Foto’s en video’s: WAT stel T bekend op luisterryke T-partytjie

  • 3
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het op 13 Oktober die amptelike bekendstelling gehou van die T-trajek, wat slegs aanlyn beskikbaar is.

Op dié luisterryke T-partytjie is gepraat oor hoe omvattend T bewerk is, hoe variëteite van Afrikaans deur die WAT hanteer word, en wat die toekomsvisie van die WAT is. Daar is ook hulde gebring aan Frikkie Lombard, wat ná 41 jaar in diens van die WAT aan die einde van Oktober aftree.

  • Foto’s: Naomi Bruwer

Die bekendstellingsfunksie is in Portchie se huis, Maria’s Manor, aangebied. Mooiplaas het vonkelwyn verskaf.

Elmaré en Frikkie Lombard. Frikkie is die eindredakteur van die WAT.

Martie Stofberg, WAT-datasistematiseerder

Perlin Manewil, redaksionele assistent by die WAT

Mederedakteurs Charléne de Kock en Dané Claassen ontvang Erna Meaker.

Senior mederedakteur Gerhard van Wyk vertel meer oor die T-trajek wat nou aanlyn beskikbaar is. Die T-trajek bevat meer as 8 300 woordeboekartikels, amper 15 000 betekenisonderskeidings en ongeveer 35 000 voorbeeldsinne.

Hester Klopper, voorsitter van die WAT-direksie

Johan Holtzhausen, voorsitter van die WAT Trust, gesels met Astrid de Vos en Erna Meaker.

Rika Stofberg, WAT-datasistematiseerder

Mederedakteur André du Plessis

Willem Botha, voormalige hoofredakteur van die WAT

Mederedakteur Gerda Odendaal verduidelik hoe variëteite van Afrikaans in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal hanteer word en vertel van die variëteitsprojekte waarby die WAT betrokke is.

Marike Snyman van der Watt, WAT se kantoorbestuurder en finansiële beampte

Rufus Gouws, ondervoorsitter van die WAT-direksie

Dylan Hess, redaksionele assistent by die WAT

Arnold Schoonwinkel, WAT Trust

Carin Lawrie, WAT-datasistematiseerder

Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT, deel die WAT se toekomsvisie.

Mederedakteur Gerda de Wet

Hermien van der Westhuizen, redaksionele steundienste

Dorette van der Byl, die Rupert-Onderwysstigting

Tanja Harteveldt, bestuurder: redaksionele steundienste

Tersia Botha

Senior mederedakteur Alet Cloete bring hulde aan eindredakteur Frikkie Lombard wat aan die einde van Oktober aftree. Frikkie was 41 jaar in diens van die WAT.

Anet Pienaar-Vosloo, WAT Trust

Mederedakteur Jana Luther

Marné Pienaar, WAT-direksie

Ilse Harteveld, redaksionele steundienste

Gaskunstenaar Luna Paige het die gehoor aan haar voete gehad.

Verskeie WAT-redaksielede het leksikografie onder Rufus Gouws studeer. Van links: Gerda de Wet, Willem Botha, André du Plessis, Dané Claassen, Rufus Gouws, Alet Cloete, Frikkie Lombard en Phillip Louw.

Lees ook:

Persverklaring: WAT, Frazer Barry as nuwe beskermpersoon aangewys

 

  • 3

Kommentaar

  • Joan Dippenaar

    Lieflik. Lewendig en gesond. Mag dit van krag tot krag gaan. Dit is heerlik om te weet dat die taal so vol inisiatief is. Ek geniet die Borg ’n woord en deelname van almal. Stoom voort. Ons is trots op ons taal en al die hardwerkenders wat ons taal so ondersteun. Dankie. Taai!

  • Annemarie Brand

    Beste Mev Harteveld en Tanja
    Hoe lekker was dit om jul name en gesigte op die foto's te herken. Julle moet al van 1980 af by die WAT wees, toe my pa Hoofredakteur was en Mnr Harteveld ook nog deel van die redaksie was? Ek sou so graag, saam met julle, 'n slag weer by die WAT wou inloer, as dit moontlik is?
    Met vriendelike groete en my beste wense vorentoe.
    Annemarie Brand-Snijman (Frikkie en Toos Snijman)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top