LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer
2023-01-04"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."
Struikelblokke wat toesig deur opposisiepartye in die Suid-Afrikaanse parlement belemmer
2022-12-22"Die speaker laat gereeld ministers wegkom met onvolledige en ontwykende antwoorde op vrae en die ontduiking of ignorering van vrae, en beskerm ministers wat die proses ondermyn of totaal sinnelose antwoorde gee. Daar is ook geen geleentheid om vrae gedurende reses of kiesafdelingtyd in te handig nie."
Impliseer die wettiging van beëindiging van swangerskap op aanvraag dat voorgeboortelike menslike lewe geen waarde het nie?
2022-12-20"En om die vraag, wat in die opskrif van hierdie artikel gevra word, te beantwoord: nee, die wettiging van BVS op aanvraag impliseer nie dat voorgeboortelike lewe geen morele waarde inhou nie. Wat wel waar is, is dat hierdie waarde nie noodwendig ’n 'reg op lewe' regverdig nie ..."
Die toekoms van Taiwan: strategiese realiteite en die kernwapenopsie
2022-12-19"Teen die agtergrond van ’n uiters benarde buitelandse omgewing, en om die redes breedvoerig hier aangevoer, sal dit ’n omsigtige Taiwan baat om die kernwapenpad te oorweeg."
Verskeie Afrikaanse taalgedenkstrukture en een Afrikaanse Taalmuseum
2022-12-14"Terwyl die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl wyd bekend is, het ander Afrikaanse taalgedenkstrukture in Suid-Afrika vergete geraak. Sekere van hierdie taalgedenkstrukture het in verwaarlosing verval."
Wat ons van fok weet (en nie weet nie)
2022-12-13"Die oorhoofse doel van hierdie artikel is om ’n opsomming te gee van die bestaande taalkundige beskrywings en leksikografiese bewerkings van hedendaagse fok en ander vormlik verwante woorde (soos befok, fokken, fokkol en opfok)."
Sosiofonetiese aspekte van die Afrikaans van bruin Suider-Afrikaanse sprekers
2022-12-05"Bruinafrikaans is dus kennelik ’n baie stabiele variant, waarin min verskille gevind word in vokaalkwaliteit betreffende die sosiolinguistiese faktore geografiese ligging, ouderdom en geslag in die ander genoemde faktor etnisiteit."
Enkele onderskeidende stylkenmerke van, en die totstandkoming van sosiale betekenis in, Generasie X se SMS-Afrikaans
2022-11-29"Daar is gevolglik betreklik min oor die taalgebruik van ’n generasie bekend wat oënskynlik gedy as die skeppers, ontwikkelaars en gebruikers van al die inligting- en kommunikasietegnologie waarmee 'digitale aangeborenes' grootword."
’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers
2022-11-24"Daar word tot die slotsom gekom dat De Villiers ’n onprotestantse aanvoeling vir die mistieke gehad het, en eie aan mistici ’n afkeer van dogma ervaar het."
Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman
2022-11-23"Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te ontleed, is die waarde van die literatuurpsigologie as ’n sleutel tot teksinterpretasie (her)bevestig, veral wat die psigoanalitiese ontleding van bildungsromans betref."
Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 2
2022-10-27"Hoewel hy wel enkele Middeleeuse spesialisbydraes gelewer het, oorwegend ten opsigte van Augustinus, sou tot die saaklike gevolgtrekking gekom kon word dat Versfeld se forté ten opsigte van die studie van die intellektuele Middeleeue nie gespesialiseerde navorsing was nie, maar sy belese kommentaar daarop en toegewyde onderrig daarvan."
Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 1
2022-10-27"Deel 1 van hierdie artikel bied ’n navorsingsmotivering vir en inleiding tot ’n eietydse bestekopname van Martin Versfeld se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan."
Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei
2022-10-24"Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis."
Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie
2022-10-19"’n Aanbeveling is die belangrikheid van gesprek tussen China en Afrika om areas en roetes vir streeksintegrasie te identifiseer. China se finansiële hulpverlening en ervaring in die bou van infrastruktuur kan meehelp om streke te integreer en mededingende markte te skep."
Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie
2022-10-19"Die doel van die artikel was om vas te stel in welke mate Marlise Joubert se bundel grondwater ’n egte sikliese struktuur vertoon met ’n kodifiserende aanvang en ’n mitologiese slot, én of bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat inspeel op die interpretasie van die hele bundel."
’n Oorsigtelike verkenning van die omvang en fokus van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-verwante navorsing in Afrikaans vir die tydperk 2011–2021
2022-10-04"[V]ir die wetenskapskultuur rondom IKT in Afrikaans om te gedy is dit nodig dat publikasie van artikels in Afrikaans binne ’n gesonde groter ekosisteem plaasvind."
’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms
2022-09-26"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."
Konflik in Mosambiek – ’n ondersoek na die aard en dinamika van die teeninsurgensie-operasies in Cabo Delgado
2022-08-29"So gesien, kan die rolspelers wat in Mosambiek betrokke is by die insurgensie, wel daarop aanspraak maak dat daar op militêre gebied ’n multinasionale poging aangewend is om die insurgente in bedwang te hou, maar van welslae in ’n omvattende teeninsurgensieverband is daar tot dusver weinig sprake ..."
Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns
2022-08-29"Die inhoudelike skakel tussen Wittgenstein en Schoeman is die bemoeienis met taalkommunikasie en hoedat woorde betekenis kry binne en buite die grense van taal. Albei se lewenswerk het bestaan uit die vormgewing van die sin van taal."
Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies
2022-08-24"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."






