Hoe lyk ’n man? Wanneer word jy ’n man?
In die tronk word jou manlikheid gemeet aan jou vermoë om vinniger en beter met ’n selfgemaakte mes te kan kap. Maar is dit wat ’n pa aan sy seun wil oordra?
In hierdie videogesprek gesels Anschen Conradie met Stefaans Coetzee oor die struktuur en inhoud van Sel ses, en vertel hy ook waarom die tipograaf opdrag gekry het om alles op die voorblad in kleinletters te skryf. Gedigte van Breyten Breytenbach, kortverhale van Willemien Brümmer en knipsels van Elise Bishop kom ook ter sprake.
Lees ook:
Breyten Breytenbach se vroeë en tronkpoësie: ’n vergelykende stilistiese ondersoek
Kommentaar
Baie dankie hiervoor, Stefaans.
Dankie vir 'n insiggewende gesprek, Anschen en Stefaans! Dis oor soveel meer as net die boek, maar ook oor menswees.
🎼🎶🎶🎶 👑🌍🇿🇦
Stefaans is in my boek-tops. Hy het sy straf betaal en alhoewel op parool tot 40 jaar verby is, bly hy my vriend en medeskrywer wat my agting verdien. Sy bydrae om Afrikaanse leesstof en skrywers goeie blootstelling te laat verkry is prysenswaardig. Hy het die Smaakmaker’s toekenning dubbel en dwars verdien. Doe so voort Stefaans! Jy is geliefd en gerespekteerd vir jou nederige houding en standvastige uitkyk vir Afrikaans!
Dankie dat ons ten spyte van, mekaar steeds in die oë kan kyk. Jy is belangrik vir my.