Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2025

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 September

Resensie: Morris misdadiger se moses
Stefaans Coetzee resenseer Confessor cop deur Jonathan Morris & Michael Behr

Resensie: Nesbo-waagstuk met ‘Wolf’
Sonja van der Westhuizen resenseer Wolf hour deur Jo Nesbo

Resensie: Vrees en vryheid hier reisend onder woorde
Johan van Zyl resenseer My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver

Boeke: Boek oor moord op ds. Liezel ‘werp soeklig op geslagsgeweld, polisie’

3 September

By my lees: Sidney Gilroy

4 September

Boeke: Moenie dié skrywers en hul jongste boeke by NALN misloop nie

8 September

Uittreksel: Die moord op Liezel de Jager

Resensie: ‘Sjoe!’ ligvoets en vriendelik
Francois Bekker resenseer Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp

Boekevat: Dis als TV se skuld dat ek so baie boeke lees
’n Rubriek deur Bibi Slippers

Resensie: Stephen King in Afrikaans
Stefaans Coetzee resenseer Bonsaimeisies deur Erla Diedericks

Resensie: Bloemlesing, verse verhef tot heuglikheid
Charl-Pierre Naudé resenseer Nogmaals vir die bysiende leser: Gedigte ter ere van Wilma Stockenström

10 September

By my lees: Hettie Scholtz

11 September

Kyk weer: Jaco Wolmarans praat oor Donkermaan en Sekelmaan

13 September

Digter Johann de Lange ‘se hele lewe was in diens van sy skryfwerk’
’n Huldiging deur Daniel Hugo

15 September

Resensie: ‘Grafdigter’ labirint van komplekse verhoudings
Jonathan Amid resenseer Die grafdigter deur Gerda Taljaard

Boekevat (repliek): ‘Klassieke geval van ’n strooipop-argument’
Deur Marlies Taljard en Joan Hambdige

Resensie: Du Preez sing in hoër oktaaf
Ilza Roggeband resenseer Die laaste leuen deur Anita du Preez

16 September

Tuin van Digters oor ‘wanatoe’: Net ’n paar het die ‘roadmap’
Naomi Bruwer doen verslag oor ’n paneelgesprek wat PEN Afrikaans by Tuin van Digters aangebied het

22 September

Resensie: ‘Ongemak’ ’n ryk, geskakeerde bundel vir nadink, herlees
Joan Hambidge resenseer Die ongemak van daar wees deur Riël Franzsen

Resensie: Verstand begin by lokstem van uie
Ilza Roggeband resenseer Kombuistaal deur Vickie de Beer en Antjie Krog

Resensie: Amardien ’n skrywer om dop te hou
Bibi Slippers resenseer Life is ’n biets deur Faeed Amardien

Resensie: Duistere geheime van vreemde dinastie
Willemien Aukema resenseer Déjà vu deur Chanette Paul

24 September

By my lees: Irma Venter

25 September

Boeke: Liefde, verlies, noodlot en ouerskap in fokus op Bookerprys-kortlys

26 September

Kyk weer: Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord

Kyk weer: Sarah gaan jou laat skaterlag

29 September

Boeke: Nuwe boeke in Oktober

Boekevat: Toe ‘Mahala’ ’n ingenieur in Texas betower
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: Lugballon kom nie behoorlik van grond af
Francois Smith resenseer Oorkant deur PJ Haasbroek

Boeke: ‘Verdraaide rympies’ van Antjie Krog in nuwe kinderkookboek

Boeke: Karakters in PJO Jonker se Die onsigbare lok fliekmakers

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:

Merang deur Neil Cochrane en Alwyn Roux (redakteurs en samestellers): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

One small step deur Paul Sinton-Hewitt: ’n lesersindruk

Die Waterplek – Gabriëllië deur Carina Stander: ’n resensie

Weersiens verby Emmaus deur Kobie Lötter: ’n lesersindruk

Patmos deur Willem Anker: ’n resensie

Stories vir die siel – inspirerende kortverhale, saamgestel deur LAPA Uitgewers: ’n resensie

