
Aardklop-logo: https://aardklop.co.za/program-2024/; boekomslag: NB-Uitgewers
Geroep vir meer
Hykie Berg
Lux Verbi
ISBN: 9780796323361
Geroep vir meer: Hoe om suksesvol te leef is Hykie Berg se derde boek (My storie van hoop en My stryd met ADHD: Die onsigbare oorlog) en sal bespreek word by die Aardklop-kunstefees. Yolanda Wessels het met hom gaan gesels om te hoor wat dit geïnspireer het en waarna feesgangers kan uitsien.
Hykie, wat het die boek geïnspireer en waaroor handel dit?
...........
Die boek is geïnspireer deur die feit dat soveel mense daarbuite voel hulle is stuck, het geen fulfilment in hul lewe nie en geen betekenis nie. 73% van werknemers gaan werk toe en kom terug en sê hul het geen betekenis nie. Die boek is geskryf om vir mense weer daai hoop terug te bring. Hulle dink hulle moet vir 40 of 50 jaar maar net doen wat hulle moet doen.
.............
Die boek is geïnspireer deur die feit dat soveel mense daarbuite voel hulle is stuck, het geen fulfilment in hul lewe nie en geen betekenis nie. 73% van werknemers gaan werk toe en kom terug en sê hul het geen betekenis nie. Die boek is geskryf om vir mense weer daai hoop terug te bring. Hulle dink hulle moet vir 40 of 50 jaar maar net doen wat hulle moet doen. Mense dink hulle is slagoffers van hulle omstandighede. Die boek is ook geskryf vir elkeen om weer te droom en weer ’n visie te hê. As jy vir ’n 100 mense vra wat is jou droom, kan omtrent net 3% sê wat hul droom en visie is en wat hul doelgerigte plan is om daarby uit te kom. En dit is nie hoe mens moet lewe nie, want dan is jy soos ’n skip sonder seile en gaan maar opeindig waar die wind jou waai. Die boek is geskryf om vir jou hoop te gee en om vir jou ’n paar eenvoudige suksesbeginsels neer te lê wat enige ou kan toepas om sy lewe te verbeter.
Jy skryf: “Jy is waar jy is as gevolg van die storie wat jy jouself vertel. As jy die storie verander, sal jou lewe ook verander.” Is die boek slegs gebaseer op jou eie ervarings en hoe het jy tot die besef gekom én werk daarvan gemaak dat jy nie vasgevang is of ’n slagoffer van jou omstandighede is nie, maar in staat is tot soveel meer?
Die boek is glad nie net gebaseer op my eie ervarings nie. Ek skryf oor ’n hele paar mense wat tot dieselfde besef gekom het en wat ’n mindset-skuif gemaak het om hulle omstandighede te verander. Enige iemand kan dit doen. Dit wat jy dink en vir jouself sê, gaan bepaal wat jy doen.
Vir elke mens verskil hul definisie van sukses. Wat is ’n suksesvolle lewe in jou opinie?
...........
Daar is ’n groot verskil in die definisie van sukses. Jy moet na sukses in alle aspekte van jou lewe kyk. Jy moet kyk na sukses in jou verhoudings, jou gesondheid, sukses in jou werk, jou finansies. Die vraag wat jy jouself moet vra is: “Are you living a life of fulfilment and meaning?”
.............
Daar is ’n groot verskil in die definisie van sukses. Jy moet na sukses in alle aspekte van jou lewe kyk. Jy moet kyk na sukses in jou verhoudings, jou gesondheid, sukses in jou werk, jou finansies. Die vraag wat jy jouself moet vra is: “Are you living a life of fulfilment and meaning?” Geld is belangrik, ja, maar vir my is sukses nie die kwaliteit en kwantiteit van jou bankbalans nie, maar die kwaliteit en kwantiteit van die verhoudings in jou lewe.
Vir wie is Geroep vir meer geskryf en wie hoop jy om te bereik deur die boek, asook die gesprek by die kunstefees?
Die boek is geskryf vir alle mense, jonk en oud. Geskryf om vir jou ’n ander idee van die lewe te gee. ’n Prentjie wat dalk vir jou geskets is hoe die volgende paar jare in jou lewe gaan lyk – die boek wys vir jou daar is eintlik so baie opsies daarbuite. Enige persoon wat ’n mate van verandering wil bring in hulle lewe, is hierdie boek voor geskryf. Almal in die wêreld wil tog beter doen in ’n faset in hulle lewe en om dit te kan doen moet jy ’n sekere paar dinge toepas.
Jou geloof speel ’n kardinale rol in al jou boeke. Hoe het jou lewe verander vandat jy bekeer is in 2010?
Die eerste ding is ek is nie meer kwaad nie. Ek was baie kwaad. Vir die Here, vir baie goed. Ek het vir baie lank in my lewe weggehardloop van die donker, maar ek het nooit na ’n lig toe gehardloop nie. Vandag is daar ’n lig voor my en ek hardloop na ’n plek van lig en veiligheid en daar is ’n standvastigheid in my lewe. Daar is steeds uitdagings in my lewe, maar die manier hoe ek dit hanteer het handomkeer verander.
.........
Vandag is daar ’n lig voor my en ek hardloop na ’n plek van lig en veiligheid en daar is ’n standvastigheid in my lewe. Daar is steeds uitdagings in my lewe, maar die manier hoe ek dit hanteer het handomkeer verander.
............
As spreker ontmoet jy baie mense en noem dat jy verbaas is hoe min mense doelgerig leef. Wat is jou advies aan so iemand om ’n werkbare verskil in hul lewe te bewerkstellig?
