Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Oktober
Boeke: ‘Verdraaide’ rympies van Antjie Krog in nuwe kinderkookboek
6 Oktober
Resensie: Soos stoeigeveg met ’n seekat
Sonja van der Westhuizen resenseer The girl with ice in her veins deur Karin Smirnoff
Resensie: Sarah se soeke na plus-een
Ilza Roggeband resenseer Sarah plus een deur Kristel Loots
Resensie: Jy gaan lag, jy gaan gril, maar lees gaan jy lees
Bibi Slippers resenseer Clown Town deur Mick Herron
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir September
7 Oktober
Boeke: Tussen liefde en die leegte in Rusland van donker sprokies
Gerda Taljaard in gesprek met Laetitia Pople
8 Oktober
13 Oktober
Resensie: Verhale wat inspireer, boei
Anschen Conradie resenseer Stories vir die siel (Lapa)
Resensie: ‘Sweetie’ mesmeriseer leser
Ilza Roggeband resenseer Sweetie deur Nataniël
Boekevat: ‘Kaapse paragrawe’ virtuele argief, museum
’n Rubriek deur Theunis Engelbrecht
Resensie: Sterk, eiesoortige stem klink op in Waterman
Louise Viljoen resenseer Waterman deur Herman Wasserman
20 Oktober
Boekevat: Om te help onthou wat ons mens maak
’n Rubriek deur Alwyn Roux
Resensie: ‘Eleksie’ is lig, laf en lekker
Francois Bekker resenseer Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg
Resensie: ‘Bones’ gaan jou wakker hou
Stefaans Coetzee resenseer Bare bones deur Nicole Engelbrecht
Resensie: ‘Weduwees’ dawerend meesleurende roman
Jonathan Amid resenseer Die drie weduwees deur Irma Venter
27 Oktober
Boeke: Nuwe boeke te kies en te keur
Boekevat: Die betekenis van alles is: ‘Ek is lief vir jou’
’n Rubriek deur PP Fourie
Resensie: ’n Deurleefde bundel deur fynsinnige vakman
Alwyn Roux resenseer Kategismus deur Daniel Hugo
Kyk weer: Irma Venter gesels oor haar boek Die drie weduwees
Kyk weer: Manewales van Ruben Lambrechts en sy diere
30 Oktober

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:
Die katartiese metode deur Jaco Fouché ’n klein boek met ’n reuse impak
"Oor monnemente gepraat": ’n resensie van Klein konings deur Theo Kemp
Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"
Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk
Lesersindruk: Misdaad/Liefdaad deur Joanne Lombard is ’n vars debuut
Briewe van heldinne is ’n skitterende vertaling deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman, ’n lesersindruk
Jeugroman of historiese roman? ’n Lesersindruk van Louis Pretorius se ’n Jaar in my lewe
Wanneer appeltjies geskil word: ’n lesersindruk van Sidney Gilroy se Roulette
Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Oktober in Rapport verskyn:
5 Oktober
Resensie: Taalgebruik pootjie heerlike kuberriller vir tieners
Magdel Vorster resenseer Web van leuens deur Marion Erskine
Resensie: Het jy krag vir al dié skokke in een familie?
Jannes Erasmus resenseer Déjà vu deur Chanette Paul
Resensie: Kom ons praat oor Van Gogh, krieket en die soeke na waarheid
Joan Hambidge resenseer Amplitudes en koloriete deur Meyer van Rensburg
12 Oktober
Resensie: Afrikaans in die Midde-Ooste se kookpot van geweld
Stefaans Coetzee resenseer Sekelmaan deur Jaco Wolmarans
100 beste boeke: Daar’s mos niks so lekker soos ’n lysie nie
’n Rubriek deur Louis Eksteen
Resensie: Die see maak my skrik, maar dié duikers roer diep
Clari Niemand resenseer Deep blue deur Veruska de Vita
16 Oktober
Luister: Hy’t gekom om Afrika te sien, maar dít was Bloemfontein nie
19 Oktober
Resensie: Hier’s vet pret met proffies se pretensieuse gepraat
Francois Bekker resenseer The lost language of oysters deur Alexander McCall Smith
Resensie: Die digter en die ‘alfabet’ van God
Fanie Oliver resenseer Feesmaalgang deur Dietloff van der Berg
23 Oktober
Luister: PG du Plessis en sy tante se gru geheim
26 Oktober
Resensie: Rhodes se visie – en wat by die Groot Gat gebeur het
Albert Heenop resenseer The colonialist deur William Kelleher Storey
Luister: Waarom Etienne Leroux so skrikwekkend snaaks was
Resensie: Wat gebeur as 25 digters tegelyk met Wilma Stockenström gesels
Deborah Steinmair resenseer Nogmaals vir die bysiende leser

Die volgende resensies en onderhoude het in Oktober onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
2 Oktober
Boekoorsig: ʼn Reis deur SA se spoorwegerfenis
Dit is ʼn storie van ingenieursvernuf, ekonomiese vooruitgang en onvergeetlike herinneringe.
