![]() |
Sêgoed van Elza Rademeyer Haar tydverdrywe: “Ek het twee tydverdrywe wanneer ek nie skryf nie. Die een is om op die strand te gaan stap, en die ander is om buite in die veld onder die oop hemelruim te slaap. Daar is niks wat my nader aan die Skepper laat voel as wanneer ek daar langs ’n kampvuur in my slaapsak lê en luister na die weemoedige geroep van die , en sien hoe die sterre bo my kop vonkel nie. Dít, lekker dik warm boontjiesop op ’n koue wintersaand, en óf ’n tranetrekker- óf lekkerlag-roman ... dís die lewe!” (Lewenskets aan NALN) “Ek hou van gelukkige eindes vir my verhale. Dis wat lesers verwag van ’n liefdesverhaal. Ek vermy eksplisiete liefdestonele en is bang vir godsdienstemas.” (Sarie, 5 September 2001) “Ek glo nie daaraan om vooraf ’n storie te bedink nie. Op ’n dag gaan sit ek net voor die rekenaar, besluit ek gaan nou ’n nuwe boek begin en so by die derde hoofstuk begin my verhaal gewoonlik vorm aanneem.” (Sarie, 5 September 2001) “Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit.” (Inligtingstuk van Tafelberg Uitgewers) |
Gebore en getoë
Helena Elizabeth Zaayman is in die middel van die winter, op 8 Julie 1944, in die Mosselbaai-distrik op die plaas Kleinbos gebore. Sy is na ’n tante van haar vernoem, maar is Elza genoem. Elza was die jongste dogter van Daan en Dolly Zaayman. Ouer as sy, was Ina (uitgespreek Aina), Leah, Petrus en Hennie. Elza is ses jaar na Hennie gebore.
Sy was só klein by geboorte dat sy in ’n skoendoos langs die stoof gesit is nadat Liesbet haar “gevang” het. Sy het in haar herinneringe geskryf: “Feitlik die hele eerste jaar van my lewe glo om gesanik ... totdat daar bevind is my ma se moedersmelk het feitlik niks beteken nie. Meer water as melk. Toe word ek op Lactogen gesit, en raak ek stroopsoet.”
Sy het haar skooljare aan ’n “lekker ou plaasskooltjie te Gonnakraal” begin, het sy in ’n lewenskets aan NALN vertel. Die laerskool het uit twee geboutjies bestaan. Die onderste skool was van sub A tot standerd 2 en die boonste van standerds drie tot vyf. Elza het verder vertel: “By die skool moes ons leer brei. Ek het dit gehaat! Omtrent twee jaar lank aan ’n trui gebrei, wat my ma maar mee gehelp het, en boonop van langmoutrui na ’n kortmoutrui verander het. Ek dink nie ek het ’n enkele punt vir die trui gekry nie, maar ek het uitgeblink in opstel-skryf. Daarin was ek ’n voorbeeld.
“My kaalvoet kinderdae op die plaas was eenvoudig heerlik! Kaalvoet skool toe, net Sondae skoene kerk toe. So lekker om die yslagie van die waterskooltjie op pad skool toe met jou kaal voete stukkend te trap. Goggas bymekaar gemaak om Sondae in die gruisgat mee te speel. Klipkarretjies en duisendpote in voortjies. Hulle was die treine en by die ‘crossings’ moes ons vir hulle wag. Toktokkies, miskruiers, kooipisters, wurms, als wat ons in die hande kon kry. Dan graaf ons ’n gat en gooi hulle daarin om volgende Sondag weer te speel. Het lank gevat voor ons geleer het die stomme goed kom om van honger en dors.”
En toe is sy na Mosselbaai vir haar hoërskooljare aan Hoërskool Punt. Elza moes ook gewoond raak aan die koshuislewe aangesien hulle, behalwe vir vakansies, net een naweek in die kwartaal kon huis toe gaan. En dan was sy die meeste van die afnaweke ook gehok vir “simpel dingetjies”, soos sy dit noem – soos om van die tweede vloer op die trapleuning ondertoe te gly terwyl sy Jan Pierewiet fluit: “Behalwe die hok moes ek nog die aand in die studeerkamer op ’n tafel klim om vir die matrieks Jan Pierewiet te fluit.”
