Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"

“Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly.”