Peter Snyders (1939–)

  • 0

Gebore en getoë

Peter James Snyders is op 14 November 1939 in Wynberg in die Kaap gebore. Hy word groot in Wynberg en Athlone. Sy pa het Kaaps gepraat en nie hy of Peter se ma was geleerd nie. Peter was ’n briljante leerling op skool en SV Petersen was sy skoolhoof. Hy skryf in 1957 matriek aan die Hoërskool Athlone en verwerf ’n beurs om as hom aan die Universiteit van Kaapstad as mediese dokter te bekwaam. Hy moet dit egter van die hand te wys om te gaan werk om die pot aan die kook te hou.

Peter vertel self dat dit sy lus vir koek was wat gemaak het dat hy begin skryf het: “Ons het by die skool gereeld konserte gehou en as jy iets kon voordra of opvoer, kon jy ’n stukkie koek kry. Ons was maar arm en daar was in elk geval nie TV nie, met die gevolg dat ons maar na my ma se stories moes luister. Ek het dié stories altyd verdraai, ’n stertjie bygelas en dit dan by die skool opgevoer. En siedaar, ek is by die koekbord,” vertel hy aan Nico van Gijsen. (Rapport, 24 Maart 1985)

Hierna begin hy briewe skryf, ook uit nood, want hy het sakgeld gesoek en ’n sekere koerant het briefskrywers beloon as hul briewe gepubliseer word. Op sestien het hy sy eerste kortverhaal geskryf en is dit gepubliseer. Aanvanklik skryf hy in Engels, totdat hy op ’n dag besluit om in die toekoms te skryf oor die mense wat hy ken en om te skryf soos hulle praat.

Verdere studies en werk

Peter studeer BSc (Chemie) aan Unisa, maar staak sy studies. Hy registreer later weer by Unisa en voltooi kursusse in Engels, Afrikaans-Nederlands en Musiekgeskiedenis. In 1989 verwerf hy sy BA-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland. In 2002 werk hy aan ’n MA in Skeppende Kunste aan die Universiteit van Kaapstad.

Hy werk meestal as senior laboratoriumtegnikus by verskeie maatskappye, maar vanaf 2002 skryf hy voltyds.

Peter is getroud met Francis.

Peter is ’n ywerige liedjieskrywer in Afrikaans en Engels en vertaal die liedjies in Nederlands. In 1970 behaal hy drie plekke in die top twintig met liedjies wat hy inskryf vir die internasionale Durban Song Festival. In 1966 en 1976 sien twee musiekplate deur hom ook die lig. Peter skryf ook en is die regisseur vir liedjies vir twee orkeste en ook verantwoordelik vir die opneem daarvan. Hy het musiek onder Merton Barrow studeer.

Peter skryf meestal in sy moedertaal, Kaaps. Hy ken al die reëls van sy eie taal, en al is hy ’n kenner van Afrikaans en Linguistiek, is Afrikaans steeds vir hom ’n taal wat dikwels met sy eie taal bots. As hy in Kaaps skryf, is hy nie onseker van homself nie. Onder die tale wat hy studeer het, is Afrikaans, Engels, Kaaps, Nederlands, Duits, Xhosa en Khoi.

Peter verskyn in die laat sewentigerjare skielik op die toneel van die Afrikaanse letterkunde. Hy verduidelik aan Nico van Gijsen: “In 1976 skryf ek my gedig ‘Strandfontein’ in vir die My Poem-kompetisie, maar weet nie in watter taalkategorie nie. Ek skryf dit toe maar in vir die Kategorie Vreemde Tale. Die aand met die toekenning ontvang ek nie net aanprysing nie, maar word daar vir my gevra om die gedig ook voor te dra. Adam Small vra hom vir nog gedigte, want hy wou dit laat inskryf by die Afrikaanse Skrywersgilde se vergadering. Ek lê toe vyf gedigte voor en al vyf word summier aanvaar.”

By die beraad van die Afrikaanse Skrywersgilde in Gordonsbaai in 1977 lees Peter van sy gedigte voor.

Sy werke word in verskeie literêre en semiliterêre tydskrifte, “little magazines”, “house magazines” en koerante gepubliseer, soos Standpunte, Contrast, Spado, Graffiti, Ensovoort, Beeld en Die Burger.

In 1980 debuteer hy in Uitgewery Skoppensboer se versamelbundel Brekfis met vier saam met Daniel Hugo, Etienne van Heerden en André Le Roux du Toit wat in 2005 weer deur Human & Rousseau uitgegee word.

Peter Snyders het die gewone mens op die Kaapse Vlakte bereik deur sy eenpersoonsvertonings waar hy van sy gedigte voorgelees het. Dan was daar ook sy sitkamer-teater. Hy het heelparty van sy dramas, soos Lindie! Lindie!, in die sitkamers van mense opgevoer, vertel hy aan Melvin Whitebooi in Volksblad: “Ek het gevoel dat die gewone mens nie teaters toe kom nie. Baie goeie werke word opgevoer, baie wat veral uit die lewe van gewone mense gehaal is. Toe het ek besluit, as hierdie mense nie na die teaters toe kan kom nie, waarom kan die teaters nie na hulle toe gaan nie. Ek en ’n groep toneelspelers het toe dramas in die mense se huise gaan opvoer.

“Dit was pret. Verbeel jou, hier sit die mense so asemhaal-naby aan jou. En jy pas maar die drama aan by die soort sitkamer waar jy dit opvoer. Dit is seker een van die min kere dat ’n akteur werklik só intiem met sy gehoor voel.”

Peter se veelsydigheid word verder bewys deur sy bydrae tot die toneelkuns. Sy eerste vollengte-drama, Elke ou storie, word in Februarie 1979 op die Kaapse Vlakte en in Junie 1979 in Die Volksruimte op die planke gebring. In Oktober/November 1979 word dit onder sy oorspronklike titel, Political joke, in Die Volksruimte opgevoer. Die hooftema word gebruik in Mavis Taylor se revue The final sting of the dying wasp. (Volksruimte, Augustus 1979)

Peter vertel aan Hein Willemse dat die uitgewer die woord “kak” in Political joke wou vervang: “Hulle sê as jy dit een of twee keer gebruik is dit miskien orraait, maar as jy dit vier of vyf keer gebruik, is dit nie nodig nie. Ek skrywe terug: ‘Elke keer wanneer die karakter dié woord gebruik, beteken dit iets anders. “Jy vang nou weer jou kak aan” is anders as “ek voel lekker kak” of “Hy vat my vir ’n kak”. Dis verskillende kakke. As jy ’n woord kan kry wat so treffend is, by all means change dit maar.’ Toe die ding gepubliseer is toe is al die kak daar!” (Die Burger, 14 November 2009)

Verskeie ongepubliseerde dramas volg uit sy pen, soos Violations, wat in 1986 in die Baxter-teater opgevoer is met Denise Newman en Vinette Ebrahim in die hoofrolle. Oor Violations vertel Peter Snyders aan Die Burger (11 November 1986) dat Violations gaan oor geraamtes wat enige mens in sy kas mag hê, nadat die verslaggewer hom gevra het of hy met Violations nie dalk vir die bekeerdes preek nie: “Daar bestaan nie so ’n mens, ’n bekeerde, wat Violations betref nie. Wat wel ’n gevaar is, is dat die gewone township-mens nie die opvoering kan bekostig nie. En tog is die stuk aktueel vir alle mense, rasse, klasse.”

