Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
4 November
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Oktober
Resensie: Heruitgawe steeds in die kol
Stefan Schutte resenseer Die hol gevoel deur RR Ryger
Resensie: Blik op die renosteroorlog
Anschen Conradie resenseer Contraband deur De Wet Potgieter
Resensie: Boek ’n tydsdokument teen die moerigheid
Ilza Roggeband resenseer Troep deur Bun Booyens
5 November
Boeke: Kom Joburg teater toe en bring ’n boek vir kinders met kanker
Boeke: R60 000 op spel in Lapa se kompetisie vir jeugromans
8 November
Uittreksel: ‘Oorgeërfde waarhede oor Afrika moet bevraagteken word’
Deur Bronwen Everill
Boeke: Salas | SJ Naudé wen nog ’n prys vir ‘Van vaders en vlugtelinge’
11 November
Resensie: Steeds geen pretensie, genadiglik meer beheer
Danie Marais resenseer Hoe ek dit onthou deur Francois van Coke en Annie Klopper
Boekevat: Toe die wêreld ánders en tog dieselfde was
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: Rou menslikheid oorrompel
Francois Bekker resenseer Die katartiese metode deur Jaco Fouché
Resensie: Waarlik verbysterend goed
Jonathan Amid resenseer Playground deur Richard Powers
Uittreksel: Mathews Phosa: ‘Ja, Ghaddafi het geld aan die ANC geskenk’
Onderhoud: Is dit hy? Ja, dis Ian Roberts, en hy praat oor sy kleurvolle boek
Deur Elretha Britz
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:
Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk
Belle, met die hart vol blomme deur René van Zyl: ’n resensie van ’n waardige Romanza-wenner
Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk
Die gestaltes wat in ons aanwesig is deur Frik de Beer: ’n resensie
Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
The South African keto and intermittent fasting cookbook, ’n resensie
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n onderhoud
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 November
Resensie: Miniatuur deur Johann de Lange (resensent: Nini Bennett-Moll)
Resensie: Hans hou bruilof deur Rudie van Rensburg (resensent: Emile Joubert)
10 November
PEN Afrikaans essay: Eben Venter skryf: “Die renoster weet. Doen jy?”
Resensie: Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Chakalaka uit ’n blikkie deur Sandy Schoeman (resensent: Magdel Vorster)
17 November
Resensie: Swyg deur Erla Diedericks (resensent: Riette Rust)
Resensie: Oor jou dooie liggaam deur François Bloemhof (resensent: Jonathan Amid)
24 November
PEN Afrikaans essay: Lynthia Julius wonder hoe ’n mens skryf as die armoede jou jaag
Resensie: ’n Vrou staan op deur Ilse Verster (resensent: Trisa Hugo)
Die volgende resensies en onderhoude het in November onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
6 November
Daniel Hugo ontsluit digkuns met ‘Vers en kapittel II’
“Die lees van gedigte is vir my nie ’n suiwer akademiese oefening nie – dit is ’n onontbeerlike deel van my bestaan.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/daniel-hugo-ontsluit-digkuns-met-vers-en-kapittel-ii/
7 November
Erla Diedericks se ‘Swyg’ ’n topverkoper
“Ek dink nie mens moet voorgeskryf word wat jy kan en nie kan skryf nie, en dat jy net moet skryf wat jy wil skryf.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/erla-diedericks-se-swyg-n-topverkoper/
12 November
Boekoorsig: ’newman se voëls volgens kleur’
“Newman se voëls volgens kleur” is die ideale geskenk as ’n gids vir enige natuurliefhebber wat graag ’n nuwe stokperdjie wil beoefen.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-newman-se-voels-volgens-kleur/
13 November
‘Donker water’ ’n realistiese weergawe van polisieduikers se werk
“Niks is oordryf vir effek nie – dis wat die duikers my vertel het en hoe die foto’s in my patologieboeke lyk.”
15 November
Lesersindruk | Bogstories, ander leuens oor SA hier vasgevat
Daar is 50 eg Suid-Afrikaanse bogstories, mites en leuens – soms laat die stories jou lag of jou kop in ongeloof skud, en soms is dit selfs ’n bietjie skrikwekkend.
