Bokdrolletjies en boeke: 'n Jong leser se indruk van Springboekie deur Fanie Viljoen

  • 6

Liam Lang is agt jaar oud. Hierdie lesersindruk is uit eie beweging aan LitNet gestuur.

*** 

Springboekie gaan oor vier maatjies wat elke dag gespeel het, maar net een het van lees gehou. Die ander het gedink lees is erg en vervelig.

In die boek probeer Springboekie maak asof sy maatjies ook van lees hou.

Almal het ander superkragte. Springbokke se superkrag is rugby. En Springboekie se superkrag is lees (en myne ook!).

Springboekie se een maat is die olifant, Oliefie. Oliefie hou baie van modder en grappe. Kom ek vertel julle een van haar grappies: Wat is so groot soos ’n olifant maar weeg niks nie? ’n Olifant se skaduwee!

Sy ander maat is Zula. Sy hou baie van wegkruipertjie speel, en sy los ook ’n windjie in die storie!

Pffoe-oert!!

Koolio is sy derde maatjie. Sy hou glad nie van wegkruipertjie nie. (Kan jy raai hoekom? Want sy het ’n lang nek! Dis reg, sy is ’n kameelperd!)

Die boek is 80 blaaie. En die skrif is maklik om te lees. En van die woorde is groter en in ’n ander kleur, waarvan ek hou. Die illustrasies is mooi.

Die boek is seker vir kinders wat 8 of 9 of 7 jaar oud is.

Ek het van die boek gehou, maar dit was net ’n bietjie kort. Ek het dit binne een aand (eintlik net ’n paar uur) klaar gelees. Daarom gee ek dit 4 sterre.

Dis ’n lekker boek, lees dit!

Liam Lang

8 jaar oud

(Het jy geweet? Jy kan boeke lees en ’n hele biblioteek in jou kop maak!)

***

Titel: Springboekie
Skrywer: Fanie Viljoen
ISBN: 9780637004527
Uitgewer: Lapa

Lees ook:

Aspekte wat kinders se leesmotivering beïnvloed

LitNet loof maandelikse Crito-prys vir lesersindrukke uit

  • 6

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top