Of sy stuk gesien kan word as deel van ’n poging om kommunikasie tussen alle groepe te bevorder: “Violations gaan nie op sigself oor kommunikasie tussen groepe nie. Dit is eerder die belewenis van geskonde mense. As die gehoor die innige emosie kan beleef, dan bestaan daar die moontlikheid dat die wêreld ’n klein bietjie mooier kan word.”

Oor die ontstaan van Violations vertel Peter aan Melvin Whitebooi in Rapport: “Eintlik het ek vergeet van my voorneme om ’n play van my in die Baxter-teater opgevoer te sien. Ek het maar net aangehou om my gemeenskapsteater te skryf. My stukke het al hoe sterker en dus ook al hoe moeiliker geword vir die gewone township-toneelspelers. Ek het gevoel ek sal eendag op ’n tema en karakters afkom wat eintlik vir beroepspelers bedoel is, al is dit nog gemeenskapsteater.

“’n Jaar of twee gelede het ek eintlik baie spontaan aan Violations begin skryf. Ek het dit laat lê en later weer herskryf. Ek het geweet dat die stuk nog nie heeltemal reg was vir opvoering nie. Maar ek weet ook dat daar nie ’n ding soos die perfekte stuk is nie. Dus pleks van om nog ’n paar verwerkings te doen, het ek hom nog ’n keer herskryf en na die Baxter-teater gestuur. Voor ek dit gedoen het, het ek (soos ek altyd doen) die stuk se waarde getoets deur die stuk vir ’n klompie beroepsmense voor te lê. Die reaksie was belowend. Waarom my stuk só die persoonlike aandag en medewerking van John Slemon, algemene bestuurder van die Baxter, ontvang het, weet ek nie. (...)

“Dit was baie harde werk. Ek weet nie of ek al ooit só hard gewerk het nie. Gelukkig was ek met verlof. Dit was ’n kwessie om soveel dinge te huisves en nogtans die struktuur en al die dinge wat ’n skrywer – ’n goeie skrywer – in sy werk behoort te hê, te behou. Ek moes die stuk onder geweldige druk herskryf. En selfs ’n derde keer om al die fyner nagedagtenis op te neem.”

Peter en sy dramagroep, The Unison Players, het in 1982 gerepeteer aan sy drama The boys and the birds. Hy het ’n kontrak met ’n bekende wynsaak onderteken om amateurdrama onder bruin mense in die Wes-Kaap te bevorder. Hy en vier ander bruin dramaturge het onderneem om elk van hul beste drama op te voer wat deur die wynsaak met R10 000 geborg is. En The boys and the birds was Peter se keuse.

In 1983 word sy drama Waak oor ons huis bekroon met die prys vir die beste oorspronklike teks in die Departement van Binnelandse Sake se Toneelfees. Die oorspronklike titel was Min genade. Min genade is in 1987 in die Nico Arena opgevoer. Marianne Thamm van die Cape Times het aan Peter gevra of hy ’n bietjie senuagtig was om dit in die staatsgesubsidieerde Nico Arena op te voer. Peter was bly dat Thamm dié vraag aan hom gevra het, aangesien hy meen dat die stigma van die verlede nie meer relevant is nie: “When it comes to drawing a fine line between what is part of the state and what is not, it becomes very difficult. Schools are state subsidized, social workers are state paid – but they try and do good where they can.”

Peter was ook in sy skik dat die destydse Nico Malan (vandag Kunstekaap) ’n belangstelling getoon het in gemeenskapsteater: “I know they have tried to become more blue collar, so to speak. They may have internal problems with bureaucrats who are not artists but in my personal dealings with them I have found no problems.”

Min genade is gegrond op ’n ware verhaal wat in Brackenfell begin het met ’n maatskaplike werker as hoofkarakter. Sy was so gefrustreerd met die wette wat veronderstel was om mense te help, maar uiteindelik net hindernisse geword het. Sy het Peter genader oor die geval – en hy was maar te bly om dit op die verhoog uit te beeld: “I see drama in everything – it is the human side that touches me, that inspires me to write. If people want to label it then they are free to do so.”

Hy verskyn gereeld by die KKNK en die Woordfees op Stellenbosch, waar hy van sy poësie voorlees. Van sy dramas is al opgevoer in Die Volksruimte, Baxter-teater, Artscape Teater en Staatsteater en op die Kaapse Vlakte.

Peter Snyders se eerste digbundel word in 1982 gepubliseer onder die titel ’n Ordinary mens. Die voorlopige titel was ’n Ordinary man. Daar is veertig gedigte in die bundel wat gekies is uit ’n groot aantal verse wat Snyders aan Tafelberg voorgelê het. Die hooftema van die bundel is die lewe van die gewone bruin mens, asook die onluste van 1976.

Peter vertel aan Melvin Whitebooi (Volksblad, 18 September 1982): “Ek stel dinge soos die gewone man op die Kaapse Vlakte dit stel. Om dit reg te kan doen, vermy ek boektaal. Ek verskaf ’n onmiddellikheid en distansieer my van die literêre gode. Sommige van die gedigte in ’n Ordinary mens is beslis nie sober nie. Nog minder is hulle underground of avant-garde nie. Ek weet self nie waar my werk inpas nie, behalwe dat dit miskien aan die kant van underground, avant-garde, punk rock en wetenskapfiksie staan, al het dit niks met daardie dinge te doen nie. Ek wil net doodgewoon wees en skryf oor my en my medemens se gewoonheid.”

Barrie Hough het in Beeld (31 Januarie 1983) só oor ’n Ordinary mens geskryf: “Hierdie debuutbundel is seker een van die opwindendste wat die laaste paar maande verskyn het. Peter Snyders het ’n fyn waarnemingsvermoë en ’n uitsonderlike oor vir alledaagse spraakritmes. Soos Adam Small is hy een van die weinige en briljante vertolkers van Kaaps – daardie ryk en lewenskragtige dialek waarsonder die Afrikaanse kultuur veel armer sou gewees het.

“Hoewel Snyders skryf in ’n tradisie wat Small gevestig het, skryf hy vanuit ’n ander politieke era – na 1976 – en is sy benadering teenoor die lewe en die problematiek waarmee hy as digter te kampe het, uiteraard anders. Sy spektrum is breër as dié van Small en daar is ’n objektiwiteit en humor in sy verse wat die koestering van pyn of selfbejammering haas onmoontlik maak. (...) Peter Snyders se stem is ’n belangrike, nugtere stem wat die polsslag van ’n hele geslag artikuleer.”

En in Transvaler van 22 November 1982 het Jeanette Ferreira haar resensie van ’n Ordinary mens só afgesluit: “Nie sonder vele tekortkominge nie, maar ook nie sonder die aangename verkwikking van die loslitspreker wat uit die mond uit, van die straat af, praat nie. Snyders se poësie moet in eie reg erken word, dit sneuwel voor die aanslae van ‘heavy poetry’, maar verdien onmiskenbaar ’n eie plek, ook buite die Kaapse Vlakte.”

In 1983 word Peter Snyders se Political joke – eerste opvoering in Oktober 1979 in die Volksruimte – deur Perskor in boekvorm uitgegee. Peter het aan Mohamed Shaikh van Rapport laat blyk dat hy baie in sy skik was oor dié drama wat in boekvorm uitgegee is: “Nou kan dit meer mense bereik as wat anders moontlik was. Dit is vroeër in die Volksruimte opgevoer, maar slegs sekere mense kon dit bywoon. Nou is dit tot almal se beskikking, en meer mense kan dit opvoer.”

