Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2024

  • 1

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur: 

1 Oktober

Boeke: SA skrywer haal kortlys vir Wolfson-prys

Boeke: ‘Picasso is diep in die skuld by Dora Maar’
Laetitia Pople in gesprek met Louisa Treger oor haar nuwe boek

Boeke: Herontdek SA se verlede op vanjaar se Africana-boekverkoping

7 Oktober

Resensie: Nie vir sensitiewe lesers nie
Clari Niemand resenseer sel ses deur Stefaans Coetzee

Resensie: Hans se manewales Viagra vir die gemoed
Francois Bekker resenseer Hans hou bruilof deur Rudie van Rensburg

Resensie: Skryfpaar met woema, wip
Jonathan Amid resenseer Bunny deur SE Tolsen

Boeke: Netwerk24 ses topverkopers vir September

8 Oktober

Boeke: Interessante punte oor queer-wees in paneelgesprek aangeroer

11 Oktober

Profiel: Stefaans Coetzee: ‘In elke mens is daar ’n monster’
Coetzee in gesprek met Murray La Vita

12 Oktober

Boeke: André le Roux verken liefde, verlange en verwondering in nuwe bundel
AJ Opperman gesels met Le Roux

14 Oktober

Resensie: ’n Meestersklas in die kleine
Jo Prins resenseer ‘Is dit jý?’ deur Ian Roberts

Resensie: ‘Bloedbroers’ bied boeiende blik
Gert van der Westhuizen resenseer Bloedbroers deur Deon Lamprecht

Resensie: Van busbestuurder tot Mandela-vertroueling
Erika Gibson resenseer Comrade & Commander deur Ronnie Kasrils & Fidelis Hove (reds.)

Boekevat: Om ’n nuwe generasie vir Afrikaans te lok
’n Rubriek deur Willemien Aukema

Boeke: Karoodorpie vier boeke en lees op Boekbedonnerd-fees

15 Oktober

Boeke: Skrywer RR Ryger se debuutroman heruitgegee

Boeke: Aansoeke ingewag vir Van Ewijk-stigting se prestasieprys

16 Oktober

Boeke: Dié Afrikaanse skrywers benoem vir Salas

17 Oktober

Boeke: Dogter stap 1ste keer op digter-ma Olga Kirsch se spore in SA

19 Oktober

Boeke: Nuwe POU-app bied viervoudige ervaring in een vir boekwurms

21 Oktober

Resensie: ’n Storie nie vir kripvreters
Francois Bekker resenseer Karooseun van Vosburg deur Franklin Sonn

Resensie: ‘Tweede debuut’ ’n verfrissende bydrae
Louise Viljoen resenseer Liefde en verset deur André le Roux

Resensie: ‘Swyg’ is vinnig, vuurwarm
Ilza Roggeband resenseer Swyg deur Erla Diedericks

Boekevat: Crito, die ‘Ware Jakobina’, is steeds versluier
’n Rubriek deur Jeanette Serdyn

24 Oktober

Boeke: Bongco se ‘Groot Skoene’ verken die pad van selfontdekking

25 Oktober

Profiel: Obie Oberholzer: ‘Kyk mooi, die wêreld is vól kleur en lig’
Oberholzer in gesprek met Murray La Vita

26 Oktober

Sterfteberig: Skrywer en digter Hans du Plessis sterf

In memoriam: Afrikaans verloor ’n visioenêre reus
’n Huldiging van Hans du Plessis

28 Oktober

Resensie: Seuntjies, muisies se rare, rare stories
Ilza Roggeband resenseer Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe

Resensie: Die bande wat ons van kleins af smee
Anschen Conradie resenseer Chakalaka uit ’n blikkie deur Sandy Schoeman

Resensie: Julio Agrella se aweregse speurder betower leser opnuut
Stefaans Coetzee resenseer Zeus van Wyngaardt en die godin van deemoed deur Julio Agrella

Resensie: Epiese oorlogsroman oor die Bondelswarts
Linda de Jager resenseer Rooisand deur Jeremy Vearey

Uittreksel: Franklin Sonn: ‘Pappie, ek is nog steeds wie ek was’