Sy het in 1962 aan die Hoërskool Punt gematrikuleer. Vir Elza was haar hoërskooljare nie veel om oor huis toe te skryf nie: “Ek kan nie sê ek was spyt om klaar te maak met skool nie. Nie dat die skool so sleg was nie, daar was baie dinge wat ek geniet het, maar die koshuis ... Kan net dink hoe dit in vandag se dae betogings teweeg sou bring. En gehok omdat ek die hok oortree en weggeglip het huis toe. Oor en oor. As ek elke keer in die koshuis moes bly sou ek nie ’n enkele naweek kon huis toe gaan nie. Uiteindelik was ek klaar met skool en plaas toe tot ek die volgende jaar Meimaand by Conradie Hospitaal sou begin eie potjie krap.”
Verdere studie en werk
Elza is ná skool na die Conradie-hospitaal in Kaapstad om haar opleiding as verpleegster te begin. Oor haar beginjare by die verpleegsterstehuis en die hospitaal het Elza vertel: “Jy is bang en opgewonde terselfdertyd. Die salaris is £25 waarvan £11 afgetrek is vir verblyf in die verpleegsterstehuis. My beste vriendin, Gerda, het ek die eerste dag daar ontmoet. Ons beginjare was nie maklik nie. Die senior verpleegsters het ons opdraandes gegee en allerhande poetse gebak.
“Die eerste drie maande werk al die nuwe verpleegsters in die ‘sloes’-kamer. Die hele dag is dit lakens en potte en panne skoonmaak. Eers na drie maande begin jy saalwerk doen. Pasiënte versorg en die saal skoonhou.” Elza het vir 16 jaar in die verpleegberoep gestaan.
Elza het haar man, Gert Rademeyer, in die verpleegsterstehuis van die hospitaal op Bethlehem in die Oos-Vrystaat ontmoet. Hulle is in 1965 getroud. Twee seuns, Gordon en Gerhard, is in die Vrystaat gebore, waarna die gesin na Brakpan verhuis het.
Hulle het sewe jaar lank in Brakpan gewoon, maar toe is die see se roepstem te kwaai en is hulle na Tergniet (tussen Mosselbaai en George) vir 22 jaar en toe is hulle terug na Kleinbosch, die plaas waar Elza gebore is. Hulle het later in Tergniet afgetree.
Elza het egter haar lewe as huisvrou baie vervelig gevind en het ’n klein kruidenierswinkeltjie vir die werkers op die plaas begin. Sy het die winkeltjie vir agt jaar aan die gang gehou en dit is waar die skrywersgier haar gepak het.
Die kultuur van die bruin werkers op die plaas en in die omgewing het haar intens geïnteresseer, maar sy het gesukkel om oor hulle te skryf: “Ek het ’n boek begin en dan maar weer laat lê. Aan en af. Intussen het ek met kortverhale begin. Had g’n leermeester nie. Ek lag self nou nog vir die eerste verhaaltjies wat ek weggestuur en sonder kommentaar terug ontvang het.”
Elza het aan Die Burger vertel: “Ek was sieketrooster, raadgewer en karweier en het die mense, hul gewoontes en manier van praat goed leer ken. Dit is hul leefwyse en nie spesifiek mense of gebeure nie, wat ek in die boek gebruik het.”
Uiteindelik het Huisgenoot een van haar kortverhale aanvaar vir publikasie: “Wat ’n vreugde! Toe was daar geen keer aan my nie. Ek het die een na die ander kortverhaal begin wegstuur. Baie is teruggestuur, maar ook baie is aanvaar.”
Dit is tóé dat sy besluit om ’n boek, ’n roman, aan te pak. Toe die eerste een aanvaar word, het sy nog geskryf.
Maar só het die eerste boek oor die bruin mense haar bly pla. Sy kon ook nog die interessante stories waarmee haar klante in die winkel vorendag gekom het, onthou: “Die plaaswerkers het mos ’n ander manier van praat en vertel, en dit het direk aanleiding gegee tot die boek.” Sy het toe besluit om te gaan sit en die storie klaar te skryf. Hierdie boek is in 1993 gepubliseer, onder die titel Dwaalspoor na Kanaän.