Oor die inhoud, het Peter uitgebrei: “Ek het net die realisme van ons situasie gebruik en dit probeer uitbeeld. Dis op ’n baie onkonvensionele wyse gedoen – gespreksdrama wat afspeel in ’n smokkelhuis (shebeen).

“Ek het die karakters gebou op die werklikheid. Hulle bestaan iewers, maar daar is geen noemenswaardige ontwikkeling van die karakters nie. Ek het hulle doelbewus in ’n smokkelhuis geplaas sodat hulle gestroop staan van alle inhibisies. In ’n sin word dit ’n satire van die alledaagse verwysings waarmee ons leef.”

Joan Hambidge het soos volg oor Political joke geskryf (Beeld, 16 Julie 1984): “Dié drama – wat inderdaad ’n gespreksdrama is – behandel die hele vraagstuk van apartheid, maar vir ’n slag vanuit die perspektief van jong, siniese ‘Kleurlinge’. (...) Op ’n ironiese wyse word die ‘political joke’ waarbinne die sprekers vasgevang is, ontleed. Skrikwekkend – veral as ’n mens rassistiese grappe in gedagte hou wat daarop uit is om mense te verneder.

“Politiek word in Political joke semanties ontgin, gesien as ’n blote woordspeletjie. Die leeservaring is interessant – ’n mens wonder tog hoe dit op die verhoog sal werk?”

André P Brink (Rapport, 15 Julie 1984) het geskryf: “Geoordeel as gesprekdrama, is Political joke, Peter Snyders se debuutstuk vir die verhoog, sprankelend genoeg om mens van dié skrywer nog heelwat te laat verwag.”

In 1999 word Political joke tydens die KKNK op Oudtshoorn opgevolg met nog so ’n “gespreksdrama” wat Peter Snyders in 2000 self publiseer onder die titel Political joke 2 (Daai’s nou politiek).

Fanie Olivier is van mening dat hierdie tweede stuk nog skrapser ingeklee is as die eerste een en dit is beperk tot net Sammy en Ralph: “Hulle was ook die sentrale figure (maar nie die enigstes nie) in die eerste grapaanslag, sodat ’n mens hierdeur gedwing word om die teks van toentertyd te betrek by ’n omvattende kritiese gesprek, ook polities. (...)

“Die werklikhede wat Snyders spottenderwyse onthul en dwaashede wat hy aan die kaak stel, maak van Political joke 2 ’n belangrike maatskaplike en politieke dokument, maar nog nie ’n goeie drama nie. (...) Die opvoering van so ’n dubbelloop behoort toegelig te word met geprojekteerde fotomateriaal en klankbeelde, sodat die grimmige waarhede rondom die ‘social engineers’ van alle tye voorop kan kom staan.

“Die beitel waarmee Snyders hier werk, klink mooi, maar moet dringend geslyp word as dit die koue klip van die verskillende tipes vooroordeel in ons samelewing wil breek. Maar selfs in sy huidige vorm is dit ’n stuk gereedskap wat lesers van Afrikaans gerus maar in hul knapsak kan saamdra.”

Peter Snyders was in Junie 1986 aan die woord in die reeks Woord en Kontrei op TV1. Daarin het hy vertel van die kontrei, die Kaapse Vlakte, waar hy gebore is en grootgeword het.

Die Unison Players het in Mei 1988 Peter Snyders se drama Die drein in die Nico Arena op die planke gebring. Dit is ’n greep uit die lewe van vier council werkers. “Ná ’n gehak en getak, in lewendige Kaaps, oor wie se beurt dit is om die drein skoon te maak, vind hulle iets aakligs (die lykie van ’n pasgebore baba) wat dien om hul deernis en menslikheid te toon.”

André le Roux het in Die Burger (24 Mei 1988) geskryf dat Peter Snyders met Die drein ’n verleentheid van vyftig minute op die verhoog geskep het. En Herman Fourie het in The Argus gesê dat die enigste iets goeds in Die drein is Million Dollar Legs se mini en klein Moegie se houding van ironiese vermaaklikheid.

Michael Venables het egter in die Cape Times (28 Mei 1988) geskryf: “It is a wryly comic, highly articulate piece of writing, given remarkable performances by four of its five cast members and imaginatively directed by Rob Amato.”

Snyders publiseer self sy volgende bundel in 1992 onder die titel ’n Waarskynlike mens. En TT Cloete is die resensent vir Beeld (3 Augustus 1992): “Die praattaal is aantreklik en het sy verrassende momente omdat dit iets eiesoortigs aan hierdie gedigte gee. Die praattaal en die fokus op ’n besondere sosiale groep alleen kan die gedigte egter nie laat slaag nie. Daar is meer as een gedig in ’n Waarskynlike mens wat eintlik op niks uitloop nie. Baie gedigte is, om ’n titel van een van die verse te gebruik, ‘op pad na nêrens’, sonder afloop of slotsom, en blote praat in praattaal, nog te praterig selfs. (...)

“Daar is egter goeie gedigte in Snyders se tweede bundel. Dit begin heel goed met ‘’n Waarskynlike mens’, pratend, spontaan, om terme van Snyders te gebruik, maar dan wel ook gedissiplineerd, soos enige goeie, vermeende spontane gedig moet wees. (...)

“En aards en gewoon, ordinary, is sekere gedigte wat met humor, ironie en satire die gewone lewe bo die hemelse lewe verkies. Daarvan is ‘Versagtende omstandighede’ ’n vlot en uitstekende voorbeeld. Die wêreld van die gewone mens word omvangryk in hierdie gedig geteken. (...) Dit is die verdienste van hierdie gedigte dat hulle nie vals romanties en idealiserend is ten opsigte van die gewone of waarskynlike mens nie – hy is immers waarskynlik. Die ironie loop sterk deur die gedigte, en die oog van die digter is in sy beste verse skerp en selfs genadeloos, ook ten opsigte van homself.

“Alles bymekaar ’n verdienstelike tweede bundel wat, ten spyte van die betreklik groot aantal swakker gedigte, sy verrassings het en in die beste gedigte ’n baie natuurlike poësie is, natuurlik in meer as een opsig, in die taalgebruik, in die profiel van die mense wat die digter teken, in sy voorkeur vir die ongekunstelde.”

Johann de Lange sluit sy kort bespreking van ’n Waarskynlike mens só af: “Die oorheersende indruk wat die bundel by die leser laat, is dié van skrilheid, van verse waarin die poëtiese, die subtiele opgeoffer word vir die meer onmiddellik ‘effek’, die statement. Om poësie te gebruik om die een of ander ideologie aan te val, is om dit sélf te laat vervlak tot ideologie.”

In 1993 verhuis Peter na Gauteng, maar in 2000 keer hy terug na die Kaap. Hy vertel vir Heindrich Wyngaard (Insig, November 2000) hoekom hy terug is Kaap toe: “Om te kom my kuns doen, te skryf. Die plan is nie om te werk tot jy 65 is nie – en die jaar daarna klop jy af nie. En ek het in elk geval nooit regtig ’n Gautenger geword nie. Ek kry my inspirasie uit die Kaapse Vlakte en ek het dit saam met my geneem Gauteng toe, selfs mense daar Kaaps geleer.”