17 November
François Bloemhof daag homself, lesers uit met wiedoenit-reeks
“Ek het in ’n stadium net te veel van dieselfde stories gelees. Net soos wat daar met liefdesverhale en ander genres ’n resep gevolg word.”
22 November
Julio Agrella boei met aweregse Zeus-reeks
“Op my eie manier het ek probeer om die genre te vernuwe en ook, in ’n mindere mate, te ver-Suid-Afrikaans deur ons sosio-ekonomiese toestand in ag te neem.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/julio-agrella-boei-met-aweregse-zeus-reeks/
24 November
Boekresensie | ‘Die onsigbare’ deur PJO Jonker
Benewens vertroudheid met boerdery is dit Jonker se noukeurige beskrywing van die binnewerkinge van die kerk wat opval in “Die onsigbare”, skryf Johan Myburg.
Lees die resensie: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-onsigbare-deur-pjo-jonker/
24 November
Luister | Kroos lei Felicia Snyman-du Toit na kinderboekwêreld
“Vandat ek elke aand saam met my kinders lees, het ek mettertyd begin dink aan stories wat ek self graag saam met hulle sal wil lees.”
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-kroos-lei-felicia-snyman-du-toit-na-kinderboekwereld/
30 November
Lesersindruk | Renjaer glo in krag van volharding
Op ouderdom van 18 maande is daar vir die Britse renjaer, Nicolas Hamilton, se ouers gesê hy sou altyd in ’n rolstoel vasgekluister wees.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-renjaer-glo-in-krag-van-volharding/
30 November
Luister | Willie Spies optimisties oor ‘eierigting’ in SA
“Dit is ongelooflik opwindend, want as jy jou eie ding op jou manier doen dan word dit hanteer soos wat dit jou pas.”
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-willie-spies-optimisties-oor-eierigting-in-sa/
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
4 November
Deborah Steinmair: Liefde, vriendskap, verraad en vergelding
Kerneels Breytenbach: Lekker was nog nooit sleg nie
Joan Hambidge: Wroeging in die groewe van akademia
8 November
Deborah Steinmair: Kwik, Zam-Buk-salf en geblikte chakalaka
Kerneels Breytenbach: As idees soos virusse in ’n epidemie versprei
Deborah Steinmair: Yskoue moord en warm medemenslikheid
15 November
Deborah Steinmair: Wolwe en die stil geweld van drome
Kerneels Breytenbach: Tucci smul aan roereier met ansjovis
Joan Hambidge: Charlie Brown en humor wat tel
22 November
Deborah Steinmair: Groteske gruwel, galgehumor en snaarstywe spanning
Deborah Steinmair: Wegloop met ’n teddiebeer en heel word onder ’n lappeboom
Kerneels Breytenbach: Waar Paul Simon die wortels van ritme gaan uitgrawe het
29 November
Deborah Steinmair: Vat jy aan die mot se vlerke, gee dit ’n gefladder van goud af
Deborah Steinmair: Kacsa, die eend, en die ou strydros Rebus
Joan Hambidge: Seks gaan oor niks en word gekanselleer
Kerneels Breytenbach: Om 16 dagbreke in ’n enkele dag te beleef
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 6 November
Sakejoernalis TJ Strydom gesels oor sy boeke oor drie leiers in die sakewêreld: Christo Wiese (Risiko en rykdom), Koos Bekker (Bekker’s Billions) en Capitec: Stryd met die grotes. Skrywer en letterkundige Jeanette Ferreira vertel van die boek wat haar lewenslank sal bybly. AJ Opperman vertel meer oor die digter Bibi Slippers wat onlangs verjaar het. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer hoor oor Melissa Lucashenko, die Bollinger Everyman Wodehouse-prys vir humoristiese boeke (waar skrywers oa meeding om ’n vark na hulself vernoem te kry) en A City On Mars, wat onlangs met die Royal Society Trivedi-wetenskapprys in Brittanje bekroon is.
