Die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman: ’n resensie

“Die bundel verleen stem aan ontmagtigdes en diegene wie se lewens nooit wasdom bereik het nie. Dis egter die wyse waarop dit gedoen word wat die bundel as ’n juweel laat uitstaan met die klanksnitte se atmosfeerskeppende musiek, die grafiese materiaal, en taal wat soms die tekstuur van warm heuning het en dan weer pynlik steek soos lemmetjiesdraad wat ’n konsentrasiekamp afkamp.”