Elza het vertel dat sy dit geniet om haar “ordinêre romanses en kortverhale” te skryf en doodtevrede was om “maar net ekke te bly”. “Ek het geen begeerte gehad om eendag beroemdheid te verwerf nie. Hoekom nie? Ek het die vuil gewoonte om te gaap as ek verleë raak. En ek raak vreeslik maklik verleë. My man raas gereeld met my daaroor, maar ek kan dit nie verhelp nie, is seker maar ingebore. Veronderstel dus nou ek is ’n beroemde figuur en iemand wil met my ’n onderhoud voer! Die mense sal dink ek vind hulle vervelend, of hulle sal glo ek het maande laas geslaap!”
Elza het geglo dat sy as kind hiperaktief was en iets daarvan in haar grootmensjare oorgehou het: “Ek is altyd haastig en probeer vir alles ’n kortpad vind,” het sy aan Tafelberg Uitgewers vertel. “Seker dié dat my grootkoeke soos pannekoeke lyk, die hond nie eers sy bek aan my pannekoek wil sit nie, en ek die heelnag deur voor die rekenaar sou kon sit as wederhelfte my nie daarop wys dis slaaptyd nie. Gelukkig hou ons vriende van ’n doodgewone bord boerekos of sop en patats!
“’n Verdere streek is dat ek nie uitdagings kan weier nie. Op 50 besluit ek ’n stroper moet ek ry. Ek stroop die helfte van ’n koringland, en op 53 behaal ek die prestasie om ’n lisensie vir die bestuur van ’n ekstra swaar voertuig te verkry, sonder enige pretensies om dit ooit te gebruik.
“Benewens dié dinge wat my na ’n rowwe Jack kan laat klink, is ek tog mal oor romantiese opvoerings en kersligetes. Soet geelwortels op die tafel laat my hik van angs en snobistiese mense gee my die stilstuipe. Verder is ek darem normaal. En die blomme in my tuin groei pragtig.”
Van Elza se kortverhale wat in Huisgenoot verskyn het, is in 1994 deur Benedic Uitgewers uitgegee, onder die titel Rooiwalle. Rooiwalle is ’n klompie kleinhoewes wat diep in die gramadoelas geleë is en te klein is om lewensvatbaar te wees. Dan is daar ook baie kinders op Rooiwalle: “Tog, ten spyte van die armoede, die vodde, die sukkelbestaan, is Rooiwalle se dosyne kinders werklik gelukkig, lei hulle ’n idilliese lewe. Maar sodra hulle dorpskool toe moet gaan, begin hulle vergelyk en vrae vra. Baie besluit dan om nooit weer terug te keer nie. Hulle verlaat die nes en elders, in groot stede, beoefen hulle hul beroepe. Maar Rooiwalle het sy eie manier om sy mense terug te bring. So het die hoipolloi-kind, tant Meraai se optelkind met die diepbruin oë, ook uitgevind toe hy sy jeugvriendin na al die jare weer raakgeloop het.” (Flapteks van boek)
Resensies van sommige van Elza Rademeyer se boeke:
Dwaalspoor na Kanaän (1993):
- George Weideman in Die Burger, 28 Januarie 1994: “Elza Rademeyer put die inspirasie vir háár storie uit haar winkeldae op Groot Brak, en hoewel die hegte gemeenskappie van Kolshoogte nie met soveel presisie en oortuigingskrag as sê maar, Witwater se mense (MI Murray), geteken word nie, bevredig die sterk storielyn tog. Wat die boek uniek maak, is dat dit na my wete die eerste Afrikaanse verstrooiingsroman is met volwaardig getekende, sterk karakters wat nié wit is nie. Dit is die verhaal van Niena Pistols en Tom Masters: sy ’n trotse, wrokkige vrou wat nie haar hart wil oopmaak nie, hy ’n dominee wat eweneens gekortwiek word deur iets in sy verlede. [...] Niena koester ook ’n wrewel jeens haar oogappel, James, se moordenaar. Dis trouens een van die boek se pluspunte dat Niena van meet af aan nogal onsimpatiek geteken word: dit maak die groei in haar karakter soveel sprekender.
“Die boek word in dié opsig meer as net ’n liefdesroman: dis ook die verhaal van mense se geloofsworstelinge, hul sukkelende pogings om na mekaar uit te reik, en van misverstande wat kommunikasie telkens afsny.