Roulette deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk

Liefdesleuens deur Malene Breytenbach: ’n resensie

Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier: ’n lesersindruk

Winterwens deur Lizelle von Wielligh: ’n resensie

Die uitvaart deur Carla van der Spuy: ’n resensie

Wag-’n-bietjie deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos: ’n lesersindruk

Die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman: ’n resensie

Life is ’n biets: ’n onderhoud met Faeed Amardien

Heil die Leser! Wanneer varke vlieg: Bakeliet deur Anri Botha

Skemerverse: ’n onderhoud met Estelle Kruger

Klein konings: ’n onderhoud met Theo Kemp

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende September in Rapport verskyn:

7 September 

Nuwe roman: Hoekom is ons en die Russe so eenders?
Deborah Steinmair resenseer Die grafdigter deur Gerda Taljaard

Deep Heat, dominees en nartjies vol brannas – Dana se rugbyboek bekoor
Wynand Claassen resenseer Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman

14 September 

Die astronoom en die komponis: ‘Patmos’ is poësie
Bibi Slippers resenseer Patmos deur Willem Anker

In ‘Bonsaimeisies’ klim jy in ’n moordenaar se kop
Jannes Erasmus resenseer Bonsaimeisies deur Erla Diedericks

21 September 

Sidney Gilroy se jongste is ’n pragtige, prosaïese krimi
Stefaans Coetzee resenseer Roulette deur Sidney Gilroy

Klein begin: Toe Malema die tenders begin looi en die rande laat inrol het

Laaste woorde: Annelie Botes oorrompel met haar rou eerlikheid
Trisa Hugo resenseer Laastegoed deur Annelie Botes

28 September 

Resensie: Vrees, vryheid en ’n Fransman wat vloek in Afrikaans
Francois Bekker resenseer My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver

Resensie: Moord aan boord: Leon van Nierop se jongste is lekker (maar nie volmaak)
Stefaans Coetzee resenseer Die volmaakte moord deur Leon van Nierop

Beste Afrikaanse boeke: Hier is ons lesers se keuses

Rapport se beste Afrikaanse boeke

27 September

Netwerk24 kykNET Rapport -boekpryse: Hier is 2025 se wenners: Die beoordelaars vertel

Die volgende resensies en onderhoude het in September onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

2 September

Lesersindruk | Madelein Rust se laaste krimi tref die kol
Hoewel dit ’n storie is oor moord, vervleg met dwelmhandel en ander skelm en gure aktiwiteite, is dit allermins ’n swaar stuk leesstof.

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-madelein-rust-se-laaste-krimi-tref-die-kol/  

11 September

Luister | Marion Erskine bring nuwe jeugroman huis toe
Hoewel Marion Erskine nou al ’n geruime tyd in die buiteland woon, koester hy deur die Lekkerleesboekrak-gemeenskap, waarvan hy die stigter is, nog ’n hegte band met Suid-Afrika en sy mense. 

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-marion-erskine-bring-nuwe-jeugroman-huis-toe/  

 14 September

Luister | ‘Joie de vivre’-swerfjaar vir Marita en haar Franse man
“Daar was baie onsekerhede. Dit is deel van die ‘vrees’ in die titel, maar hier is ons vandag en kan ons terugkyk op ’n wonderlike jaar met baie herinneringe.”  

Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-joie-de-vivre-swerfjaar-vir-marita-en-haar-franse-man/  

21 September

Boekresensie: ‘Twyfelbos’ deur François Loots
François Loots volg sy leidsterre deurgaans en karteer ’n verhaal in soveel stemme dat ’n mens die boek weer wil lees. 

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-twyfelbos-deur-francois-loots/

23 September

Boekoorsig: Ervaar die Krugerwildtuin te voet
Dit is nie ʼn romantiese safaristorie nie, maar eerder ’n eerlike, dikwels rowwe weergawe van hoe dit werklik is om die veld met jou hele wese te beleef. 