30 Oktober

Boeke: Klerksdorp-boekefees bied vol program en heerlike braai

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:

Maalkolk en Breekpunt deur Marie Lotz: ’n resensie

Donker water deur Martin Steyn: indrukke van iemand wat al lank vir Steyn se volgende boek wag

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: ’n resensie

Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Die Meerkat-reeks deur Mart Meij en Beatrix de Villiers: ’n resensie

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024

Wildepruim deur Elmaré Lombard: ’n lesersindruk

Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin

Hoe lyk ’n man? Anschen Conradie gesels met Stefaans Coetzee oor Sel ses

Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

6 Oktober

PEN-essay: “Poësie hou ons uit die hande van barbare” deur Antjie Krog

13 Oktober

Resensie: Bloedbroers: Na die slagveld van Smokeshell en terug deur Deon Lamprecht en Troep: Die dinge wat hulle saamdra deur Bun Booyens (resensent: Willie Burger)

Resensie: Hoe ek dit onthou deur Francois van Coke en Annie Klopper (resensent: Theunis Engelbrecht)

20 Oktober

Resensie: The truth about Cape slavery deur Patric Tariq Mellet (resensent: Johann Kriegler)

Resensie: Liefde en verset deur André le Roux (resensent: Fanie Olivier)

27 Oktober

PEN-essay: “Kaaps, wings & Ivy League things – ’n Masterclass in resistance” deur Chase Rhys

Resensie: Is dit jý?: Avonture voor en agter die skerms deur Ian Roberts (resensent: Leon van Nierop)

Resensie: Boytjie deur Johnny Davids (resensent: Stefaans Coetzee)

Die volgende resensie het in Oktober op Maroela Media verskyn.

Die volgende resensies en onderhoude het in Oktober onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

12 Oktober

Luister | Bloedbroers se ervarings van Smokeshell onthou
“Min mense het geweet hoe fel die Bosoorlog in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika en die suide van Angola regtig was.”
Luister hier na die volledige onderhoud: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-bloedbroers-se-ervarings-van-smokeshell-onthou/ 

Moedhou is dié katstorie se grootste les
Hierdie kinderstorie oor ’n spul katte in Kathu gaan uiteindelik oor die waarde van deursettingsvermoë, waagmoed en spanwerk.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/moedhou-is-die-katstorie-se-grootste-les/

Luister: Boek oor stropery “lewenstaak” vir oudverslaggewer 
De Wet Potgieter ondersoek en skryf al die afgelope 36 jaar oor die smokkelhandel van ivoor en renosterhoring in Suid-Afrika, en het al male sonde tal sy eie lewe gewaag om gevaarlike sindikaatnetwerke bloot te lê.
Luister hier na die volledige onderhoud: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/luister-boek-oor-stropery-lewenstaak-vir-oudverslaggewer/

 14 Oktober

Só sê gewilde rubriekskrywer oor eie bundel
“Wanneer ek skryf, is dit vir my belangrik dat ek nie onregverdig teenoor ’n spesifieke persoon is nie.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/so-se-gewilde-rubriekskrywer-oor-eie-bundel/

16 Oktober

Boekresensie: Gebooie deur Rudie van Rensburg
As iemand die misdaadfiksie van Rudie van Rensburg nog nie teëgekom het nie en op soek is na iets om te lees, is Gebooie dalk die maklikste manier om onder die betowering van die goedgekose woord en dié van hierdie skrywer te kom.
Lees die resensie: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-gebooie-deur-rudie-van-rensburg/ 

18 Oktober

Lesersindruk | Jan Braai se Atmosvuur gaan vure behoorlik laat knetter
Hierdie boek is dalk net die volgende buitelug-‘Kook en Geniet’, skryf Carla van der Spuy.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/kos/lesersindruk-jan-braai-se-atmosvuur-gaan-vure-behoorlik-laat-knetter/

20 Oktober

Luister | Ilse Verster lewe in lig ná donker verlede 
“Daar is ’n lewe ná mishandeling, egskeiding en eensaamheid. Jou lewe kan verander, solank jy net onwrikbaar vashou aan God se redding.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-ilse-verster-lewe-in-lig-na-donker-verlede/