“Die verhaal word miskien gerem deur herhaalde gedagteworstelinge, gemeenplase en onnodige lang sprake; daar is weinig variasie in die dialoog; tog oortuig die karaktertekening andersins. Natuurlik word alles met oorbekende frases aanmekaar gehou, en origens is al die bestanddele van die tipiese liefdesroman daar. Nogtans bied Dwaalspoor na Kanaän ’n heel besondere leeservaring.”
- Esme Mittner, Sarie, 19 Januarie 1994: “Dis duidelik dat die skrywer die milieu ken waaroor sy skryf, en die leser kry ’n insiggewende blik op ’n bruin plattelandse gemeenskap. Sarie-lesers ken reeds Elza Rademeyer as kortverhaalskrywer en dié boek word met vrymoedigheid aanbeveel.”
Duwweltjiepad (1995):
- Die Burger, 15 September 1994: “Duwweltjiepad is ’n ontspanningsroman soos min – ’n liefdesverhaal wat jou hart sal raak en meevoer. Dit is ’n hospitaalstorie wat verskeie moeilike situasies hanteer, onder meer aborsie, ’n pleegkind oor wie daar tougetrek word, geheueverlies en ’n motorongeluk. Al dié elemente word egter tot ’n genoeglike einde gevoer deur die seker hand van Elza Rademeyer.”
- Esme Mittner, Sarie, 9 November 1994: “Ongelukkig beantwoord dié boek nie aan die verwagtinge wat die skryfster se debuut Dwaalspoor na Kanaän geskep het nie, hoofsaaklik omdat die tema ietwat afgesaag is, met stereotipe karakters. Die held, Rudolf Mulder, is ’n tipiese jong multimiljoenêr wat net leef vir die plesiere van die lewe met die onontbeerlike wulpse blondine aan sy sy – totdat ’n motorongeluk hom verlam. [...] Ondanks bedenkinge oor die varsheid van die tema, lees die boek wel vlot en lekker en dit sal in baie se smaak val.”
- Jessica Esterhuizen, NBC, Desember 1996: “Elza Rademeyer verskaf heerlike leesgenot met haar verfrissende verhale. Duwweltjie is geen uitsondering nie. [...] Beslis ’n treffende liefdesverhaal. Boonop is daar skreeusnaakse episodes, soos toe Rudolf se tant Betta leer om motor te bestuur – ten koste van die blombeddings. Nie ’n boek om mis te loop nie.”
Storms van die liefde (1995):
- Irma Loock, Volksblad, 8 Januarie 1996: “Liefhebbers van liefdesverhale sal Elza Rademeyer se nuutste boek getiteld Storms van die liefde Dit is ’n lekkerlees boek wat hom teen die ongewone agtergrond van Mossgas se projek by Mosselbaai afspeel. Esbeth Wilcock se man, Richard, het 5 jaar vantevore spoorloos verdwyn. Hy het as passasier in ’n ligte vliegtuig vertrek en is nooit weer gesien nie.
“Esbeth word geteister deur die onsekerheid rondom haar man se verdwyning: is hy dood, ly hy aan geheueverlies, of is daar dalk ’n ander verklaring? Dan raak sy betrokke by die ryk Gustav, asook by Johan, eienaar van die groentewinkel. [...] Die gebeure, dialoog en karakters oortuig nie altyd nie, en die konflik (veral Esbeth se innerlike konflik en die konflik tussen Gustav en Oupa Janus) is nie na wens uitgewerk nie. Tog is dit ’n uiters boeiende verhaal. Die tergende raaisel rondom Richard se verdwyning, ’n poging om Esbeth te vermoor en ander interessante kinkels in die kabel sorg daarvoor dat die ontvanklike leser meegevoer sal word.”
- Erla-Mari Diedericks, Die Burger, 30 Augustus 1995: “Nog nooit iemand vir soetsappige liefdesverhale nie, het ek maar langtand begin lees aan Elza Rademeyer se Storms van die liefde. Ná die eerste twee paragrawe het ek die boek klaar opgesom, en sommer die einde ook voorspel, maar êrens in die middel het die storie skielik spoed opgetel, en was ek self nie meer seker wat met die pragtige Esbeth en haar stormagtige liefdeslewe gaan gebeur nie.
