Persverklaring: Die ATKV Digskool 2025

  • 0

Die digters besoek die korbeelhuis op die werf van Gunsfontein, die familieplaas waar die Louw-broers naweke en vakansies by hulle grootouers deurgebring het. (Foto: verskaf)

Die 2025 ATKV Digskool in die Louwhuis en Museum Sutherland is verby. Vir drie dae het 24 digters meegedoen aan besprekings en ontledings, onder leiding van Bernard Odendaal en Heilna du Plooy. Daar is heerlike etes en luukse verblyf deur Rogge Cloof Natuurreservaat verskaf, wat grootliks deur hulle gesubsidieer is.

Die groot nuus is aangekondig dat die Jannie Mouton Stigting fondse beskikbaar gestel het vir die inrig en voltooiing van die uitstalruimtes in die huis, met Matilda Burden as kurator.

Die eerste boeke vir die Louwhuis Poësiesentrum is van Turksvy Uitgewers ontvang, danksy Daniel Hugo (voorsitter van die Louwhuis se literêre komitee) en Marlene Malan. Dorette Louw het 35 kartonne boeke uit die versameling van wyle George Louw geskenk en dit is in ontvangs geneem.

Onder die wakende oog van NP van Wyk Louw in die nuut gerestoureerde Louwhuis en Museum Sutherland. (Foto: verskaf)

Verder was daar ’n orrel- en altviooluitvoering in die historiese kerk, sterre is aangeraak, ’n besoek is aan Gunsfontein gebring en die Klipwerkgedigte wat vir ’n digterswandelroete bestem is, is in Afrikaans, Engels en Duits voorgelees.

’n Kranslegging is by WEG Louw se graf gedoen, asook simboliese kranse is vir NP van Wyk Louw en Johann de Lange neergelê.

Daar het ’n nou band tussen al die digters ontstaan waarvan die sterre getuie is.

Stuur ’n e-pos aan admin@louwhuis.com indien u digbundels en/of verwante werke aan die Louwhuis wil skenk.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top