 26 Oktober

Kroek en loermet blokraaie g’n taboe vir Gerda Engelbrecht
Die hoeveelheid wat sy jaarliks opstel, kom neer op ’n gemiddeld van tussen 2 000 en 3 000 blokraaie.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/kroek-en-loer-met-blokraaie-gn-taboe-vir-gerda-engelbrecht/

 29 Oktober

Memoires wys die soet, bitter van reis as sjokolateur
“Eien jou drome en besluit dan om dit na te streef. Al is dit hoe klein, moet jy dit nie geringskat nie.” 
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/kos/memoires-wys-die-soet-bitter-van-reis-as-sjokolateur/

 

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

4 Oktober

Deborah Steinmair: Kort brokke vir haastige misdaadvrate
Kerneels Breytenbach: KI-doemprofeet se futuristiese nagmerrie
Joan Hambidge: Was Bellow self troebelboetie Herzog?
Deborah Steinmair: Swart kraaie en rooi bloed op wit sneeu

 11 Oktober

Deborah Steinmair: Nielsen: Wie kraai koning?
Deborah Steinmair: Onbesonge profeet van Gauteng
Kerneels Breytenbach: Kristofferson, die wilde Amerikaner
Emmie Bedeker: Alles is aan mekaar verbind

 18 Oktober

Deborah Steinmair: Grootste wenners op die boekrakke
Kerneels Breytenbach: Ierse gemoedere, liefde en versaking
Joan Hambidge: Goeie boeke maak dikwels swak films

 25 Oktober

Deborah Steinmair: Boeke kan ’n kameraad en kruk word
Kerneels Breytenbach: Elvis en sy nageslag: verdagte gene
Katvrou: Peaceful vat houtjies vir oom Piet

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 2 Oktober

Die wenners van die jaarlikse AVBOB-poësiekompetisie is onlangs aangekondig. Salvia Ockhuis, wenner van die Afrikaanse afdeling, gesels oor haar pad met woorde. Adriaan Bester, hoofbestuurder van korporatiewe aangeleenthede by AVBOB, vertel meer oor die brûe wat hierdie groep met woorde en boeke bou. AJ Opperman gesels oor die digter DJ Opperman. Johan Myburg deel in sy internasionale insetsels nuus oor die skrywers Amitav Ghosh, Arundathi Roy en Gerald Durrell.

Potgooi-bonusinhoud: DJ Opperman-dokumentêr uit 1974. (Vervaardig deur Morkel van Tonder ter viering van DJ Opperman se 60e verjaarsdag)

Woensdag 9 Oktober

Martin Steyn gesels oor sy nuwe roman, Donker water, wat handel oor polisieduikers en hulle belangrike werk. Jonathan Amid gesels oor twee romans deur Barbara Boswell en Siphiwe Gloria Ndlovu. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor Shehan Karunatilaka, ’n Bookerpryswenner van Sri Lanka wat einde Oktober deelneem aan die BookBedonnerd-fees op Richmond in die Karoo. Johan deel ook die kortlyste van twee Britse pryse, die T.S. Elliotprys en die Goldsmithsprys. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van die KykNET/Rapportboekpryse en die ATKV-Woordveertjies.

Woensdag 16 Oktober

Ilse Salzwedel gesels met Kevin van Wyk, skrywer van Chris van Wyk: Irascible Genius, ’n biografie oor sy bekende skrywerspa. Johan Myburg stel ons voor aan Han Kang, vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, en vertel ook meer oor Alan Hollinghurst se nuwe roman Our Evenings. Daar is meer oor die wenners van vanjaar se ATKV-Kinderboektoekennings, en Christina Simelane vertel van haar droom om ’n volwaardige biblioteek in die Daantjie-nedersetting buite Mbombela te vestig. Haar harde werk hier en met haar Raise A Reader-platform, het vanjaar aan haar die ATKV se Toekenning vir Leesbevordering besorg.