“Al die bestanddele van die beproefde sepie-resep is daar [...], maar niks kom by die warm vuur en passie wat vlamvat tussen Esbeth en Gustav nie. Niemand verbrand darem hul vingers nie [...]. Dis duidelik dat Rademeyer die werkinge van die olieprojek by Mosselbaai nagevors het, maar hoewel interessant, het dit soms vir my al te veel na propaganda geruik. Romanses soos dié kan soms eentonig raak as jy een te veel gelees het, maar Rademeyer sorg vir genoeg karakters, soos die bose Selma, om te verseker dat daar omgeblaai word. En dis natuurlik al wat tel.”
- Esme Mittner, Sarie, 5 Julie 1995: “Sommer uit die staanspoor weet mens: hier kom ’n lekker storie. Esbeth Wilcock het ’n boetiek op Mosselbaai. Op straat sien sy ’n man wat alte veel lyk na haar man, Richard, wat vyf jaar tevore verdwyn het nadat hy as passasier in ’n ligte vliegtuig na Natal vertrek het. [...] Gustav wat by Mossgas werk, en Esbeth se verhouding begin net koers kry toe Gustav se eksvrou weer haar verskyning maak. Deur sy woorde word die leser goed ingelig oor hoe dinge werk by dié groot olieprojek. Dis ’n verfrissende agtergrond vir ’n liefdesverhaal wat wikkel.”
Die seewind se lied (1996):
- Die Burger, 2 Mei 1996: “Uiteindelik nog ’n lekkerlees-verhaal uit die pen van die gewilde Elza Rademeyer! Die seewind se lied is ’n heerlike liefdesverhaal oor ’n ietwat ongewone vakansieromanse waarin ’n byderwetse dominee, ’n swendelaar met ’n duistere verlede, ’n beeldskone verleidster en ’n aantreklike jong onderwyseres die hoofspelers is. Elmien Maritz, die onderwyseres, besluit om Hartenbos toe te gaan om op die spoor van haar ma se tweede man, Schalk Schoombee, te kom. Schoombee was ’n bedrieër wat haar ma om die bos gelei het. Schoombee het vertel dat sy ma oorlede is, maar Elmien ontdek dat sy springlewendig is. Op Hartenbos ontmoet sy ook die aantreklike ds Wynand Bresler.
“Die seewind se lied is ’n verhaal met ’n wenkombinasie van spanning, liefdesintrige en humor. Dis ’n boek wat beslis Rademeyer se aanhangers tevrede sal stel en ’n hele paar nuwe lesers sal trek.”
Op arendsvlerke (1996):
- Martie Swanepoel, Sarie, 26 Februarie 1997: “Jy kan byna nie glo dat sóveel dinge met een mens kan verkeerd loop soos met Amelda van Heerden nie. Haar man sterf, haar ouers wil skei, haar tienerdogter raak swanger ... Die storielyn is gemaklik en ontspanne. Die soort boek wat jy in ’n middag deurlees met ’n lekker pot tee langs jou. In ’n stadium wonder jy wie Amelda se hart gaan wen, Rowwe Jack of die dominee. En as jy uiteindelik kant kies, verras die skrywer jou.”
- Die Burger, 14 November 1996: “Op arendsvlerke is ’n heerlike liefdesverhaal, propvol intrige, passie, spanninge, lewenswysheid en humor, wat hom afspeel teen die agtergrond van Mosselbaai. Kenners is dit eens dat Op arendsvlerke die skrywer se beste werk tot nog toe is.”
Mallemeule van die liefde (1997):
- Suzette Truter, Sarie, 24 September 1997: “Die titel sê dit – ’n meesleurende liefdesverhaal met al die nodige karakter en intriges om die leser te boei. Daar’s ’n holderstebolder verlowing, ’n onskuldige, ongekunstelde maagd, ’n sluwe skoonma met ’n donker geheim, ’n sensuele blondine wat dreig om dinge om te krap, Ben met sy gitswart hare ... dis maar net die begin van die storie. Aanhangers van Elza Rademeyer sal hierdie liefdesverhaal geniet. Dis ’n moet as jy hou van verhale gevul met vurige romanse, drama en beeldskone helde en heldinne.”
