LitNet kondig graag die Crito-prys aan wat voortaan maandeliks toegeken sal word vir die beste lesersindruk wat sonder betaling aan LitNet gelewer en in die voorafgaande maand op LitNet gepubliseer is.
Om in aanmerking te kom, moet dit stukke wees wat nog nie elders (insluitend op enige sosialemediaplatform) verskyn het nie.
LitNet se resensent van resensente, Crito, sal as beoordelaar optree.
Die prys sal R1 500 per maand bedra.
Inskrywings kan in enige taal voorgelê word.
LitNet behou die reg voor om in ’n gegewe maand geen prys toe te ken nie.
Vir breë riglyne rakende die lewer van lesersindrukke, klik hier.
Lees ook die onderhoud met Crito hier.
Lees ook:
Kommentaar
Interessant! Nou daar is mos nou ’n geleentheid om mense aan te spoor pleks van dood te druk.