Anschen Conradie

Anschen Conradie verwerf haar B.Juris-graad aan die destydse UPE en begin in 1991 werk as staatsaanklaer in Kuilsrivier. Sy verwerf later haar LLB-graad by UNISA en aanvaar ’n pos in die Oos-Kaap as regspraktisyn. Sy was van kinderdae af boekbedinges en het begin boeke versamel en lees vandat sy kan onthou. Wanneer sy nie lees nie, is sy op ’n perd se rug en plaas gereeld lesersindrukke op sosiale media as #uitdieperdsebek. Sy is getroud, steeds in die regsberoep en hoop om onthou te word vir haar liefde vir die geskrewe woord. 

Seeperde: ’n skrywersonderhoud

Anschen Conradie, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2024-01-24

"Ek het ’n dromgroep in Langa, buite Kaapstad, hoor speel ’n ruk gelede en ook een aand by ’n musiekkonsert by die laerskool gehoor hoe ’n dromgroep speel. Dis toe ek besef het: Dit is die instrument vir my storie. Dis die klank van die boek."

AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Anschen Conradie Lesersindrukke 2023-01-20

"Die digter waag om die bundel in kombinasies van Standaardafrikaans, Engels en Kaaps aan te bied en wend die variasies doeltreffend aan om die onderskeid in lewenstadiums te illustreer. Die gedigte wissel eweneens tussen tradisionele rymvorme en vrye verse en dis veral by laasgenoemde waar die digter se talent rou en onbeskroomd geopenbaar word."

Die verkeerde vrou deur Irma Venter: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2022-10-06

"Die slottonele en ontknoping het my soos ’n fratsgolf getref. Dit bekruip jou ongemerk, slaan jou voete onder jou uit en spoeg jou, snakkend na jou asem, op die spreekwoordelike strand uit."

Buit deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2022-09-27

"Breytenbach is reeds gevestig en bekend as spanningsromanskrywer, maar met Buit bereik sy nuwe hoogtes. Dis ’n briljante, hartverskeurende, skrikwekkend realistiese en insiggewende roman oor Afrika en sy mense."

Met ’n ysterkaak en ’n onverbiddelike kyk: ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten, ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2022-08-01

"Hy is ’n gewese rugbyheld wat in ’n administratiewe hoedanigheid by die polisie gewerk het (alhoewel hy een keer inderdaad per ongeluk ’n rower gearresteer het), maar het vroeg (hy is 29 jaar oud) afgetree en speel nou rond op sy plaas, wat hy in ’n weddenskap gewen het, naby die Botswana-grens."

Monster deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2022-05-23

"My gunstelingkarakter was ongetwyfeld die mesmoordenaar. Hy is uiteraard ’n skurk, maar ’n genotvolle een."

Geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit: ’n resensie van The heist men deur Andrew Brown

Anschen Conradie Resensies 2022-05-04

"Die skrywer se agtergrond as polisiereservis en advokaat dra ongetwyfeld by tot die geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit van die teks. Ondersoekprosedures, insluitend die frustrasie van burokratiese rompslomp en lomp staatsmasjinerie, word onderhoudend aan die leser weergegee."

Uitvoergehalte: ’n resensie van Hammerman deur Mike Nicol

Anschen Conradie Resensies 2022-04-26

"Sy werk getuig van deeglike navorsing en sal byval vind by fynproewerlesers wat intelligente en uitdagende temas en karakters geniet. In die misdaadfiksiegenre is sy romans ’n Glenfiddich, uitvoergehalte waardig om versamel te word."

Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2022-04-08

"Sy naam is Hannes Barnard; hy is ’n skrywer van formaat. Hou hom dop!"

Gesofistikeerd, intelligent; ’n resensie van City of the dead deur Jonathan Kellerman

Anschen Conradie Resensies 2022-04-04

"Die roman is nie die tipiese skop-skiet-en-dies-meer-spanningsroman nie; dis gesofistikeerd, intelligent, beweeg teen ’n stadige tempo, maak nie staat op dramatiese aksie soos jaagtonele en bloedige gevegte nie."

Gourmetkok en troostannie: Sally Andrew se tannie Maria kook weer in The milktart murders

Anschen Conradie Resensies 2022-03-08

"Die ontrafeling van die moordraaisels was baie oorspronklik; dis ’n lekkerte vir enige boekliefhebber as ’n biblioteek vol boeke deel van die leesgenot uitmaak."

Vlug deur Wilna Adriaanse: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2021-11-15

"Die roman sal aanklank vind by ’n wye verskeidenheid van lesers – liefhebbers van spanningsverhale sal dit ongetwyfeld geniet, maar die karaktergedrewendheid daarvan sal tot ’n baie groter groep lesers spreek."

Anschen Conradie resenseer Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl

Anschen Conradie Resensies 2021-11-02

"Aanvanklik is die leser net so in die duister soos Kristien: Wie het die moord gepleeg en waarom? Waar is Louw?"

Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn, ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2021-09-06

"In ’n ware Agatha Christie-trant word dit gou duidelik dat elkeen van die gaste motiewe gehad het om Imelda te vermoor, maar wie was dit?"

Resensie van Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof

Anschen Conradie Resensies 2021-03-02

"Anders as by die meerderheid moderne spanningverhale is daar ’n baie sterk humor-element in hierdie roman. Die ironie, sarkasme, metafore en vergelykings was uiters vermaaklik."

Top