- Landbouweekblad, 23 Januarie 1998: “Ná ’n holderstebolder verlowing, behoort Ilze Erwee skielik tot die room van die Kaapse gemeenskap. Maar alles is toe nie maanskyn en rose nie ... Hierdie liefdesverhaal van Rademeyer is propvol drama en vurige romans. Dit is in dieselfde meevoerende trant as Duwweltjiepad en Storms van die liefde”
Spoelklippies in stormwater (1998):
- Marieke Brand, Sarie, 3 Junie 1998: “Karlientjie van oom Sukkeljan is aan die buffelagtige eienaar van hul buurplaas verloof – ter wille van water. En dit kos tant Gesie en haar stiefseun Hugo van die stad ’n vreeslike gekonkel om haar daar los te kry en saam stad toe te sleep, waar dit blyk dat Karlientjie boonop swanger is. Maar die ryk makelaar Hugo raak erg verlief op haar. Dis ’n ingewikkelde verhaal met eenvoudige oplossings. Een of twee plaastonele is vars en vermaaklik. Andersins raak die leser half verstrik tussen óf onaangename óf eenvoudige mense.”
- Huisgenoot, 11 Junie 1998: “Rademeyer is ’n naam wat baie lesers van lekker liefdesverhale ál beter begin ken, en dié keer maak sy weer so, met ’n boek vol drama en vuurwarm romanse. Die nuwigheid in Spoelklippies is dat dit nie ’n dorpsverhaal soos tevore is nie. Die aksie is op ’n plaas in die Karoo, en die skrywer gebruik die kans om haar verhaal vol pittige plattelandse humor te laai.
“Karlientjie Strauss woon saam met haar oupa op die plaas Sonderwater in die middel van die Karoo. Hulle is afhanklik van hul nuwe buurman, Willem Potgieter, vir water, en daarsonder kan hulle nie leef nie. Dan laat Willem haar goed verstaan: trou met my, anders is julle jul water kwyt ...”
Verlief en verlore op Marion (2000):
- Rooi Rose, 30 Augustus 2000: “Die seiljag waarop ’n bekende multimiljoenêr se dogter, Louise Webber, haar verloofde en beste vriendin na Nieu-Seeland vaar, raak in ’n hewige storm onklaar. Louise besluit om na Marion-eiland te swem om hulp te gaan soek. Hoewel sy aanvanklik skepties is ook die nege bebaarde manne wat sy op die eiland ontmoet, raak hulle goeie vriende.
“Dié boek deur Elza Rademeyer is ’n lekker ontvlugroman wat so maklik lees dat jy dit op ’n Saterdagmiddag sal kafdraf. Die begin van die boek is ongeloofwaardig, maar die res van die boek wat op die eiland afspeel, is darem meer geloofwaardig.”
Woestynpad van verlange (2000):
- “die loodgieter wat die badkamers in haar skoonouers se huis kom opknap ’n heel aantreklike man is, gaan nie ongemerk by Debbie Tredoux verby nie. Die man is salf vir moeë oë – maar so beduiweld dat sy gou besluit dié een is nie vir haar nie. Dit is wel waar dat sy ’n weduwee is en dat sy by haar skoonouers bly om haar kind se onthalwe. Maar dit gee hom nie die reg om so skuins af teen sy neus na haar te kyk nie!
“Elza Rademeyer is al ’n ou gunsteling by almal wat hou van ’n goeie liefdesverhaal, en dié een gaan nie haar volgelinge teleurstel nie. Woestynpad van verlange is ’n heerlike eietydse en hoogs vermaaklike liefdesdrama, vol humor en woema. En wat wil ’n mens meer hê hier in die doodsnikke van die jaar, wanneer jou brein al op en voos gedink is en jou hart skree om aandag?”
Rots van Stormbaai (2003):
- Jeanne Hugo, Die Burger, 25 Oktober 2003: “In dié verhaal ontmoet ons vir Melanie Walter, ’n mooi jong weduwee. Sy bedank haar werk en sy en haar seun, Antonie, vertrek op ’n lang vakansie. Só beland hulle op Stormbaai waar hulle ’n klompie kleurryke karakters ontmoet – die snoeperige oom Jors, sjarmante Giel en Lafras wat sy nie kan peil nie. Eie aan sy naam is Stormbaai toe glad nie so rustig nie.