Hy vertel ook vir Wyngaard oor sy werk as liedjieskrywer. Hy was baie tevrede met die altesame 947 liedjies wat hy tot op daardie datum geskryf het – 227 daarvan in Afrikaans. Lloyd Kerchhoff, sy vriend, is behulpsaam met die toonsetting van die gedigte: “All styles,” vertel hy verder aan Wyngaard. “Ballads, blues, moppies – you name it. Die songs kan ammil hits raak. Ons het ook ’n paar international hits. Maar ons gaan nie mense self record nie; jy sê net watse song jy soek en ons gee dit vir jou, of ons skryf spesiaal ene.”

Peter is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Skrywersvereniging, die Suid-Afrikaanse Draaiboekskrywersvereniging en die ANV Vereniging voor Taal en Cultuur. In 2003, tydens die derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium aan die Universiteit van die Wes-Kaap, lewer Peter ’n lesing oor Kaaps.

Peter se gedigte word deur Jan Deloof in Nederlands vertaal. Só verkeer Peter in goeie geselskap aangesien Deloof poësie uit agt tale vertaal het. En het Afrikaanse poësie ook ’n wêreldwye verhoog betree.

Germain Droogenbroodt se uitgewery was in 1995 die uitgewer van Peter se versameling poësie, Verzachtende omstandigheden / Versagtende omstandighede. Droogenbroodt het vertel dat hy die eerste keer met Suid-Afrikaanse poësie in aanraking gekom het tydens die Rotterdamse fees Poetry International: “Hier in Nederland en Vlaandere het ons jare lank slegs van (Breyten) Breytenbach en Elisabeth Eybers gehoor. (...) Toe die Vlaamse vertaler Jan Deloof my enkele gedigte van Peter Snyders laat lees het, wou ek dit dadelik uitgee. Die reaksies op Snyders se werk is uiters goed, wat byvoorbeeld blyk uit die positiewe berigte wat ek per e-pos ontvang. Die bundeltjie van Snyders was ’n bewys dat hier ’n publiek vir die Suid-Afrikaanse letterkunde is.” (Die Burger, 19 November 1997)

JC Kannemeyer het hierdie bundel van 18 gedigte van Peter Snyders vir Rapport geresenseer: “Oorsettings uit Afrikaans in Nederlands, sou die meeste mense dink, is seker die maklikste tipe vertalings denkbaar. ’n Mens kan jou egter met so ’n opvatting misgis, want juis die verwantskap tussen die twee tale kan die vertaler laat insluimer en oor subtiele verskille laat struikel. In die geval van Snyders se verse word dit moeiliker, want hy skryf ’n soort straatpoësie in die Kaapse Afrikaans van die bruin mense, dikwels met ’n fonetiese spelling wat vir ’n Nederlandse leser moeilik sal wees.

“Dit is ’n tipe poësie wat sterk aan dié van Adam Small verwant is, al toon Snyders eerder ’n voorkeur vir die anekdote en is die ritmiese kadans in sy werk minder markant. Hoewel ’n hele paar verse die onreg van apartheid as motief het, handel ’n groot deel van die bundel – met die oorspronklike tekste wat saam met die Nederlandse vertalings verskyn – meer oor die lief en leed van die daaglikse lewe en is sy verset mild van aanslag.

“In sy oorsettings het Deloof hom uitmuntend van sy taak gekwyt. In ’n kort Woord vooraf verskaf hy naas biografiese inligting oor die digter vir die Nederlandstalige leser besonderhede oor die tipe Afrikaans waarvan Snyders gebruik maak. Dalk kon sy verklarende aantekeninge vollediger gewees het, al bevat dit enkele wegwysers.

“In ’n tyd van hernieude belangstelling in Nederland en Vlaandere in Afrikaans moet die bundel van harte verwelkom word.”

Peter is ook genooi om op 24 en 25 Oktober 1998 aan die Nederlandse Stichting Dichter aan Huis se tweejaarlikse poësiefees deel te neem. 50 digters het deelgeneem aan ’n uitgebreide program waarby 50 privaat wonings in Den Haag betrek word. Die doel van die projek was om persoonlike kontak tussen digter en poësieliefhebber te bewerkstellig.

In 1998 word Peter saam met EKM Dido, Etienne van Heerden, Wilma Stockenström, Marlene van Niekerk en Marita van der Vyver deur die Nederlandse Taalunie genooi vir ’n skrywerstoer deur België en Nederland, waar hy ook deelneem aan die Winternachten Kultuurfees in Den Haag. Hy verteenwoordig Suid-Afrika ook in die Internasionale Poësiefees in die Suid-Afrikaanse ambassadeur se huis in Den Haag.

Peter Snyders het aan Gawie Keyser (Zuid-Afrika, Maart 1998) vertel dat hierdie fees hom die kans gebied het om as verteenwoordiger van Kaaps-Afrikaans uit die skaduwee van die groter Afrikaanse letterkunde te tree: “Jy’s nie net iemand wat saam met die baas gekom het nie. Dit was vir my duidelik dat die Nederlander die Afrikaanse dialek waardeer, dat hulle waarlik in die verskynsel belangstel. Nederlanders het te lank gedink Afrikaans is net ’n wit taal. Danksy feeste soos hierdie ontdek hulle dat dít nie die geval is nie. Hier groei ook die besef dat die oorlewing van Afrikaans nie net in die oorlewing van die blankes lê nie, maar veral ook in die bruin mense op die Kaapse Vlakte wat Afrikaans praat.”

Oor die mag van lag vertel Peter aan Sarenda Eloff-Vorster: “Ek’t mos ’n oog om dinge uit ’n ander hoek, ’n snaakse, satiriese hoek te sien. Onse Kaapse mense, ons lag mos vir alles, al sal party vir jou sê dit issie so nie. Ek roep dit onse lagmag – wanneer jy magteloos is, is al wat jy oor het, jou lag. Lag is onse kulturele wapen, jy kan iemand laat doodlag. Dis die wonderlikste manier om te sterf!

“En Kaaps is my lagtaal. Dis die gees waarin ek my stories wil oordra. Tafelberg se platgeit sou heeltemal nie so danig besonders gewees het as alle berge plat was nie. Met Afrikaans is dit dieselfde. Dis opnuut besonders in elke variant: Standaardafrikaans, Griekwa-, Rehoboth-, Namakwa-, en Kaapse Afrikaans.

“Ek is mal oor stories maak, maak my kop skoon. Die meeste van my stories is waar, soms lieg ek ’n bietjie van die waarheid. (...) En partykeer skryf ek myself vas, soos wat soms met Kopstukke, my rubriek in Die Burger, gebeur. Dan sê ek vir die karakter: Mannetjie nou moet jy jouself hier uitkry.” (De Kat, April 2001)

In 2002 word Peter se digbundel Tekens van die tye by Protea Boekhuis gepubliseer. Peter Snyders het met Anastasia de Vries oor Tekens van die tye gepraat: “Ek praattie vi’ ’n siekere groepie of vi’ Peter Snyders nie, my wêk gat oo ’n wêklikheid, allie pad realiteitsepie.”

En dan het De Vries geskryf: “En hy snoer die bestaansnood weens apartheid aan die sosiaal-ekonomiese problematiek van ’n demokratiese bestel: ’n geskiedskrywing in dig- en dramavorm.”

Hierop het Peter só gereageer: “Ek issie ’n reactionary nie, ek’s mee’ soes ’n ou wattie tiekens vannie tye opskrywe. En oek mee’ dramaturg as skrywer. (...) En nou’t ôs ’n demokrasie. Demokrasie: ôsse niewe godsdiens. Vrot, sê ik jou! Mee’ soes demoncracy.”

