
Jannie du Toit. Foto: Carolyn Gregorowski
Die program vir Aardklop 2024 is reeds bekendgestel, en feesgangers kan nou al kaartjies koop. Maar o wee, die ekonomie beleef ’n kil winter en baie van ons voel ons trek te swaar om nog geld aan kuns uit te gee.
Hantie Kruger, ’n feesganger uit Amanzimtoti, som dit mooi op. “Ek kyk my oë uit na die wonderlike program. Ek beplan fyn, maar botsende tye maak dit onmoontlik om elke produksie wat ek graag wil bywoon in te pas. Ek verstaan dat die risiko groot is omdat die ekonomie moeilik is. Geld is skaars, maar my pensioen en kredietkaart is reg en ek sit sover twee of drie keer per dag in ’n saal. Jippie, Aardklop, hier kom ek en my liefies. Ekaniwagni! Vliegkaartjies ook nog daarby, maar ek kla nie. Om te leef en oorleef kos geld. Ek is net so bly ons SA uitvoerende kunstenaars en kunstefeeste is nog hier. Dankie tog!”
Goeie nuus!
Om die las op beursies effens te help verlig, bied Momentum Beleggings Aardklop met trots 30%-afslag op sekere kaartjies aan*. Al wat jy moet doen, is om kaartjies vir die volgende produksie op 5 Julie te koop en jy betaal outomaties 30% minder:
- André Schwartz: Gesigte
- Jannie du Toit: Oppiekitaar
- Die groot finale
- Rocco de Villiers: Klavuur
- Swerwersongs, met Pietman Geldenhuys en Anna Davel
- Koos Doep, die redakteur
- Leonard Cohen vir die Afrikaanse siel
- Afrikaans, taal van my hart 2
- Laaitie mettie biscuits
- Stinkhout
- Megan Geoffrey Prince en Tinus Botha: Key Connections
*Let wel, hierdie afslag is slegs van toepassing op die volle kaartjieprys. Hartsvriende en pensioentrekkers betaal reeds minder vir kaartjies, en kom daarom nie vir hierdie afslag in aanmerking nie.
Maak seker jy gaan maak op Vrydag 5 Julie ’n draai op ons webblad www.aardklop.co.za vir meer oor hierdie witwarm promosie!
Hou ons sosiale media dop vir nog spesiale aanbiedings in die aanloop tot die fees.
Nog baie billike vermaak

André Schwartz in Gesigte. Foto: verskaf
Die feesterrein is waar almal lekker saamkuier tussen produksies deur, terwyl die feesterreinverhoog ook vermaak uit die boonste rakke deur van ons land se gunstelingkunstenaars bied – jy kan byvoorbeeld uitsien na Refentse, Jesse Clegg, Joshua na die Reën, Janie Bay, Early B, Bobby van Jaarsveld en vele meer.
Die feesterrein is daagliks oop vanaf 24 tot en met 28 September. Sien die feesprogram (ook aanlyn beskikbaar by aardklop.co.za) vir meer besonderhede.
Soos gewoonlik is die ATKV-Boeke-oase by The Roots die plek om te wees vir aktuele en boekgesprekke, bekgevegte, en ook ’n verskeidenheid proe-ervarings. Kom kuier, redekawel, lag en gesels daagliks saam.
Vind meer besonderhede in die feesgids wat nou by aardklop.co.za afgelaai kan word of, as jy in Potchefstroom is, kan jy ook jou boekie by die feeskantoor gaan afhaal. Alle kaartjies kan op ticketpro.co.za gekoop word.
Momentum Beleggings Aardklop
24-29 September, Potchefstroom
Webblad: www.aardklop.co.za
Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees
Instagram: @aardklopkunstefees
Twitter: @AardklopFees
#hierkomons
#aardklop2024
Laai die feesgids met hierdie QR-kode af:


