Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin

“Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie.”