Potgooi-bonusinhoud: Jy kan luister na ’n volledige onderhoud wat Christelle Webb-Joubert met Chris van Wyk in 2010 met gevoer het. Daarin gesels hulle o.a. oor sy kinderboeke, en oor sy outobiografiese boek, Eggs to lay, chickens to hatch. (Dis in Afrikaans vertaal as ’n Hoender wat ’n eier kan lê.)

Woensdag 23 Oktober

AJ Opperman onthou die lewe en werk van Dalene Matthee, wie se geboortedag ons vandeesweek herdenk. Ilse Salzwedel gesels met Helené Coetzee van Kaapstad oor twee van haar geliefkoosde boekplekke: die Mothercity Bookclub, en Kaapstad se Silent Bookclub. In Johan Myburg se internasionale nuus vertel hy waarom die pas aangewese Nobelpryswenner, Han Kang, geweier het om ’n perskonferensie te hou oor haar bekroning, en ons vind meer uit oor die memoir wat die skrywer Siri Hustvedt tans skryf oor haar skrywerman, wyle Paul Auster. In ’n lekker nostalgiese terugblik kry luisteraars die kans om die Knysnabos deur die oë van wyle Dalene Matthee te bekyk. Dis nou danksy ’n 1985-hoorbeeld uit die argief waarin Dalene, haar man Larius, haar destydse uitgewer, Annari van der Merwe, en wyle Nic Swanepoel saam die beroemde woud besoek het.

Potgooi-bonusinhoud: Jy kan hoor hoe Dalene Matthee aan die verhaal van Fiela se kind gekom het. Haar uitgewer, dr. Annari van der Merwe, wat jy ook in die hoorbeeld gehoor het, gesels met Dalene. En as jy nog altyd wou skryf, luister gerus na Dalene se raad wat sy in 1985 vir studente aan die destydse Potchefstroomse Universiteit gegee het.

Woensdag 30 Oktober

’n Huldigingsprogram oor die lewe en werk van Hans du Plessis – digter, skrywer en akademikus. Hy is op 25 Oktober 2024 oorlede. Die eerste gedeelte van die program bevat ’n dokumentêr (Die storieverteller van die Mooirivier) wat Ina Strydom in 2018 oor Du Plessis se werk saamgestel het. In die tweede gedeelte bring oud-studente, skrywers, voormalige kollegas, familie en vriende aan hom hulde. Die volgende mense se stemme kan gehoor word: Susan Lombaard van Maroela Media; sy seuns Louis, Hansie en Tjaard du Plessis; skrywers Helene de Kock, Irma Joubert, Sophia Kapp en Jaco Jacobs; proff. Heilna du Plooy en Willie Burger en Awie van Wyk, voormalige dirigent van die PUK-koor.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 1 Oktober

Sophia van Taak en De Klerk Oelofse klim in ’n pendeltuig en gaan verken die buitenste ruimte deur die woorde van ons digters. Daar’s gedigte oor sterre, die maan, ruimtesendings, komete en konstellasies. En, natuurlik, ’n groot skoot verwondering oor al die ongelooflike dinge wat ons in die naghemel kan waarneem.

Dinsdag 8 Oktober

Die boek, Piaf en Brel – Luisterryk!, bevat ’n stuk of vyftig Afrikaanse vertalings, of omdigtings, van die Franse liedere van Edith Piaf en Jacques Brel. Met die herdenking van Brel se dood op die 9 Oktober 1978, luister ons na ’n paar van dié befaamde Belgiese sanger se lirieke, soos voorgelees deur Johann Nel. Jy kan ook uitsien na die musikant Herman van den Berg se vertolkings van ’n paar van Brel se liedjies.

Dinsdag 15 Oktober

Wêreld-kosdag word op 16 Oktober gevier. Wanneer laas was jy honger? Vir die meeste van ons is dit ’n heel onbekende gevoel, iets wat jy dalk nog nooit ervaar het nie, maar meer as 700 miljoen mense het daagliks nie genoeg om te eet nie. Luister na gedigte wat ’n mens ’n slag net jou seëninge laat tel. Die voorleser is Hannah Borthwick.

Dinsdag 22 Oktober

Hannah Borthwick lees gedigte voor oor kosmaak, padstalprodukte en ander lekkernye wat jou mond laat water!

