Persverklaring: ’n Oop uitnodiging na PEN Afrikaans se simposium oor persvryheid en die reg om te skryf

Sluit asseblief by PEN Afrikaans aan vir ’n beraad op 16 November by SASNEV in Pinelands. Belangstellendes kan gerus vanaf 09:30 arriveer vir ’n koppie tee of koffie vooraf. Die verrigtinge begin om 10:00 en ons sien uit daarna om saam te dink en te praat oor ’n aantal kwessies wat plaaslike skrywers, joernaliste en uitgewers raak. Die gesprekke sal ook op YouTube uitgesaai word.