Geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit: ’n resensie van The heist men deur Andrew Brown
2022-05-04"Die skrywer se agtergrond as polisiereservis en advokaat dra ongetwyfeld by tot die geloofwaardigheid, korrektheid en outensiteit van die teks. Ondersoekprosedures, insluitend die frustrasie van burokratiese rompslomp en lomp staatsmasjinerie, word onderhoudend aan die leser weergegee."
Uitvoergehalte: ’n resensie van Hammerman deur Mike Nicol
2022-04-26"Sy werk getuig van deeglike navorsing en sal byval vind by fynproewerlesers wat intelligente en uitdagende temas en karakters geniet. In die misdaadfiksiegenre is sy romans ’n Glenfiddich, uitvoergehalte waardig om versamel te word."
Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard: ’n resensie
2022-04-08"Sy naam is Hannes Barnard; hy is ’n skrywer van formaat. Hou hom dop!"
Gesofistikeerd, intelligent; ’n resensie van City of the dead deur Jonathan Kellerman
2022-04-04"Die roman is nie die tipiese skop-skiet-en-dies-meer-spanningsroman nie; dis gesofistikeerd, intelligent, beweeg teen ’n stadige tempo, maak nie staat op dramatiese aksie soos jaagtonele en bloedige gevegte nie."
Gourmetkok en troostannie: Sally Andrew se tannie Maria kook weer in The milktart murders
2022-03-08"Die ontrafeling van die moordraaisels was baie oorspronklik; dis ’n lekkerte vir enige boekliefhebber as ’n biblioteek vol boeke deel van die leesgenot uitmaak."
Vlug deur Wilna Adriaanse: ’n resensie
2021-11-15"Die roman sal aanklank vind by ’n wye verskeidenheid van lesers – liefhebbers van spanningsverhale sal dit ongetwyfeld geniet, maar die karaktergedrewendheid daarvan sal tot ’n baie groter groep lesers spreek."
Anschen Conradie resenseer Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl
2021-11-02"Aanvanklik is die leser net so in die duister soos Kristien: Wie het die moord gepleeg en waarom? Waar is Louw?"
Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn, ’n resensie
2021-09-06"In ’n ware Agatha Christie-trant word dit gou duidelik dat elkeen van die gaste motiewe gehad het om Imelda te vermoor, maar wie was dit?"
Resensie van Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof
2021-03-02"Anders as by die meerderheid moderne spanningverhale is daar ’n baie sterk humor-element in hierdie roman. Die ironie, sarkasme, metafore en vergelykings was uiters vermaaklik."
