Borrelgom deur Jana du Plessis Müller: ’n resensie

Borrelgom is ’n grootwordverhaal wat hoofsaaklik fokus op gesinsverhoudinge en vriendskap teen die agtergrond van ’n baie lelike olifant in die vertrek, naamlik seksuele gereedmaking en teistering. Sonder enige veroordeling of moralisering slaag die skrywer baie goed daarin om haar boodskap sensitief en met genoeg lig en hoop oor te dra.”