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-ervaar-die-krugerwildtuin-te-voet/

Boek oor ‘Beeld’ se einde ‘moet afsluiting bring’
Lesers wat as’t ware na vuilwasgoed in die boek soek, gaan dit egter nie kry nie, waarsku Barnard Beukman. 

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/boek-oor-beeld-se-einde-moet-afsluiting-bring/

28 September

Boekresensie | ʼn Krimi-nuweling om dop te hou
As jy, soos ek, versot is op krimi’s, sal jy die boek geniet. Om die misdaad uit die hoek van die prokureur ter verdediging te bekyk, gebeur nie te dikwels in Afrikaans nie.  

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-n-krimi-nuweling-om-dop-te-hou/

Radioloog ontdek sy stem in digkuns

“Die koorsboom is ’n simbool van die mens in sy omgewing. Die stryd tussen lig en donker, ook in onsself.”  
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/radioloog-ontdek-sy-stem-in-digkuns/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

3 September

Fresh off the press: Ons Klyntji zine 2025

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

 Woensdag 3 September 

Luister na ’n 2018-onderhoud wat Ilse Salzwedel met Nico Moolman gevoer het. Hy is verlede week oorlede, en sy voormalige uitgewer, Annie Olivier, bring ook hulde aan hom. Jy kan ook luister na Gaireyah Fredericks en Ingrid Winterbach se aanvaardingstoesprake by die UJ-prysoorhandiging. Johan Myburg vertel meer oor die Kirkus-pryse, die Britse skrywer Richard Osman se gunstelingboeke, en hy gesels oor Greg Iles, die Amerikaanse skrywer wat verlede week oorlede is.

Woensdag 10 September

Ilse Salzwedel gesels met Francois Lotter oor hierdie naweek se Tuin van Digters-program by die Breytenbachsentrum op Wellington. Sy stel jou ook voor aan Wilna Roux, skrywer van die spannende hofroman, Die ooggetuie. Nedine Petrick, mede-organiseerder van die Aardklop-kunstefees se boekeprogram, vertel waarna lesers alles kan uitsien. Johan Myburg gesels oor die gissinge en nuwe verwikkelinge met vanjaar se Nobelprys, en vertel meer oor die agste roman in die Cormorant Strike-reeks wat pas verskyn het. Hy stel jou ook voor aan Angela Flournoy, ‘n skrywer om dop te hou.

Woensdag 17 September

 Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy derde roman, Klein konings. Jy kan ook luister na ’n tien-minuut lange uittreksel uit ‘n onderhoud met Jeff Wicks, die skrywer van The Shadow State, wat Jeff se ondersoek na die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran dokumenteer. Johan Myburg het oudergewoonte weer interessante boekenuus, o.a. ’n hele lang lys nuwe boeke waarin jy dalk sal belangstel. Daar is ook ‘n bydrae oor Kiran Desai, ’n Indiese skrywer en ‘n gunsteling vir vanjaar se Bookerprys-kortlys, en Raising Hare, ’n lieflike ware verhaal waarvan diereliefhebbers sal hou. Dit word vanjaar met die Wainright-prys bekroon.

 Woensdag 24 September

Ilse Salzwedel gesels met twee toegewyde Stephen King-aanhangers en versamelaars van sy boeke, Anchen Conradie en Riaan Strauss, oor dié baie gewilde skrywer, wat vandeesweek verjaar. Sy vra Elmari Rautenbach, een van die samestellers van Bloei en blom uit oor hierdie lieflike versamelaarsboek wat beskryf word as ‘n viering van Afrikaans. Jy kan ook uitvind wie is die wenners van die ATKV Woordveertjies vir 2025. In sy internasionale bydraes het Johan Myburg nuus oor ‘n 91-jarige skrywer wat met ‘n letterkundeprys bekroon is, die nuut aangewese ampsdigter van die Amerikaanse Library of Congress, en ‘n nuwe spioenasiedrama uit die pen van Mick Herron.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

 Dinsdag 2 September 

Ons reeks oor die digter George Weideman kom tot ’n einde. Johann Nel lees van sy gedigte voor uit die versamelings, ’n Staning onder sterre en Verskombuis: ’n kookboek met gedigte. 

