Net na die storm deur An-Mari do Carmo: ’n lesersindruk
2026-09-02"Die roman is ’n avontuurlike oorlewingsverhaal wat die interne moontlikhede tot konflikoplossing op die spits dryf nadat die moontlikheid van eksterne probleemoplossing onder die vloedwaters verdwyn het."
Skermslim deur Estée Cockroft en Christine van Aardt: ’n resensie
2026-09-01"Die olifant in die vertrek was egter die jonger kind – want gebruikers word inderdaad al hoe jonger."
Gunsteling deur Keith Juluka: ’n lesersindruk
2026-08-31"Juluka span die voordele van die 21ste eeu ten volle in om te verseker dat die alfabet, die basis van geletterdheid, op ’n prettige en relevante wyse aangebied word."
Murder in Orania deur Onyeka Nwelue: ’n resensie
2026-08-28"Die parallelle tussen Zuko en die Bybelse Dawid is opvallend; beide is onwaarskynlike helde wat die herstel van ’n wanbalans, eerder as koelbloedige wraak, begeer."
Die Serwiër deur Carel van der Merwe: ’n resensie
2026-08-19"Elke karakter, hetsy vriend of vyand, held of skurk, word gerugsteun deur ’n oortuigende komvandaan wat sy keuses en motiverings in die hede onderskryf."
Elders gesien: Met apologie aan Lina Spies
2026-07-29"En die afgelope naweek, tydens die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée, het ek die praktiese manifestasie daarvan weer in werking gesien. Dis veel meer as kruisbestuiwing, simbiose of uitruilings van kennis en ervarings."
Onder ’n bloedrooi hemel en Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: Wanneer feite en stories ineenstrengel en kruisbestuif
2026-06-17"Die sentrale tema in beide is ’n herbesoek aan ’n omgewing wat uit die verlede dateer, gewapen met die kennis en terugbeskouings van die hede."
Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen: ’n lesersindruk
2026-04-22"Jansen se uitbeelding van die regsproses verdien ’n pluimpie. Dis volledig, regstegnies korrek en ewe toeganklik vir leke as vir regsgeleerdes. Die korrekte vrae word gevra en waar nodig word bondige uiteensettings aangaande tegniese begrippe verskaf."
Houdenbek 200 deur JH van der Merwe: ’n lesersindruk
2026-03-25"Die rol van gerugte en halwe waarhede in die aanloop tot die tragedie kan nie ontken word nie en hierdie geneigdheid van die mensdom, soos wat dit afgespeel het in die afsondering van die Koue Bokkeveld, word onder verskeie hoofde aangespreek."
Meneer die President, begin met die klein dingetjies
2026-02-12"Ruik die ontlasting en rommel met geen water om dit te hanteer nie, val in ’n slaggat en wag vir ’n ambulans totdat die perde horings kry, en sê dan weer vir my dat ons verby die ontwikkeling van die wiel is. Ons was; ons is nie meer nie."
Audi alteram partem – hoor die ander party
2025-12-03Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.
Elders gesien: Doringvoëltjies in die Karoo
2025-08-09"Daarom is my poging om die naweek tot woorde te reduseer gefokus op my belewenis van die mense self; nie hulle woorde of selfs dade nie, maar die warmte en passie daaragter."
Death in Pretoria deur Peter Auf der Heyde, ’n resensie
2025-08-06"Die doodstraf is van nature ’n gelade onderwerp wat sterk emosies ontlok, maar die skrywer slaag deurentyd daarin om die fokus op die feite te hou en die leser toe te laat om sy/haar eie afleidings te maak."
Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie
2025-07-16"Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref."
Hoe lyk ’n man? Anschen Conradie gesels met Stefaans Coetzee oor Sel ses
2024-10-07Hoe lyk ’n man? Wanneer word jy ’n man? In die tronk word jou manlikheid gemeet aan jou vermoë om vinniger en beter met ’n selfgemaakte mes te kan kap. Maar is dit wat ’n pa aan sy seun wil oordra? Gedigte van Breyten Breytenbach, kortverhale van Willemien Brümmer en knipsels van Elise Bishop kom ook ter sprake.