Woensdag 13 November
Luister na ’n heruitsending van Bettie Kemp se 2004-hoorbeeld oor Antjie Krog en haar ewe bekende ma, Dot Serfontein. In Johan Myburg se internasionale boekenuus stel hy ons voor aan die skrywer Rachel Cusk. Haar roman, Parade, is pas met die Goldsmiths-prys bekroon. Jy kan ook meer uitvind oor Hanif Kureishi se outobiografiese boek, Shattered, wat handel oor ’n val wat hom verlam gelaat het. Johan vertel ook meer oor Gabriel’s Moon, ’n nuwe roman uit die pen van William Boyd.
Woensdag 20 November
Ilse Salzwedel gesels met Bettina Wyngaardt oor Wat sê Bettina?, ’n bundel met ’n keur uit haar LitNet-rubrieke. Joernalis AJ Opperman vertel meer oor die bekroonde skrywer, digter, dramaturg en akademikus Marlene van Niekerk. Ilse Salzwedel gesels met Jeretha van der Merwe van die Kleinmond-leeskring. Johan Myburg gesels oor die wenners van die plaaslike Sunday Times-pryse, en stel ons voor aan Samantha Harvey wie se roman, Orbital, verlede week met die Bookerprys bekroon is. Kom vind uit wat is romanatasie, en hoekom jonger lesers dit so geniet. Johan vertel ook meer oor die wenners van die Kirkuspryse.
Woensdag 27 November
Breyten Breytenbach was een van die invloedrykste letterkundige figure in Afrikaans. Hy was wêreldberoemd as aktivis, digter, skrywer en skilder. Maar hy was ook iemand se man, pa, seun en broer. ’n Vriend en mentor vir baie. In hierdie huldeblyk gesels die skrywers Justin Fox, Theo Kemp en Kerneels Breytenbach oor hulle vriend en mentor, en Brenda Breytenbach (sy broer Cloete se weduwee) onthou haar swaer. Anne-Ghret Erasmus-Coetzee, kurator van die Breytenbachsentrum op Wellington en weduwee van die letterkundige Ampie Coetzee, gesels oor hulle jarelange familievriend. Mede-digter Joan Hambidge groet Breyten met ’n spesiale gedig.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 5 November
Digter Lynthia Julius gesels oor haar digbundel, Kinderlê. Haar eerste bundel, Uit die kroes, het in 2020 verskyn. In hierdie tweede versameling is die gedigte nou ryper en meer deurleef. Sy praat openhartig oor haar tyd in ’n psigiatriese hospitaal, die vreugdes van ma-wees, maar ook die tragedies van menswees. En so tussendeur is daar lekker Nama-stapmusiek uit die Noord-Kaap waar Lynthia vandaankom.
Dinsdag 12 November
Sheila Cussons het gesê dat kunstenaars met ’n “primitiewe oog” na die wêreld kyk. Daarmee het sy bedoel: die oopheid, die verwondering wat ’n kind nog het. Luister na gedigte oor skilders, etsers en beeldhouers wat dinge ánders gesien het. Die voorleser is Hannah Borthwick.
Dinsdag 19 November
Sophia van Taak gesels met Alwyn Roux, ’n dosent aan UNISA se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, oor sy eerste digbundel, Weerskyn, wat vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn het.
Dinsdag 26 November
Rudolph Willemse, ’n digter van Riebeek-Kasteel, gesels or sy derde bundel, Swartland, wat onlangs by Turksvy Publikasies verskyn het. Saam met sy vorige twee bundels, Kweekskool en Middelman, vorm dit ’n trilogie waarin die digter sy verskillende lewensfases verken.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in November verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Michael Green oor sy rugbyboek, Stryd van die reuse
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Elize Parker oor Waar die doringbome sing
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Louisa Treger oor The Paris Muse
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Susan Coetzer oor Haas en Harriët
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Zelda la Grange oor What Nelson Mandela taught me
Resensie: Irma Steffens resenseer Die onsigbare deur PJO Jonker
Resensie: Irma Steffens resenseer Die keiser se duim deur Chris Karsten
Resensie: Sarel van der Walt resenseer The Super Cadres deur Pieter du Toit
Resensie: Irma Steffens resenseer Christien Neser se Mieke-reeks
Uittreksel: Capitec, Stryd met die grotes deur JJ Strydom
Uittreksel: Lewensgids vir mans deur Heinz Winckler
Uittreksel: Lewensgids vir vroue deur Aletté-Johanni Winckler