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-n-reis-deur-sa-se-spoorwegerfenis/
5 Oktober
Lesersindruk | Attenborough se ‘Ocean’ is huldeblyk aan laaste wildernis
David Attenborough se “Ocean” herinner ons dat hoop vir die natuur altyd moontlik is, mits ons herstel en bewaring kies.
10 Oktober
Paarl se taalpêrel leef voort: boek vier Afrikaans se skoonheid
“Ek en my wederhelfte Marléne was bevoorreg om op 10 Oktober 1975 die inwyding van die Taalmonument by te woon.”
10 Oktober
Eben Etzebeth-memoires: ‘Ek wil net my gesin trots maak’
“Soms voel ʼn mens skuldig om weg te wees van jou gesin af, en jy voel soos ʼn slegte eggenoot en pa, maar dit is spesiaal om te weet hulle wag vir jou om huis toe te kom.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/eben-etzebeth-memoires-ek-wil-net-my-gesin-trots-maak/
11 Oktober
Luister | Só help jy jou kind om gereeld groente te eet
“Moenie sekere groente of kossoorte van jou kind af weghou omdat jy dink hulle gaan dit nie eet nie.”
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/kos/luister-so-help-jy-jou-kind-om-gereeld-groente-te-eet/
18 Oktober
Lesersindruk | Wat elke ouer en tiener van die aanlyn wêreld moet weet
Emma en Rorke praat die taal van tieners en wys hoe ʼn mens nie vir jou aanlyn veiligheid hoef te vrees nie, maar wel verantwoordelik moet wees.
18 Oktober
Marié Heese se eerste Afrikaanse digbundel op 82
“Ek voel ek het nou gedoen wat ek kan en wil doen, so goed soos ek kon.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/marie-heese-se-eerste-afrikaanse-digbundel-op-82/
28 September
Boekresensie | ʼn Krimi-nuweling om dop te hou
As jy, soos ek, versot is op krimi’s, sal jy die boek geniet. Om die misdaad uit die hoek van die prokureur ter verdediging te bekyk, gebeur nie te dikwels in Afrikaans nie.
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-n-krimi-nuweling-om-dop-te-hou/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.
4 Oktober
Resensie: Gedigte ter ere van Wilma Stockenström
Natasha Harmse resenseer Nogmaals vir die bysiende leser
11 Oktober
Resensie: In Klein konings vra Theo Kemp: ‘Wie se skuld is hierdie hel?’
Natasha Harmse resenseer Klein konings deur Theo Kemp

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/
Woensdag 1 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Pauli van Wyk oor haar onthullende boek oor Julius Malema. Anneli du Preez, die skepper van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, gesels oor haar skryfwerk. Johan Myburg het weer nuus oor wêreldklas storievertellers, en in sy bydraes kan jy hoor wie op die kortlys vir die Bookerprys is, hoekom Sally Rooney nie self ‘n groot Britse prys kon gaan ontvang nie, en meer oor die Hilary Mantel-prys vir nuwe skrywers.
Woensdag 8 Oktober
Ons hoor wie is bekroon met die Netwerk24 kykNET Rapport-pryse, en jy kan ook luister na argiefonderhoude waarin die skrywers van die top 5-boeke op Rapport se lys van 100 beste boeke, oor hulle werk gesels. Marlene van Niekerk praat oor Agaat en Triomf, onderskeidelik in die eerste en derde plekke op die lys, Etienne Leroux gesels oor Sewe dae by die Silbersteins, en Elsa Joubert vertel die storie agter Poppie Nongena. Etienne van Heerden vertel ook van die storie agter sy roman, Toorberg. In Johan Myburg se nuus uit die wêreldletterkunde kan jy hoor watter boeke op die kortlys is vir die Bailie Gifford-letterkundeprys, en die ondersoek na die dood van die skrywer Hunter S Thompson, wat twee dekades ná sy dood heropen is. Johan bring ook hulde aan Tony Harrison, die Britse digter en dramaturg, wat onlangs oorlede is.
Woensdag 15 Oktober
Die boekbeïnvloeder en resensent Anschen Conradie gesels oor vyf uiteenlopende Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Dit wissel van Antjie Krog en Vickie de Beer se boek, Kombuistaal, tot Erla Diedericks se Bonsaimeisies, ‘n Afrikaanse riller. Ilse Salzwedel gesels met Carla van der Spuy oor haar jongste nie-fiksie boek, Uitvaart. In Johan Myburg se segment oor die internasionale boekewêreld, stel hy ons voor aan vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde, László Krasznahorkai. Hy bring ook hulde aan die gewilde Britse skrywer, Jilly Cooper, wat verlede week oorlede is, en vertel meer oor ‘n nuwe versamelbundel van die werk van die Ierse digter, Seamus Heany.
