Liefdesleuens deur Malene Breytenbach: ’n resensie

“Net toe ek dink alles tussen hulle is verby, gebeur daar iets met Douw wat my weer laat dink die verhouding sal hervat word, of Maya sal haarself verder in ’n situasie dompel waaruit sy nie sal kan wegstap nie. Dis hierdie fluktuasies, heel geloofwaardig ook, wat my die bladsye laat omblaai het om te lees wat volgende gebeur.”