Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer

“Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel.”