Woensdag 22 Oktober
Francois Bekker, ‘n boekresensent en groot boekliefhebber van Pretoria, stel lesers voor aan sewe goeie Afrikaanse boeke. Johan Myburg bring hulde aan die Suid-Afrikaanse skrywer, Zoe Wicomb, wat onlangs oorlede is. Hy verklap ook hoekom sekere bekende en verdienstelike skrywers oorgesien is met die Nobelprys.
Woensdag 29 Oktober
’n Heruitsending van die huldigingsprogram vir C Johan Bakkes.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/
Dinsdag 7 Oktober
Sophia van Taak en die voorlesers, Wessel Pretorius en Nienke Geldenhuys, reis verder deur Namibië. In die vorige episode het ons na gedigte oor veral die woestyn en die verlate strande vol skeepswrakke geluister. Hierdie keer handel die verse meer ook die diere- en plantelewe van dié dorre streke. Ons gaan sit by ’n watergat in Etosha en kyk watter wild kom drink. En dan vaar ons ook die duine in op soek na die skaars welwitschia.
Dinsdag 14 Oktober
Oktober is Geestesgesondheid-bewusmakingsmaand. Hoewel dit ’n goeie idee is om dinge soos depressie, angs en psigiese versteurings onder die vergrootglas te plaas, is mense steeds skaam om daaroor te praat. Daar kleef steeds ’n stigma aan iets soos depressie, en dit maak dat mense wat hiermee sukkel twee keer dink voordat hulle vir hulp vra. Partykeer kry ’n mens ook nie die regte woorde raakgevat om vir ander te beskryf hoe jy voel nie. Dít is waarom Marion Holm gedigte oor depressie in al sy gedaantes voorlees.
Dinsdag 21 Oktober
Daar iets nostalgies omtrent treine. Dalk is dit die ouwêreldse sjarme van swierige kompartemente; dalk die groot krag en persoonlikheid van die stoomlokomotiewe van ouds. Deesdae neem sneltreine en moltreine jou in ’n japtrap tot waar jy wil wees, maar ’n generasie of twee gelede was ’n treinrit ’n okkasie, ’n avontuur op sy eie. En jy het dit alles ingeneem – van die stadige gewieg van die trein en die landskappe wat buite die venster verbyskuif, tot die geklik-klak van die wiele op die spoor, die gefluit van die enjin en die reuk van die roet. André Terblanché se gedigvoorlesings neem ons op ’n reis vol heimweë terug na die tyd van treine.
Dinsdag 28 Oktober
Die digbundel, Merang, is ’n splinternuwe Afrikaanse bloemlesing wat onlangs by Naledi-uitgewers verskyn het. Dit bevat voorheen ongepubliseerde gedigte van altesaam 88 digters, en dek ’n breë spektrum van temas – van die liefde, landskappe en spiritualiteit, tot queer-identiteit, sosiopolitieke kwessies en kunstenaarskap. Sophia van Taak praat met die twee samestellers, Alwyn Roux en Neil Cochrane, oor hierdie projek.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
10 Oktober
Resensie: alles van waarde is weerloos (Melanie Grobler)
Resensent: Marlies Taljard
18 Oktober
Onderhoud: Marlies Taljard gesels met Meyer van Rensburg oor Amplitudes en koloriete
22 Oktober
Resensie: Waterman (Herman Wasserman)
Resensent: Marius Crous
24 Oktober
Resensie: Lostorring (Jadrick Pedro)
Resensent: Nini Bennett-Moll
27 Oktober
Onderhoud: Joan Hambidge gesels met Fourie Botha oor Kolam
28 Oktober
Resensie: Poëme deur Wium van Zyl
Resensent: Fanie Olivier

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Oktober verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jaco Jacobs
Onderhoud: Annette Havenga gesels met PP Fourie oor Die dood van Rachel April
Onderhoud: Susan Purén gesels met Gerhard Pietersen oor Wond
Resensies: 4 Boeke is soos duur sjokolade
- Antono Cantoni resenseer Elizabeth Finch deur Julian Barnes
- Nadia de Jongh resenseer A sea of unspoken things deur Adrienne Young
- Tina Swiegers resenseer Our london Lives deur Christine Dwyer Hickey
- Danica Gouws resenseer Just for the summer deur Abby Jimenez
Resensies: 5 Boeke gegrond op ontroerende en ware verhale wat skok
- Sonja van der Westhuizen resenseer The fourth boy, Andrew Robert Wilson
- Alida Vos resenseer The armour of light, Ken Follett
- Nadia de Jongh resenseer The household, Stacey Halls
- Danica Gouws resenseer Loves and miracles of Pistola, Hilary Prendini Toffoli
- Olga Krügel resenseer Sisters under the rising sun, Heather Morris
Resensie: Antonio Cantoni resenseer The bone season deur Samantha Shannon