Dinsdag 9 September 

Sophia van Taak praat met Marthé McCloud oor haar debuutbundel, Ontbloot. Dié afgetrede maakskaplike werker van die Strand se gedigte lees soos ’n memoir. Hoewel Marthé heelwat oor haar eie ervarings uit verskeie eras van haar lewe skryf, bly die temas wat sy aanroer steeds universeel relevant. Vanweë haar loopbaan in maatskaplike werk dig sy ook oor veral kindertrauma.

Dinsdag 16 September

André Terblanché lees gedigte oor die lente voor. Natuurlik kan jy uitsien na bekende gedigte, soos Leipoldt se Oktobermaand, asook sy Lenteliedjie. Maar daar wag ook ’n paar verrassings, verse wat jy dalk nog nooi tevore gehoor het nie en ’n paar vertalings wat vertel hoe dié jaargety in ander wêrelddele lyk.

Dinsdag 23 September

Dink jy ooit oor water? Vir die meeste van ons is dit maar net ’n gewewe – dis daar as jy ’n kraan oopdraai! Maar laat jy nou net nié water hê nie, dan is dit ál waaraan jy kan dink. Water is eintlik so ’n wonderlike ding. Dis so kragtig. Dit maak lewe moontlik. Ek en jy het beslis ook ’n spirituele konneksie met water. Sophia van Taak en voorleser Nienke Geldenhuys verken dié oerelement se kenmerke en effek.

Dinsdag 30 September

Sophia van Taak en voorlesers Nienke Geldenhuys en Wessel Pretorius neem ons op reis deur Namibië. In die eerste van twee programme toer ons van die Oranjerivier af al langs die kus op tot by die Kunenerivier. Langs die pad doen ons ook aan by ’n paar van Namibië se bekendste landmerke. Daar is gedigte deur Kobus Lombard, Daniel Hugo, Ronnie Belcher, Wilma Stockenström en vele meer.

 

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

2 September

Resensie: “die helfte is jou nie vertel nie” (Thérèse Bartman)
Resensent: Dewald Koen

8 September

Resensie: “Bakeliet” (Anri Botha)
Resensent: Nini Bennett-Moll

11 September 

Resensie: “Koorsboom” (Jakes Möller)
Resensent: Marieta McGrath 

24 September 

Resensie: “vloei / stof” (Gilbert Gibson)
Resensent: Dewald Koen

26 September

Resensie: “Die bloei van blomme” (Pirow Bekker)
Resensent: Daniel Hugo

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in September verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Lynda la Plante

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marieta Carrick oor Bloed van ’n vlinder

Resensie: Tina Swiegers resenseer Donkermaan en Sekelmaan deur Jaco Wolmarans

Resensies: Drama op en onder die see dryf die gebeure

  • Antonio Cantoni resenseer The ship beneath the ice deur Mensun Bound
  • Alida Vos resenseer The wolf hunt deur Justin Fox en Freeze deur Kate Simants
  • Irma Steffens resenseer Storm child deur Michael Robotham

Resensie: Reis saam na Tibet, Mianmar, Kambodja en Noord-Korea: Alida Vos resenseer Fanie os oppie jas deur Fanie van der Merwe

Resensie: Boek wys Suid-Afrika is ’n unieke kulturele hutspot. Sonja van der Westhuizen resenseer The interpreters: South Africa’s new nonfiction onder die leiding van die redakteurs, Sean Christie and Hedley Twidle

Resensies: 2 kortverhaalbundels is eg Suid-Afrikaans

  • Retha Kotze resenseer Vrystaatstories deur Henning van Aswegen
  • Karien Labuschagne resenseer Searching for Simphiwe deur Sifiso Mzobe

Resensie: Irma Steffens resenseer Roulette deur Sidney Gilroy 

Uittreksel: Die uitvaart deur Carla van der Spuy

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top