Peter het voortgegaan en gesê dat hy voel apartheid het mense se psige aangetas, en demokrasie is nou op dieselfde pad: “Toe ek begin skryf het, moes my werk ’n besem wees wat voor die deur van die bruinmense vee, sodat hulle hul trots, eiewaarde en menswaardigheid behou. Maar die grap duur voort,” het hy gesê, “en my bewusmaking nog steeds in ’n Afrikaans wat sy sprekers bestaansreg moet gee.”

En dan weer in Kaaps: “Wiedjy, as ek nou in ’n anne sootte van ’n Afrikaans geskryf het, wassik dalk mee’ eksistensialis as satirikus. Nou’s ek djollie. En dalk, ha-ha-ha, as ek in Ingels geskryf het, het ek die Nobelprys gewen, sê ek in ’n gedig.

“En dit pla my nie dat my kritici nie genoeg waardering het nie. Nêw-w-w-er! Ek skryffie iens vi’ hulle nie, soe ek liessie die goete wat hulle oo’ my wêk skryf nie. Miskien loep lies ekkit in my toilet!”

Philip John skryf in Die Burger (10 Junie 2002) dat Snyders se eerste twee bundels gelees is as kritiek op en protes teen apartheid, maar die publikasie van Tekens van die tye wat in ’n ander tyd uitgegee is, bied aan die leser die geleentheid om Snyders se digterskap op eie meriete te beleef en te beoordeel.

John skryf verder: “Een van die tekens van die tye wat die bundel bring, is dat Snyders se poësie nou ’n sterker middelklas-aard openbaar. Die openingsgedig, ‘’n Gemiddelde mens’, wys duidelik in hierdie rigting. ’n Vergelyking met die gedig ‘Mense moet kos maak’ met die oorspronklike variant in ’n Ordinary mens, maak ook iets van hierdie wending duideliker. Wat eerste opval, is dat die taalgebruik in die nuwe variant nader aan Standaardafrikaans beweeg het, ’n indruk wat deur die res van die bundel bevestig word. (...)

“Die ou Snyders is nog daar, en sy gedigte doen wat hulle in die apartheid-tye gedoen het: ongeregtigheid. Onregverdigheid en swaarkry word bekla en bespot. Wat wel verander het, is dat daar nie meer net een duidelike oorsaak van lyding, te wete apartheid, is nie. Die oorsake van die swaarkry waaroor Snyders in die nuwe bundel dig, is veel moeiliker vatbaar en diffuus – die sondaars is nou misdaad, ’n skeefgetrekte ‘demokrasie’ wat misdadigers bevoordeel, hebsug, korrupsie en so meer. In hierdie verband neig Tekens van die tye soms na die tweedehandse, omdat daar toenemend geput word uit mediaberigte oor misdaad en korrupsie en nie uit direkte ervaring, soos die geval met vorige bundels was nie.”

Vir Zandra Bezuidenhout (Rapport, 26 Mei 2002) is Tekens van die tye “’n soort maatskaplike fotogalery in digvorm. Diegene vir wie armoede en geweld, misdaad en ellende ’n alledaagsheid, selfs ’n leefwyse, geraak het, word in hul gewoonheid en lydsaamheid geportretteer. Dit is nie woedende, swartgallige verse van aanklag en verset nie; die digter laat die figure met ’n lig ironiese aanslag praat van die ongenade waaraan hulle blootgestel is. Sonder om sentiment te forseer, wek hy begrip en meelewing.

“Die verse van Peter Snyders behoort nie tot die ‘hoge’ letterkunde wat soms as moeilik en onverteerbaar beskou word nie. Meerduidige betekenisse, vormbeheer en ander verstegniese kriteria wat gewoonlik as maatstaf vir goeie digkuns aangelê word, val nie in besonder by Snyders op nie. Dis egter verse wat wyd aanspreek en roer en ’n lewendige, soms kostelike beeld gee van die eietydse wêreld wat sommige van ons ken, en waarvan ander nog net gehoor het. Snyders is veral lief vir die praatvers en die rymwoord en dis jammer dat meer mense hom nie kan hoor wanneer hy sy eie werk voorlees nie.”

En in Beeld van 24 Junie 2002 sluit Fanie Olivier sy bespreking van Tekens van die tye só af: “Tekens van die tye is een van daardie bundels wat sleutelvrae oor ’n digter se oeuvre oproep. Moet daar van ’n digter verwag word om met die jare te bly groei, te vernuwe, ander wêrelde te verken en in sy of haar werk te integreer? Of is dit ook ewe waardevol dat jy op jou vertroude ramkietjie voortspeel, kompromieloos aan jouself getrou, soos wat Peter Snyders dit oor baie jare gebly het? Hieroor moet elke leser, en elke wall-to-wall resensent self besluit.

“Dit bly nogtans bemoedigend dat Protea Boekhuis bereid is om hierdie gesprek moontlik te maak deur, weer eens, ’n keurig-versorgde bundel Afrikaanse gedigte uit te gee. So neem die uitgewer uiteraard ook deel aan daardie gesprek, maar ook aan ’n groter gesprek oor die Afrikaanse letterkunde self, met oortuiging deel.”

Peter Snyders oor ’n boek wat sy lewe verander het (Beeld, 16 Oktober 2000): “The way of Zen deur Alan W Watts is naas die Bybel die boek wat my as mens en kunstenaar die meeste rigting gegee het. Ek het geleer om nie my common sense te onderskat nie. In Nederland is gesê ek skryf absurde humor. The way of Zen het my toegelaat om hierdie soort humor met vertroue voort te sit. Watts sê oor Zen: ‘It has directness, verve, and humour, and a sense of both beauty and nonsense at once exasperating and delightful.’ (...)

“Zen se eerste beginsel is spontaniteit. Dit laat ’n mens toe om die lewe direk te verstaan; om natuurlik en on-self-bewus te wees soos lieflike klein kinders. (...) Die tweede beginsel is: Laat dinge hulself uitsorteer. Zen in die praktyk het aanvanklik neerslag in poësie en die beeldende kunste gevind. Deesdae is daar baie ander dissiplines waar Zen betrek word. Die boodskap is: Moenie dinge forseer nie; word een met wat jy doen. En pas toe die beginsels. Zen het my ’n meer aanvaarbare ervaring van God gegee.”

Peter Snyders vertel aan Hein Willemse in Die Burger oor die rol van die Suma (of oppermeesteres) in sy lewe: “You must give karma to those who wish to learn. Ek is spiritueel, maar nie ’n kerkganger nie. Religion is ’n beperkte ding. Dié (uitsprake): ‘Ek’s ’n Christen, óf ek’s ’n Muslim, óf ek’s ’n Jood ... en dié is my religion, en dit is die enigste ding wat daar is en almal die ander is verkeerd ... (staan my nie aan nie).’ Maar geestelikheid oorvleuel almal, sonder dat jy aan enige (godsdiens) behoort, dit gaan oor jouself.”

