Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Versfeld, Degenaar en die herwinning van die Logos in die eietydse Afrikaanse teologie en filosofie

“Kortom, hier word aangevoer dat die krisis waarin die Protestantse kultuur vandag in die Weste maar ook toenemend onder Afrikaners verkeer, ons ook in die eietydse Afrikaanse filosofie en teologie noop om te soek na bronne en middele waaruit ons kultuur kan put om die toekoms tegemoet te gaan en ontbinding te systap.”