Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk

  • 1

Die goorste week ooit!-reeks deur Eva Amores en Matt Cosgrove is vertaal deur Kobus Geldenhuys (Human & Rousseau).


Liam Lang is nege jaar oud. Hierdie lesersindruk is uit eie beweging aan LitNet gestuur.

*** 

KODE BRUIN!

Die goorste week ooit-reeks is baie oulike boeke! Dit gaan oor ’n seun met die naam

JUSTIN CASE

(nie die beroemde superster nie).

Daar is reeds vier boeke in Afrikaans vertaal. Die res is nog in Engels:

Die goorste week ooit: Maandag

Die goorste week ooit: Dinsdag

Die goorste week ooit: Woensdag

Die goorste week ooit: Donderdag.

Ek het van Maandag tot Donderdag gelees. Die snaaksste ding in Die goorste week ooit:

MAANDAG

is waar Justin met sy gehekelde swembroek aan die bokant van ’n duikplank hang – en sy broek stadig begin uitrafel!

Justin het skaars Maandag oorleef en toe is dit

DINSDAG,

en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer!

WOENSDAG

was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!

En

DONDERDAG

was vol nóg drama! Maar ek wil nie nou alles vertel nie; jy moet self die reeks lees!

Voor in die boeke sê dit Kobus Geldenhuys het die boeke in Afrikaans vertaal. Ek dink hy het 

SUPERGOEIE

werk gedoen en hoop hy word daarvoor betaal!

Elke boek beslaan so 180 bladsye. Dis nie te lank of te kort nie. Die skrif is net reg; dit lees lekker. Daar is swart-en-wit illustrasies wat baie snaaks is! So ek het baie van die reeks gehou! Die stories is

SKREEUSNAAKS!

Arme Justin!! (Ek is bly ek is nie hy nie!)

Ek dink die reeks is vir kinders wat in graad 3 is en ouer om self te lees. Maar as jy jonger is en nog nie heeltemal self so goed kan lees nie, kan jou ma of pa dit dalk vir jou lees. Hulle sal ook lekker lag vir die stories en prentjies! (Hoop ek.)

Ek gee die reeks 5 sterre.

Oukei, ek gaan nou ’n volgende boek vind om te lees! Ek sal weer op ’n ander dag vir julle skryf. Baai vir eers!

* * *


Meer inligting oor die boeke in hierdie reeks:

Titel: Die goorste week ooit (Maandag)
Skrywers: Matt Cosgrove, Eva Amores (Kobus Geldenhuys, vertaler)
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798183918

Titel: Die goorste week ooit (Dinsdag)
Skrywers: Matt Cosgrove, Eva Amores (Kobus Geldenhuys, vertaler)
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184021

Titel: Die goorste week ooit (Woensdag)
Skrywers: Matt Cosgrove, Eva Amores (Kobus Geldenhuys, vertaler)
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184298

Titel: Die goorste week ooit (Donderdag)
Skrywers: Matt Cosgrove, Eva Amores (Kobus Geldenhuys, vertaler)
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184304

Lees ook:

Bokdrolletjies en boeke: 'n Jong leser se indruk van Springboekie deur Fanie Viljoen

Die goorste week ooit (Woensdag) deur Eva Amores en Matt Cosgrove: ’n onderhoud met Kobus Geldenhuys

Reënboogrant Maats deur Maritha Snyman: ’n jonglesersindruk

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top