In 2008 is Peter Snyders genooi om saam met ander skrywers aan die Literair Festival Suriname deel te neem waarvan die tema “Satire en Spot, Spieëls en Lagspieëls” was. Winternachten het ook by die literêre gebeurtenis aangesluit. (Die Burger, 15 Oktober 2008)

Publikasies:

Publikasie

Brekfis met vier

Publikasiedatum

  • 1980
  • 2de uitgawe 2005

ISBN

  • 0908422601 (sb)
  • 0798145374 (sb)

Uitgewer

  • Bellville: Uitgewery Skoppensboer
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Hambidge, Joan: Tydsdokument ’n stukkie Africana. Volksblad, 23 Mei 2005
  • John, Philip: Hertaksering van entoesiasme en energie. Beeld, 6 Junie 2005

 

Publikasie

’n Ordinary mens

Publikasiedatum

1982

ISBN

0624017869

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • De Lange, Johann: Geen vordering ná Mêrim-en-die-kaalgat-perske. Vaderland, 25 November 1982
  • Dig-debuut vir Snyders. Die Burger, 9 Augustus 1982
  • Ferreira, Jeanette: ’n Verkwiklike bundel van ’n loslit-digter. Transvaler, 22 November 1982
  • Hough, Barrie: ’n Belangrike nuwe stem. Beeld, 31 Januarie 1983
  • Naudé, Magda: Oor die mense wat Kaaps praat. Oggendblad, 17 September 1982
  • Van Zyl, Ia: Eg Kaapse straatpoësie. Suidwester, 5 November 1982

 

Publikasie

Political joke: ’n gesprekdrama

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628026005 (sb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Bester, Koos: Snyders is sterk stem in SA. Vaderland, 5 Maart 1984
  • Brink, André P: Snyders se stuk sprankelende debuut. Rapport, 15 Julie 1984
  • Hambidge, Joan: Interessante leeservaring. Beeld, 16 Julie 1984
  • Pienaar, Erika: ’n Aantal temas in enkele dramas van die tagtigerjare. Stilet, Junie 2000
  • Shaikh, Mohamed: Hou liefs jou b ... Rapport, 22 Januarie 1984

 

Publikasie

’n Waarskynlike mens

Publikasiedatum

1992

ISBN

06200162732 (sb)

Uitgewer

Greenhaven: Unison

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Cloete, TT: Verrassings in Snyders se soeke na spontaneïteit. Beeld, 3 Augustus 1992
  • De Lange, Johann: Kort-keur. Rapport, 2 Augustus 1992
  • Garries, Gert: Snyders-peil dié keer nie so hoog. Die Burger, 20 Augustus 1992
  • Hough, Barrie: Lastige kwessies in dié boeke bekyk. Insig, September 1992
  • Malan, Lucas: Twee openbarende digters. De Kat, Desember 1992
  • Smith, Marietjie: Peter Snyders gee nie boedel oor. Volksblad, 2 November 1992
  • Toerien, Barend J: Digter in “Kaaps” vind tuiste in beskeie woonstelletjie. Die Burger, 21 Julie 1992
  • Van Zyl, Dorothea: Peter Snyders: ’n Waarskynlike mens. Afrikaans Stereo: Skrywers & Boeke, 17 September 1992

 

Publikasie

Verzachtende omstadigheden / Versagtende omstandighede

Publikasiedatum

1995

ISBN

9071152472 (sb)

Uitgewer

Altea: Point International Poetry & Correspondence

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Nederlands; vertaal deur Jan Deloof

Resensies en besprekings

  • Cloete, TT: Snyders-poësie in Nederland. Beeld, 19 Mei 1997
  • Kannemeyer, JC: Nederlandse vertalings van Snyders-werk verskyn. Rapport, 13 Julie 1997
  • Keyser, Gawie: Die digkuns word wêreldwyd uitgedra op die Internet. Die Burger, 19 November 1997

 

Publikasie

Political joke 2 (Daai’s nou politiek): ’n gespreksdrama

Publikasiedatum

2000

ISBN

09584112197 (sb)

Uitgewer

Greenhaven: Unison

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Britz, Elretha: Snyders se stukke voer gehoor lag-lag mee. Volksblad, 5 Junie 2000
  • Olivier, Fanie: Vir Afrikaans-leser se knapsak. Beeld, 9 Oktober 2000

 

Publikasie

Brunch met twee; saam met Clinton V du Plessis

Publikasiedatum

2001

ISBN

191989098X (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Contentlot.com

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Esterhuizen, Louis: Kordate tarting van hoofstroom. Die Burger, 17 September 2001
  • Grundling, Erns: Evangelis van die nihilisme. Rapport, 28 April 2002
  • John, Philip: Tweelingbundel kan onverwagte dividende lewer. Beeld, 8 April 2002
  • Nieuwoudt, Stephanie: 
    • Du Plessis se “rowwe” pen sonder illusie. Die Burger, 17 April 2002
    • Randfiguur laat hom nie voorsê. Volksblad, 1 April 2004
  • Odendaal, Bernard: Twee digters hou hul lyf prosaïs. Volksblad, 4 Februarie 2002
  • Pearce, Cecil: Twee digters span saam. Rapport, 8 Julie 2001

 

Publikasie

Tekens van die tye

Publikasiedatum

2002

ISBN

1919825568 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Bezuidenhout, Zandra: Betekenisvolle verse in gewone taal. Rapport, 26 Mei 2002
  • De Vries, Anastasia: Snyders toon ook tekens van tye. Boekewêreld, 27 Maart 2002
  • John, Philip: Tekens van tyd sigbaar in Snyders se verse. Die Burger, 10 Junie 2002
  • Olivier, Fanie: Op vertroude ramkietjie voortgespeel? Beeld, 24 Junie 2002
  • Pieterse, Henning: Poësie. Insig, Maart 2003

 

Peter Snyders as medesamesteller

  • Ek het ’n vis gesien en ander gedigte deur die studente van die Universiteit Stellenbosch. Saamgestel deur Peter Snyders en Louis Esterhuizen. Stellenbosch: Rapid Access Publishers, 2005 [ISBN 1919985131 (sb)]

