geniet!
    Onthou alles so goed! Van die soppers (in die aand) en dinnertyd (in die middel van die dag). Baie dankie! Ook die reuke en geure, soos jy vertel! Uit jou pen vloei "die onthou"!

  • Dr René M Odendaal

    Wat 'n inspirerende stukkie werk, Elise. Ek is sommer nou honger gelees! Jy skryf so bindend en interrssant van alles. Ek sien weekliks uit na jou nuutste skrywe en as daar nie is nie, sien ek gretig uit na die nuutste episode!

  • Santie Dold-Chapman

    Ek onthou alles, net soos jy daar sê. My pa was baie gesteld op die twee messe - nou nog 'n maatstaf van n ôrdentlik gedekte tafel.
    Ons het veral Sondae of met kuiergaste die 'regte ding' gedoen ... tot ons op Sondae begin braai het ... Ek wonder wie doen nog elke dag die 'regte ding', Elize?????

  • Ansie Malherbe

    Dit kon nou net sowel my ouma se kombuis/huis gewees het!, Baie dankie, dit maak my skoon weemoedig oor jare lank gelede.

  • Jeanne Fouche

    What a wonderful story you remembered so well from your childhood days. The kitchen was always so warm, with the lovely smell of food, and freshly baked breads. Brentwood chairs are very scarce today. Your writing talent is absolutely awesome. Well done.

  • Nou vol heimwee vir toeka se dae wat jy met soveel geur inkleur. Baie dankie dat jy jou onthou so spesiaal met ons deel.

  • Margi Haarhoff

    Elise, you awakening so many memories of my childhood in Graafernet! I was actually in your Oupa and Ouma's house once, many, many moons ago. Happy, carefree days. And the Graafrikaans!! I can hear it clearly...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top