Karyn Maughan sal nie gemuilband word nie: PEN Afrikaans se lesing oor persvryheid

  • 0

Karyn Maughan (foto: Izak de Vries)

Karyn Maughan het op 16 November 2024 ’n lesing oor persvryheid by die PEN Afrikaans-jaarvergadering te SASNEV in Pineland aangebied.

Izak de Vries, wat haar aan die woord stel, vra vooraf: “Why Karyn Maughan for this annual lecture on press freedom?”

Dan lees hy ’n lys woorde voor: “heks”, “leuenaar”, “wit rassis”.

Dis die name wat sy al genoem is, sê hy.

“Karyn has been called names for doing her job,” sê hy. Dis nie waarom sy gevra is om die lesing aan te bied nie. Dit onderstreep egter een van die punte wat sy met haar lesing wil kom oordra: As ’n mens die waarheid praat, of sake ondersoek, word ’n mens soms deur invloedryke mense beledig. Juis daardie mense wie se gedrag bevraagteken word.

Karyn Maughan is ’n aanlyn nuusverslaggewer vir onder andere News24 en ook soms vir die BBC. Sy is ’n regsjoernalis.

Sy het verslag gedoen oor Jacob Zuma se verkragtingshofsaak en oor Oscar Pistorius. Wat veral aandag getrek het, was haar verdere ondersoeke teen Zuma.

Mens lees op https://www.mediadefence.org, die webwerf van Media Defence (’n internasionale menseregteorganisasie), die volgende omtrent die gevolge van Maughan se mees onlangse beriggewing aangaande Jacob Zuma:

Private prosecution of legal reporter Karyn Maughan

Zuma initiated the private prosecution of legal reporter Karyn Maughan. He argued that Maughan had published documents concerning his corruption trial before they had been tabled in court. Zuma had first laid a conventional charge against her, but the National Prosecuting Authority ultimately decided not to pursue the case due to a lack of legal merit. As a result, Zuma embarked on a private prosecution under the National Prosecution Authority Act. Maughan, who is employed by News24, the country’s biggest news outlet, is a defendant alongside Billy Downer – the prosecutor who allegedly authorised the release of documents to her.

Zuma has often cited Maughan and Downer in his criticisms of the corruption trial, which he believes to be a politically-motivated prosecution of him. The former president has repeatedly petitioned the court for Downer’s recusal, arguing that there are alternative, political motivations behind his prosecution. At the same time, the fact that Zuma pursued legal action against Downer, and not the junior prosecutor who sent Maughan the documents, has led some to suspect that Zuma is pursuing personal vendettas.

On 21 March 2023, Maughan and Downer applied to the High Court, arguing that the case against them should be dismissed. Their lawyers argued that the documents they published – which include a medical certificate – were submitted to the court by Zuma’s own lawyers, and there had been no request to keep them private.

Izak verwys na bogenoemde en stel toe vir Maughan self aan die woord.

Toe Izak gaan sit, sê Maughan: “I was only doing my job. They were desperate to keep me quiet.”

Sy sê vir die gehoor dat sy vandag gaan praat oor die oorlog teen die waarheid. “The war on truth, while reality is under siege.”

Sy sê daar is al gesê dat Winston Churchill gepraat het oor ’n leuen wat halfpad om die aarde sal hardloop voordat die waarheid self kans gehad het om sy drafklere aan te trek. En hierdie stelling is gemaak voordat sosiale media bestaan het.

Sy verwys dan na die soort propaganda wat die Nazi’s versprei het.

Sy sê dat Hitler afbrekende dinge gesê het oor vroue en kinders en dat niemand sou kon geraai het dat mense na hom sou luister of hom navolgenswaardig sou vind op grond van wat hy gesê het nie.

As iemand hom bevraagteken het, is hulle dikwels as vyande uitgekryt.

Dis wat magtige mense doen, sê sy. Hulle verkleineer mense wat nie met hulle saamstem nie. Hulle sê hulle sleg en noem hulle beledigende name.

..........
Dis wat magtige mense doen, sê sy. Hulle verkleineer mense wat nie met hulle saamstem nie. Hulle sê hulle sleg en noem hulle beledigende name.
............

En tog word daar dikwels juis vir hierdie mense wat so hard skree, gestem. Kyk wat het toe op die ou end gebeur. Het mense besluit om nie vir Hitler na te volg nie?

Sy kyk na die gehoor.

“We all know what happened.”

Karyn Maughan (foto: Izak de Vries)

Wat van vandag?

“This is what happens if you push back. … If you don’t agree with the rich and powerful. The same views [like the Nazi views] are nowadays spread – in the USA, elsewhere in the world, over here … and people who push back, will find themselves targeted.

“We are now living in a world where verifiable data are not held as the truth.”

Sy sê dat daar al hoe meer mense is wat fopnuus sal versprei omdat hulle nie met iets saamstem nie.

Hier is onderwerpe wat mense kwaad maak.

  • Klimaatsverandering
  • Entstowwe
  • Oorloë in verskillende landstreke.

In plaas daarvan om dan ’n onderwerp te beskou en daaroor op te lees en vanuit verskillende nuusbronne daaroor te kan gesels, sal daar dan absolute stellings gemaak word, sê sy.

Sy het al gehoor dat daar mense is wat nie met die COVID-19-vaksiene saamstem nie, wat by iemand se begrafnis sal sê dat iemand dood is omdat hulle ingeënt is en die stelling maak dat die entstof ontwikkel is om die mensdom uit te wis en dood te maak, in plaas daarvan om eerder ondersoekende vrae te stel rondom byvoorbeeld hoe lank dit geneem het om die entstof te ontwikkel.