’n Keur van artikels oor Peter Snyders

  • Afrikaanse digter na internasionale digkunsfees. Volksblad, 28 September 1998
  • Botha, Amanda: “Dis praat poësie, straatpoësie!” *(Maak kennis met die jonges). Transvaler, 12 Junie 1981
  • Breytenbach, Phillippa: Peter Snyders aan die woord. Vaderland, 25 Junie 1986
  • Britz, Elretha: Snyders se stukke voer gehoor lag-lag mee. Volksblad, 5 Junie 2000
  • De Vries, Willem: SA skrywers na Winternachten. Die Burger, 15 Oktober 2008
  • Eloff-Vorster, Sarenda: Affikááns is onse moer. De Kat, Augustus 2002
  • Fourie, Herman: Down the Drein (Die drein). The Argus, 27 Mei 1988
  • Fransman, Willem: Internasionale Moedertaaldag. LitNet, 26 Februarie 2014
  • Gedigte en jazz. Die Burger, 19 Oktober 1979
  • Grobler, Cobus: Bruin digter staan praattaal voor: gesels oor samestelling, skryf van drama. Volksblad, 24 Augustus 1998
  • Hugo, Daniel: Die vertaalbaarheid van gedigte in Kaaps. Stilus, September 2015
  • Jack, Lionel: Nuwe digter praat óns taal. Rapport, 29 Maart 1981
  • Kelder by Naln ingewy [foto]. Volksblad, 3 Junie 2000
  • Keyser, Gawie
    • Kaapse-Vlakte-poësie in luukse huis. Beeld, 30 Oktober 1998
    • “Selle storie, net annerster”. Zuid-Afrika, Maart 1998
  • Lag en traan van Snyders. Transvaler, 25 Junie 1986
  • Le Roux, André
    • “Ek skryf sonder intensie; ek preek nie”. Die Burger, 25 Februarie 1987
    • Snyders sal weer moet dink. (Die drein). Die Burger, 24 Mei 1988
  • Lewende legendes: Peter Snyders. OuLitNet
  • Maarman, Johann: Krag-verskoning ’n ou twakstorie. Volksblad, 25 Februarie 2019
  • Nuwe roman by Naln bekend gestel. Volksblad, 1 Junie 2000
  • Parker, Elize: Boekgesprek met Peter Snyders. Sarie, Junie 2002
  • Peter Snyders. Tafelberg-inligtingstuk
  • Rousseau, Leon
    • Donderpadda loop kop in die bos. Die Burger, 16 September 2003
    • Wie was die bitsige een? [brief]. Die Burger, 10 Oktober 2003
  • Short, Florence: Ready for the taal of the future? (Die drein). The Argus, 26 Mei 1988
  • Snyders gaan Nico toe (Die drein). Rapport, 8 Mei 1980
  • Snyders, Opperman plays for Nico (Die drein). The Argus, 2 Mei 1988
  • Só sien ek sake ... Die Burger, 11 November 1986
  • Thamm, Marianne: Human drama of life powers Peter’s pen (Min genade). The Cape Times, 25 Februarie 1987
  • Two new plays for the Nico (Die drein). The Cape Times, 29 April 1988
  • Van Gijsen, Nico: Snywers net waar jy gaan. Rapport, 24 Maart 1985
  • Van Rensburg, Juanita: Jy moet eers beleef voor jy kan skryf. Vaderland, 22 Oktober 1984
  • Venables, Michael: A wry play, full of patois (Die drein). The Cape Times, 28 Mei 1988
  • Vergubst, Nicolaas: Draining pathos in Kaapse patois (Die drein). Weekly Mail, 3–9 Junie 1988
  • Whitebooi, Melvin
    • Jong digter net ’n ordinary Volksblad, 18 September 1982
    • Pop met Melly. Rapport, 11 Mei 1986
    • Township-stuk in Baxter. Rapport, 12 Januarie 1986
  • Willemse, Hein: Snyders immer energiek. Die Burger, 14 November 2009
  • Writer to join exclusive body. Cape Herald, 2 Augustus 1980
  • Wyngaard, Heindrich: ’n Ordinary mens ... Insig, November 2000

Polemiek in Rapport ná Elhaivo se brief verskyn het

  • Elhaivo: Gedigte is absurd [brief]. Rapport, 12 April 1981
  • Henke, Isaac: Hy ken net Verseboek [brief]. Rapport, 26 April 1981
  • Leek van Mitchell’s Plain: Ná Small iemand wat praat van ons gemors [brief]. Rapport, 26 April 1981
  • Student van Penlyn: Snyders dalk ’n Breytenbach [brief]. Rapport, 26 April 1981
  • Willemse, Hein: Snyders het wel by poësie uitgekom [brief]. Rapport, 31 Mei 1981

’n Keur van artikels deur Peter Snyders

  • ’n Boek wat my lewe verander het. Beeld, 16 Oktober 2000
  • Die gees van Afrikaans [artikel]. Taalgenoot, Maart 2001
  • Die gesteelde TV [gedig]: bespreking. Klasgids, Oktober 2001
  • Ek is oek important [gedig]: bespreking. Klasgids, Mei 1998
  • Ek is oek important [gedig]: bespreking. Klasgids, Oktober 2002
  • Expensive ekstratjie [gedig]: bespreking. Klasgids, Mei 1997
  • De Point-reeks, 36–58
  • Lekke gepis [gedig]. Beeld, 24 Desember 1982
  • Nederlands wil Kaaps raakvat. Afrikaans Vandag, Maart 1998
  • Só sien ek sake ... Die Burger, 11 Januarie 1986
  • Swart Afrikaanse Skrywersimposium: Kaaps. Vrye Afrikaans, 22 Oktober 2003
  • Vet ket speletjie [gedig]. Die Burger, 1 Augustus 2005
  • Vonkverse. LitNet, 2 Augustus 2006

