Super C: ’n onderhoud met Susan Coetzer

Susan Coetzer gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: “Ek is nie ’n predikant, onderwyseres of sielkundige nie, en ook nie ’n vreeslike beredeneerde persoon nie. As outeur van Super C wil ek eerder as ’n kreatiewe, onveroordelende omgeevriendin met die lesers probeer bind deur my teleurstellings en oorwinnings met erns (en soms speelsheid) met hulle te deel.”