As spreker ontmoet ek baie mense wat nie doelgerig leef nie. Die belangrikste ding wat mens moet doen, is jy moet jou “why” gaan vind. Jou “why” is die ding wat jou betekenis en doel in die lewe dryf. My “why” is om te inspireer en hoop te gee en om beter te word as wat die wêreld verwag dat jy moet wees, sodat jy ook kan uitgaan en mense inspireer.
Is mense deesdae minder geneig om te droom, hetsy weens misdaad in die land, negatiwiteit, ’n drukkende ekonomie, armoede of om vasgevang te wees in die stryd om oorlewing?
Absoluut, mense word gebore in ons land met ’n slagoffer-mentality. Druk in die ekonomie, armoede moet vir jou motiveer om ’n groter droom te kry. ’n Mens kan nie dat eksterne dinge jou gemoedstoestand bepaal nie. Dan lewe jy die termometerlewe – as als goed gaan, dan voel jy wonderlik en as dinge sleg gaan, voel jy aaklig.
Wat is jou advies hoe mense uit die kloue daarvan kan kom?
Daar is ’n verskil om “poor” en “broke” te wees. Poverty is ’n mindset. Jy kyk na die doughnut en sien net die gat. Sulke mense gaan altyd arm wees, tensy hul hul denkwyse verander. Geld gaan nie noodwendig so ’n persoon se probleme oplos nie. Ja, daar is ’n druk in die ekonomie; ja, daar is ’n negatiwiteit, maar daar is soveel maniere om ekstra geld te maak. Leer iets nuuts, leer ’n nuwe vaardigheid om vir jouself nog ’n stroom van inkomste te voorsien. As jy kan leer, lees en skryf, wat stop jou?
..........
Ja, daar is ’n druk in die ekonomie; ja, daar is ’n negatiwiteit, maar daar is soveel maniere om ekstra geld te maak. Leer iets nuuts, leer ’n nuwe vaardigheid om vir jouself nog ’n stroom van inkomste te voorsien. As jy kan leer, lees en skryf, wat stop jou?
............
Hoeveel gewig dra ’n goeie verhouding met Gerridene, jou vrou en iemand wat jou sienings en geloof deel, daarby om ’n sukses van jou lewe te maak? Het jou huwelik en ouerskap jou opinie rondom dit verander?
100%. Ons altwee bring 100%, maar sy het baie ander sterkpunte as wat ek het. Ek sê altyd ek pak die bakstene en sy gooi die sement. Ek is byvoorbeeld glad nie goed met admin nie, sy is ongelooflik admin-sterk. Sy is verskriklik georganiseerd en ek is “all over the place”, maar saam maak ons ’n baie goeie span en dis lekker wanneer ’n getroude paartjie saam in die droom inkoop.
Is Gerridene die medeskrywer en wat is jul visie met die boek, asook die gesprek by Aardklop?
Nee, ek het die boek alleen geskryf en gaan alleen by Aardklop wees. Ek het geen idee hoeveel mense daar gaan wees nie, maar ek hoop dat die plek wat die boeke gaan verkoop sommer baie boeke verkoop en ek wil graag my sukses-philosophies met die mense deel. Daar is sekere non-negotiables en teorieë waarvolgens jy leef, want dit gaan die goed waarvoor jy nee sê bepaal. So ek hoop om die mense eerstens ’n bietjie te laat lag en te vertel van die mal goed wat ook in die boek is. Ek hoop vir ’n saal vol liefde. Ek gaan die boek ook in Engels druk (oorsee), en die boek is ook geskryf vir iemand wat regtig ’n entrepreneur is/wil wees; iemand wat nie die res van sy lewe vir ’n baas wil werk nie. Ek hoop dat almal die skat in die boek sal vind.
Jy het soveel ondervinding wat jy kan deel met lesers, hetsy ’n geskiedenis met middelmisbruik en hoe jy dit oorkom het, voorstanding van die stigma teen geestesiektes, jy is ’n geakkrediteerde geestelike gesondheidsafrigter, ambassadeur van Creative Kids, ’n skool wat remediërende onderwys en ondersteuning bied aan kinders met leeruitdagings, asook skrywer van hierdie derde boek. Jul borrel inspirasie, verandering, lewe en lig. Wat hoop jy put mense uit die lees hiervan, asook die praatjie?
My hoop is dat elke liewe mens sal besef daar is geleenthede en verantwoordelikhede wat oorvloei van goddelike betekenis, wat God voor elkeen van ons plaas. Hy het vir ons gawes en talente gegee, verhoudings gegee en soveel skatte wat wag om ontgin te word. En dat elke persoon ’n diep droom vir hulle lewe sal skep om waar te maak. Dit maak nie saak wie jy is, waar jy vandaan kom, hoe oud of jonk jy is, hoe arm jy grootgeword het nie, jy KAN ’n buitengewone impak maak. Jy is nie ’n slagoffer van jou verlede nie. Jou gister of vandag bepaal nie wat jy môre gaan doen nie. Die mens wat jy word eendag, is alles net jou besluit.
Hier is nog inligting oor die gespreksgeleentheid op die 28ste September by Aardklop.
Lees ook:
Persverklaring: Aardklop klop die winterkoue met ’n spesiale aanbod
Aardklop 2024: Magda Louw – ’n les in kletterkunde: ’n onderhoud met Desiré Gardner
Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud met woordghoeroe en straatmusikant Nicky Grieshaber