“Die storie is redelik voorspelbaar en nie baie oorspronklik nie. Die taalgebruik is ook redelik ouderwets, hoewel dit nie pla nie. Trouens, dit behoort die boek gewild te maak by die ouer, meer konserwatiewe leser. Die pas is rustig en die inhoud lig – die ideale boek vir iemand wat net ’n bietjie wil agteroorsit en ontspan.”
Klopdans van die liefde (2005):
- Edna Isaacs, Huisgenoot, 2 Maart 2006: “Dieselfde dag dat dr Pennie de Villiers uitvind haar kêrel verkul haar, ontmoet sy die arrogante Pieter Wasserman. Al is haar vertroue in mans geknak, raak sy verlief op hom. Kort daarna word by haar woonstel ingebreek, sy ontvang vreemde telefoonoproepe en word op motorfietse agtervolg. [...]
“Die spanning raak later voorspelbaar. ’n Naamlose oproep kan net soveel keer vreesaanjaend wees vir die leser. Maar die liefdestonele vergoed daarvoor om te keer dat dit ’n vervelige liefdesverhaal word.”
’n Stukkie van jou hart (2007):
- Jaybee Roux, Die Burger, 17 Maart 2008: “Dokter Amanda Strydom vestig haar op ’n dorpie met die pikante naam Darlingsdrift: haar sterwende vriendin het Amanda gevra om haar man in sy dokterspraktyk te kom bystaan. Sy voel aangetrokke tot Paul Sauerman, wat in dieselfde gastehuis as sy bly. Paul was verloof aan die pragtige Jessica de Brie, maar verruil toe Paul vir sy broer. Dit lyk egter of sy nou weer vir Paul wil terughê. Daar is heelwat kinkels – en ’n bietjie hartseer, selfs in ’n liefdesverhaal, het niemand nog ooit kwaad gedoen nie.”
Woestynpad van verlange (2019): Elza Redemeyer het gereageer op enkele vrae wat NB Uitgewers (op Facebook) haar gevra het.
- Phil en Herman is uiteenlopende karakters. Was jy nie bang dat lesers by die verkeerde man sal aanklank vind nie? Hierop het Elza geantwoord: “Nee wat ... hoegenaamd nie. Ons moenie die lesers onderskat nie. Hulle het die vermoë om sommer gou ’n karakter op te som, en dan in die onderbewussyn ’n sterk vermoede te kry daar is ’n slang in die gras by Phil.”
- Daar is ’n sekondêre liefdesverhaal wat nooit dreig om die held en heldin se storielyn te oorskadu nie. Moes jy baie beplanning doen om te verseker dat dit nie gebeur nie? En Elza se reaksie was: “Dit is maar altyd ’n uitdaging om seker te maak jou lesers bly geboei en te nuuskierig om die boek neer te sit. Ja, daar gaan heelwat beplanning in. Dit gaan gewoonlik makliker nadat jy finaal op die ontknoping en slot besluit het. By my gebeur dit soms eers as ek al so driekwart deur die manuskrip is.”
Elza Rademeyer is op 2 Julie 2024 in die Bayview Hospitaal op Mosselbaai oorlede nadat sy die vorige aand asemnood ondervind het. Haar man, Gert, het haar na die hospitaal geneem waar sy vroeg die volgende oggend oorlede is. Sy laat haar man, Gert, haar twee seuns en drie kleinkinders agter.
