| Dana Snyman | |
|---|---|
|
My gunsteling van David is ... |
|
| ... die song “Chrisjan Swart”. Dis meer as net ’n song – dis ’n klein, Carver-agtige kortverhaal. Dit kom van die plaat Bakgat af. Ek onthou die presiese oomblik in 1981 – of was dit in '82? – toe ek dit die eerste keer gehoor het. Ek was op Skeerpoort naby die Hartbeespoortdam, en dit was ’n baie warm dag. | |
|
My boodskap aan David is ... |
|
|
|
Ek glo nie daar is enige Suid-Afrikaanse kunstenaar, skrywers ingesluit, wat so ’n "stem" aan die eenkantmense van die land gee as David Kramer nie. Vir my is hy die John Steinbeck van Suid-Afrikaanse musiek.
|
![]() |