“Democracy demands that we should carry multiple perspectives, regardless of what our world views are. We choose to accept or reject the reality some influentials holds as the truth – without any evidence.”

Ons kan nie net voor die voet glo dat klimaatsverandering ’n mite is omdat Donald Trump dit afkondig nie. (In hierdie onlangse artikel word verwys na die effek wat die presidentskap van Donald Trump op die klimaatsveranderingsberaad kan hê.)

Sy wil nie net praat oor die VSA nie, sê sy.

“Constantly the South African democracy is under threat,” sê sy. “But it is also not true that this country has no Constitution. There are people pushing the narrative that democracy in this country … in South Africa … does not exist. (Spoiler: It does.)”

Sy praat oor haar kollegas by die Daily Maverick wat op sosiale media name genoem word. Mense word leuenaars genoem, of hekse, of ander erger woorde.

Zuma het haar ’n rassis genoem omdat sy sy sake ondersoek het, vertel sy.

Hoe voel sy daaroor?

“I have always known that truth matters. I had to sit in a court room and had to be filmed and afterwards saw how political leaders celebrated my shaming. The violations of my rights hopefully would discourage other journalists to report – that was the message.”

Is dit gevaarlik om ’n joernalis te wees, selfs binne ’n demokratiese land?

Ja, sê sy. “Reporting on powerful politicians is often a great risk. Amnesty International reports that this happens everywhere. 150 journalists have been murdered in Mexico since 2020.

“Trump went after Rachel Scott and accused her of asking a nasty question and described her network as fake news – because she asked a question.”

Hier is ’n deurlopende tema, sê sy.

As jy magtig is en mense vra ’n vraag wat jy nie kan beantwoord nie, sal hulle jou maklik name noem.

“Why would black people vote for you?” is aan Donald Trump gevra (deur Rachel Scott). En as gevolg daarvan het hy vir Rachel Scott allerlei name genoem.

Daar is dus raakpunte in die gedrag van Hitler, Zuma, Malema (sy het voorbeelde genoem waar hy haar ook beledig het omdat sy verslag gedoen het oor sy sake) en Trump. Wanneer iemand nie met hulle saamstem nie, word die joernaliste maklik uitgekryt en allerlei beledigende dinge toegesnou. Dit was haar persoonlike ervaring.

Wat is haar slotgedagtes, as joernalis en as skrywer, in hierdie wêreld en in hierdie tyd?

“If you value truth, what now?

“1. Never let social media define your truth. Remember about social media: It is not an honest reflection of reality. If you talk to people in real life, you may not agree – but fundamentally you may want the same things. On social media, people are more extreme.

“2. Support reputable news sources. Engage with a variety of them. Be aware of your own biases. Challenge this. Expose yourself to different views. Truth is resilient. It will survive anything.

“3. Do not be afraid to ask questions. Ordinary people will often ask more tough questions than other politicians.

“4. I recently asked a journalist who is never afraid to ask questions: ‘Why are you never scared into silence?’ She said: ‘I do have a defiant streak. I know that I am telling the truth. You have no idea how much this empowers me. I will not bow down to crazy, aggressive people.’

“There is such a thing as truth. If all of us take responsibility, we not only protect humanity, we also protect society.

“Then there is peace and hope.

“There is rarely truth if an opinion is one-sided. The truth is always in the context. There is always a story before what takes place. There is more to a story than what you see.”

Wat kan gewone mense doen om feite na te gaan? vra mense vanuit die gehoor toe sy klaar gepraat het.

Lees baie, lees wyd, sê sy.

Hou net aan om rustig die vrae te vra wat jy wil stel.

As iemand sê ’n mite is die waarheid, moet jy aanhou vra: Waar lees jy dit? Watter navorsing het dit getoon? Wie het so gesê? Wat is daardie individu se agtergrond en sy opleiding?

“Have you read the judgment? Keep questioning.”

Ons praat ’n paar woorde op die parkeerterrein voor sy vertrek.

“There is always context,” sê sy vir my. “You always have to look for the story which happened right before the story …”

...........
En vergeet van jou eie agenda, voeg sy by. Ons almal moes al ’n berig skryf oor iets waarmee ons nie saamstem nie. ’n Berig wat dalk jou grootste vyand se saak sal ondersteun. Soek net die waarheid.
.............

En vergeet van jou eie agenda, voeg sy by. Ons almal moes al ’n berig skryf oor iets waarmee ons nie saamstem nie. ’n Berig wat dalk jou grootste vyand se saak sal ondersteun. Soek net die waarheid.

Dis meer ingewikkeld om ’n joernalis te wees as om ’n digter te wees, sê ek vir haar. Jy moet baie vinnig in een nuusberig die hele werklikheid in ’n sin of twee kan opsom.

Sy knik.

“History in a hurry,” is Karyn Maughan se afskeidswoorde aan my.

Met hierdie woorde stap sy na haar motor wat voor SASNEV in Pinelands geparkeer staan.

Jy sal die waarheid ken, en as jy dit nie ken nie, moet jy aanhou soek. As dit jou nie vry maak nie, sal dit iemand anders vry maak.

Karyn Maughan se boek I will not be silenced het pas by NB-Uitgewers verskyn.

Lees ook:

Persverklaring: ’n Oop uitnodiging na PEN Afrikaans se simposium oor persvryheid en die reg om te skryf

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top