
Die suksesvolle Afrikaanssprekende kandidaat moet oor besondere taal- en rekenkundige vaardigheid beskik.
Kwalifikasie: Toepaslike tersiêre opleiding in algemene en finansiële administrasie
Ervaring: 10 jaar bewese ervaring in kantoorbestuur
Ander vereistes:
- Uitstekende administratiewe en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Bewese rekenaarvaardigheid in veral MS Word, MS Outlook en MS Excel
- Bewese kennis van finansiële administrasie en boekhouding
- Basiese kennis van finansiële beleggings
- Kennis van die Universiteit Stellenbosch se finansiële stelsel sal ‘n aanbeveling wees
- Goeie internet- en sosialemediavaardighede
- Uitstekende beplannings-, organiserings- en prioritiseringsvaardigheid
- Die vermoë om effektief onder druk te funksioneer en by sperdatums te hou
- Die vermoë om selfstandig en noukeurig te werk
- Eie vervoer
Besondere pligte binne die algemene en finansiële admininstrasie:
- Reël van vergaderings en die hou van notules
- Verkope, versending en voorraadtelling van WAT-produkte
- Hulp met die opstel van begrotings en finansiële verslae
- Samewerking met ouditeure vir jaarlikse oudit
- Reis- en verblyfreëlings, reël van funksies
Diensaanvaarding: 1 April 2022
Sluitingsdatum: 21 Februarie 2022
Navrae: Voor 14 Februarie aan die Hoofredakteur: wfb@sun.ac.za of 021 887 3113
Aansoeke moet die volgende insluit: Aansoekbrief, CV met relevante inligting, name en kontakbesonderhede van twee referente, gewaarmerkte afskrifte van ID en kwalifikasies
Rig aansoeke aan: Die Hoofredakteur, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Banhoekweg 115, Stellenbosch, 7600