Publikasies:
Publikasie |
Kronkelpad na geluk |
Publikasiedatum |
1992 |
ISBN |
|
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Jy behoort aan my |
Publikasiedatum |
1992 |
ISBN |
0799318124 (hb) |
Uitgewer |
Pretoria: President-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Hamerkopnes |
Publikasiedatum |
1993 |
ISBN |
0799318841 (hb) |
Uitgewer |
Pretoria: President-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Dwaalspoor na Kanaän |
Publikasiedatum |
1993 |
ISBN |
0624032272 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
’n Les vir Elizabeth |
Publikasiedatum |
1993 |
ISBN |
0868123838 (sb) |
Uitgewer |
Pretoria: Benedic |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Rooiwalle |
Publikasiedatum |
1994 |
ISBN |
0868124133 (sb) |
Uitgewer |
Pretoria: Benedic |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Hoë berge |
Publikasiedatum |
1994 |
ISBN |
0799320714 (sb) |
Uitgewer |
Pretoria: Treffer-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Duwweltjiepad |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Klippie in die skoen |
Publikasiedatum |
1995 |
ISBN |
0799321931 (hb) |
Uitgewer |
Pretoria: President-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Klippie in die skoen |
Publikasiedatum |
1995 |
ISBN |
0799321931 (hb) |
Uitgewer |
Pretoria: President-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Storms van die liefde |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Die seewind se lied |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Op arendsvlerke |
Publikasiedatum |
1996 |
ISBN |
0624034941 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Mallemeule van die liefde |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Spoelklippies in stormwater |
Publikasiedatum |
1998 |
ISBN |
0624036332 (sb) |
Uitgewer |
5%
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Die deur van haar hart |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Verlief en verlore op Marion |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Woestynpad van verlange |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Liefde in ’n neutedop (onder die skuilnaam Heidi Zaayman) |
Publikasiedatum |
2000 |
ISBN |
0624 |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Die onwillige bruid |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Drome van gister |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Rots van Stormbaai |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Raaisel van die liefde |
Publikasiedatum |
2004 |
ISBN |
0624042499 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Klopdans van die liefde |
Publikasiedatum |
2005 |
ISBN |
062404338X (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Verlange na Brandersbaai |
Publikasiedatum |
2006 |
ISBN |
062404372X (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
’n Stukkie van jou hart |
Publikasiedatum |
2007 |
ISBN |
9780624045250 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Rabbedoe se temmer |
Publikasiedatum |
2008 |
ISBN |
9780624046271 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen
|
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 1 |
Publikasiedatum |
2008 |
ISBN |
9780624046448 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 2 |
Publikasiedatum |
2009 |
ISBN |
9780624047513 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Hart van die son |
Publikasiedatum |
2010 |
ISBN |
97806624048961 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 3 |
Publikasiedatum |
2010 |
ISBN |
9780624048695 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 5 |
Publikasiedatum |
2012 |
ISBN |
9780624054832 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 6 |
Publikasiedatum |
2013 |
ISBN |
9780624057857 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 6 |
Publikasiedatum |
2013 |
ISBN |
9780624057857 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 7 |
Publikasiedatum |
2014 |
ISBN |
9780624068211 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Omnibus 8 |
Publikasiedatum |
2015 |
ISBN |
9780624072973 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Jasmyn |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Publikasie |
Tweede kans op liefde |
Publikasiedatum |
2018 |
ISBN |
9780624085010 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasie |
Op liefde se drumpel |
Publikasiedatum |
2019 |
ISBN |
9780624087106 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Melodie |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
Artikels oor en deur Elza Rademeyer
- Daar’s nie keer aan skrywer Elza Rademeyer. George Herald, 18 Julie 1996
- “Haar mense” in Suid-Kaap was inspirasie om te skryf. Die Burger, 28 Januarie 1994
- Paashasie-verrassing. Sarie, 26 Maart 1997
Kortverhale en novelles in tydskrifte
- Adam en Jakkie. Sarie, 10 Januarie 2001
- Die magnolia. Sarie, 13 Junie 2001
- Die rivieradder. Huisgenoot, 6 Mei 1999
- Die waarheid. Sarie, 9 November 1994
- Dis die gene se skuld. Sarie, 12 Maart 1997
- Magriet se trommel [mini-verhaal]. Sarie, 3 November 1999
- Mieta en die assurance-geloof. Sarie, 8 April 1998
- Mieta en die bye. Sarie, 20 Mei 1998
- Mieta en die hemelbed. Sarie, 1 Julie 1998
- Mieta se storie. Sarie, 26 Maart 1997
- Mieta speel pop. Sarie, 26 Augustus 1998
- Strikke vir ’n geliefde [novelle]. Huisgenoot, 8 Oktober 1998
Elza Rademeyer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is op 2025-05-08 gepubliseer.
Bron:
- Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)
Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir die doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.