Hoe lyk ’n man? Anschen Conradie gesels met Stefaans Coetzee oor Sel ses

Hoe lyk ’n man? Wanneer word jy ’n man? In die tronk word jou manlikheid gemeet aan jou vermoë om vinniger en beter met ’n selfgemaakte mes te kan kap. Maar is dit wat ’n pa aan sy seun wil oordra? Gedigte van Breyten Breytenbach, kortverhale van Willemien Brümmer en knipsels van Elise Bishop kom ook ter sprake.