Rubrieke

  • Alles wat styftrek, is nie noodwendig karma nie [Kopstukke]. Die Burger, 10 Januarie 2002
  • Ammil het eers Afrikaans saamgepraat [Kopstukke]. Die Burger, 20 Maart 2003
  • Ammil met gees is kunstenaars [Kopstukke]. Die Burger, 21 Oktober 2004
  • As die wêreld dink lielik is lielik, dan is dit mooi [Kopstukke]. Die Burger, 7 Junie 2001
  • As djy nie van jou bynaam hou nie, raak dan aanie tjank. Beeld, 20 Junie 1998
  • As jy empty is, wiet jy alles wat daar is om te wiet [Kopstukke]. Die Burger, 31 Oktober 2002
  • As jy genoutis wil wees, moet jy controversial wies [Kopstukke]. Die Burger, 1 Maart 2001
  • Bouer skep eerste mansmens uit sand, klei en vullis [Kopstukke]. Die Burger, 12 Julie 2001
  • Daar’s minder Krismisdroëme [Kopstukke]. Die Burger, 9 Januarie 2003
  • Die dag toe aankomende riot na ons afgepyl kom ... [Kopstukke]. Beeld, 26 Augustus 1997
  • Die dag toe Platkop ’n dotted line geword het [Kopstukke]. Die Burger, 26 September 2002
  • Die dag toe Tricky Rick sy baba Anders moes vang. Beeld, 14 September 1999
  • Die mens wiet nie wie of wat hy is nie [Kopstukke]. Die Burger, 29 Mei 2003
  • Die potensiaal vannie heelal lê in die Niet [Kopstukke]. Die Burger, 1 Mei 2003
  • Dié Soldaat in geheime diens maar min gesien [Kopstukke]. Die Burger, 11 Desember 2003
  • Dié talent bring jou nader aan die rok [Kopstukke]. Die Burger, 7 Augustus 2003
  • Die waarheid van goedgesindheid moet ook op die lappe kom [Kopstukke]. Beeld, 5 Augustus 1997
  • Die Yuppie spoek leer toe Bleskop en Pankop ’n koggelles. Beeld, 2 Desember 1997
  • Dis dalk beter om jou eie gereg te wies [Kopstukke]. Die Burger, 20 September 2001
  • Dis Dawid teen die ouroeker [Kopstukke]. Die Burger, 27 November 2003
  • Dis jou karakter wat jou leer hoe om drama te skryf [Kopstukke]. Die Burger, 15 Februarie 2001
  • Dis ’n kuns om oorsie te gaan [Kopstukke]. Die Burger, 15 Augustus 2002
  • Djollie Hotnots, en trots daarop en op Afrikaans oek [Kopstukke]. Beeld, 7 Februarie 2002
  • Drama-drama en Steinbeck se vuil bek ... Beeld, 11 November 1997
  • Duitsers lyk nie gravy in hul sop [Kopstukke]. Die Burger, 26 Februarie 2004
  • Eie Zen-storie verloor kop [Kopstukke]. Die Burger, 15 Mei 2003
  • Ewigdurende Nou kan benoud word [Kopstukke]. Die Burger, 6 Maart 2003
  • Foster is geheime agent in die Here se leër [Kopstukke]. Die Burger, 30 Desember 2004
  • Gam se lot laat die lag opdroog [Kopstukke]. Die Burger, 1 Augustus 2002
  • ’n Gedig moet mooi lyk, al is hy vuil van binne [Kopstukke]. Die Burger, 3 April 2003
  • Gediggies Dirk gie toe die dosent ’n taalkundelessie. Beeld, 9 November 1999
  • Ghoeroe bereken ’n mens se giës vannie mate wat jy lag. Beeld, 17 Maart 1998
  • God se kins is vol ironie [Kopstukke]. Die Burger, 23 Augustus 2001
  • Goedheid van mens gedy terwyl blok benoud raak [Kopstukke]. Die Burger, 6 Junie 2002
  • Goeie kuns praat op alle vlakke [Kopstukke]. Die Burger, 9 Mei 2002
  • Graham kry ’n sommens oor “Boek of Knowledge”. Beeld, 20 Julie 1999
  • Hiemel bestaan uit baie fases [Kopstukke]. Die Burger, 27 Januarie 2005
  • Horrorskoups vir âktors om djôps te gie wat pas [Kopstukke]. Die Burger, 29 Julie 2004
  • “Hou djou voete op die aarde, aardmens”. Beeld, 12 Oktober 1999
  • Hy wiet alles wat daar is [Kopstukke]. Die Burger, 29 April 1997
  • Iet ingelegde kerrievis om slim te word [Kopstukke]. Die Burger, 26 Junie 2003
  • In die geheime diens van die Here [Kopstukke]. Die Burger, 19 September 2003
  • Innie mirrel word hulle gemoeker met reghake [Kopstukke]. Die Burger, 21 Augustus 2003
  • Jou etnisiteit is soes sellulait [Kopstukke]. Die Burger, 30 Oktober 2003
  • Kaapse Afrikaans is soes drugs wat werk [Kopstukke]. Die Burger, 15 Maart 2001
  • Kain laat die ekkedemieks hard kopkrap [Kopstukke]. Die Burger, 8 November 2001
  • Karma sal jou bykom, tot in jou doodskis – dis maar wet. Beeld, 16 Junie 1998
  • Kopgestremdes se Chinese vloek [Kopstukke]. Die Burger, 11 April 2002
  • Kuns se groot geheim is: “doen soes die voëls en die lilies” [Kopstukke]. Die Burger, 4 Oktober 2001
  • Liefde is iets wat jou ’n klap gie ... [Kopstukke]. Beeld, 23 September 1997
  • Liefde prys jou en klap jou hier en daar [Kopstukke]. Die Burger, 25 April 2002
  • Lytest biesagheids bazz hou nie werkers hostage [Kopstukke]. Die Burger, 1 Julie 2004
  • Maak sieker wat die regte paasword is [Kopstukke]. Die Burger, 26 Julie 2001
  • Mans wil lang tye al nie kommit [Kopstukke]. Die Burger, 23 Januarie 2003
  • Melodie maak nie ’n hiet song [Kopstukke]. Die Burger, 3 Junie 2004
  • Miskien ís liefde die beste kuns [Kopstukke]. Die Burger, 9 Augustus 2001
  • Moenie lat dinge van buite jou ritmes steur [Kopstukke]. Die Burger, 6 Mei 2004
  • Moet hulle dan soes cannibals voel as hulle ribs eet? Beeld, 13 Oktober 1998
  • Namakwalands het sy sterretjies [Kopstukke]. Die Burger, 23 September 2004
  • Niefie skree die paasword, maar ... Beeld, 22 Junie 1999
  • Om nais te wees sit nie in broek van piepie-digter [Kopstukke]. Die Burger, 29 Augustus 2002
  • Ons makeer diversiteite, nie universiteite [Kopstukke]. Die Burger, 24 Mei 2001
  • Ons moet ophou worms wies innie nuwe SA [Kopstukke]. Die Burger, 20 Februarie 2003
  • Ontleding gaan oor “awareness” [Kopstukke]. Die Burger, 27 Desember 2001
  • Oor missaails, fire en mooibek maak [Kopstukke]. Die Burger, 21 April 2005
  • Oppie laaste dag tref alles onder die aarde [Kopstukke]. Die Burger, 23 Mei 2002
  • Ou Holman se van het dit klaar alles gesê. Beeld, 3 November 1998
  • Oudoos se Zen-storie oor die museummens en die geraamte-kop. Beeld, 17 Februarie 1998
  • Partymaal kan verhaal eie koers inslaan [Kopstukke]. Die Burger, 21 Junie 2001
  • Pastoor Galbraak en die drank-euwel [Kopstukke]. Die Burger, 2 Desember 2004
  • People se outokrasie beter as demokrasie [Kopstukke]. Die Burger, 12 September 2002
  • Pyntjies, plesiertjies vannie klim lekker gemaak in verhaal [Kopstukke]. Die Burger, 29 Mei 2001
  • Raak gesegdes uit eie kultuur gee speserye aan taal [Taalskatkis]. Die Burger, 2 Julie 2002
  • Scatterbrain toe gefokus deur instant karma ... Beeld, 21 Julie 1998
  • Skarrel innie rondte soes ’n blouholvlieg [Kopstukke]. Die Burger, 5 Desember 2002
  • Slim man gie sy dogter eerder grand piano as organ [Kopstukke]. Die Burger, 18 Julie 2002
  • Spontaneïteit is die kuns van die liëwe [Kopstukke]. Die Burger, 6 Februarie 2003
  • Squirrel, die karwasser en die tale in Gauteng [Kopstukke]. Beeld, 17 Augustus 1999
  • Sterwoord het vele betiekenisse [Kopstukke]. Die Burger, 22 November 2001
  • Taalbedrog skrop die tong deeglik [Kopstukke]. Die Burger, 20 Junie 2002
  • Tannemys vrek van honger [Kopstukke]. Die Burger, 10 Julie 2003
  • ’n Tjommie briek die spanning [Kopstukke]. Die Burger, 6 September 2001
  • ’n Tricky Ricky divorsië en die ghibbes wat ’n os wou wies ... Beeld, 5 Mei 1998
  • Vader Krismis kry water oppie knie [Kopstukke]. Die Burger, 22 April 2004
  • Van shorts in erreplyn, frostbite en piekpokkets oorsië ... Beeld, 20 Januarie 1998
  • Verhaaltitels kan mense empower [Kopstukke]. Die Burger, 24 Julie 2003
  • Verkoopsmense bly jou een voor met Boek of Knowledge [Kopstukke]. Die Burger, 10 Mei 2001
  • Vir ’n Hottie was daai te viel geld. Beeld, 22 September 1998
  • Voëltjie wat soe buite venster sing, mag as aasvoël ytdraai [Kopstukke]. Die Burger, 16 Oktober 2003
  • ’n Ware Zen-storie – en nog soe vol kuns oek [Kopstukke]. Die Burger, 12 Junie 2003
  • ’n Ware Zen-storie van ’n skerpioen en die nature of man. Beeld, 26 Mei 1998
  • Wies in die Zen-spirit en word spontaan [Kopstukke]. Die Burger, 29 Januarie 2004
  • Wonderkas oorbluf in Kain se stad [Kopstukke]. Die Burger, 21 Maart 2002
  • Wysheid in eie taal bring mense se respek [Kopstukke]. Die Burger, 1 November 2001
  • Zen se spontaan wies gee jou die power [Kopstukke]. Beeld, 21 Oktober 1997
  • Zen-onderwyser is gillend dood omdat hy spontaan was [Kopstukke]. Die Burger, 25 Maart 2004

Peter Snyders se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2020-03-18 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)

 

Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir die doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top