Dinsdag 29 Oktober

Wat maak van ’n gedig ’n ballade? Sophia van Taak verken die ballade as digvorm. Pieter van Zyl is die voorleser, en daar is ’n hele paar lekker, klassieke Afrikaanse gedigte om na uit te sien, soos DJ Opperman se Ballade van die Grysland en SJ du Toit se vertaling van Die Elwekoning.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Dinsdag 8 Oktober

In hierdie episode is daar twee spesiale ateljeegaste: Ian Roberts, die befaamde akteur, en Albert Blake, die welbekende historiese biograaf. Ian Roberts gesels oor sy memoir, Is dit jý?, en Albert Blake gesels oor sy boek oor Jopie Fourie. Joan Hambidge bespreek André le Roux se tweede digbundel, Liefde en verset. Antoinette Coetzee bespreek Connie Luyt se roman As die klippe kon praat.

Dinsdag 22 Oktober

In hierdie spesiale aanbieding van Boekkeuse, ons program oor skrywers en boeke wat Amanda Botha, ná 25 jaar – vir die laaste keer aanbied: Amanda dink nostalgies terug aan al die skrywers wat sy deur haar loopbaan ontmoet, en met meeste, hegte bande gesmee het. Antjie Krog doen ’n voorlesing uit haar bundel, Plunder. Danie Marais is ons ateljeegas wat gesels oor sy bundel, ek en jy bestaan nie, waarin hy onder meer wit manlikheid ondersoek. Om mee af te sluit is daar voorlesings  deur vier digters wat uitgesonder word. Hulle is Dominique Botha, Tom Dreyer, Ronelda Kamfer en Pieter Odendaal.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

3 Oktober

Resensie: Die ses woorde van die Sigeuner: Gedigte van Kostis Palamas
Resensent: Marius Crous

7 Oktober

Resensie: ek en jy bestaan nie deur Danie Marais
Resensent: Neil Cochrane

8 Oktober

Boekbespreking: Ons wag vir Godot deur Samuel Beckett (vertaal deur Naòmi Morgan)
Resensent: Neil Cochrane

11 Oktober

Tuin van Digters: Alwyn Roux gesels met Jan Pretorius

16 Oktober

Onderhoud: Mellet Moll gesels met Salvia Ockhuis, die wenner van die Afrikaanse kategorie van die AVBOB-poësiekompetisie vir 2023

18 Oktober

Resensie: Uit die herberg van Alhambra: vertalings deur Bester Meyer
Resensent: Neil Cochrane

19 Oktober

Onderhoud: Martjie Bosman in gesprek met Johann Lodewyk Marais oor Koning Shaka (ca. 1781–1828)

31 Oktober

Resensie: Kuborg deur Martina Klopper
Resensent: Mellet Moll

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Oktober verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Trevor Noah oor sy boek, Into the uncut grass

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Ann Cleeves oor Haar roman, The dark wives

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Helen Nicholson oor haar boek, Networking for introverts

Resensie: Antonio Cantoni resenseer The Blackbird Oracle deur Deborah Harkness

Resensie: Liani Jansen van Rensburg resenseer Broken light deur Joanne Harris

Resensies: 3 Romans oor andersoortige verhoudings:

  • Sonja van der Westhuizen resenseer Learned by heart deur Emma Donoghue
  • Anne Marais resenseer Die ander Maria deur Anrie le Roux
  • Tina Swiegers resenseer An angel’s demise deur Sue Nyathi

Resensie: Irma Steffens resenseer Daka deur Jaco Strydom

Resensies: 3 Boeke oor vroue se gedrewenheid om uit te styg in ’n dominerende manswêreld:

  • Sonja van der Westhuizen resenseer Hang the moon deur Jeanette Walsh
  • Marzanne Schoeman resenseer Immortality: A love story deur Dana Schwartz
  • Danica Gouws resenseer She who became the son deur Shelley Parker-Chan

Uittreksel: Hoe ek dit onthou deur Francois van Coke en Annie Klopper

Uittreksel: Beeld 50 saamgestel deur Erika de Beer

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top