LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Die ekonomie van kosbaarheid
2021-04-22"Deur die koppeling van ekonomie aan tuisteskepping gaan verskeie modusse van toenadering tussen mens en natuur oop, waaruit ons besef dat dit waartoe ons in staat is, nie alleen die resultaat van ons eie inspanning is nie, maar ook aan ons geskenk word."
Toekomstaal, saadstories en ekokritiek in Alettie van den Heever se Stof
2021-04-20"Stof is uiteindelik ook net ’n storie, maar die roman suggereer dat nuwe stories potensieel ’n daadwerklike impak op die mens se omgang met die niemenslike omgewing kan hê."
"Kyk na my": die beeldvorming van Nataniël
2021-02-01"Terwyl sy artistieke (self)beeldvorming sy seksualiteit tegelyk beklemtoon en onderspeel, word hy in sekere kringe as ’n gay-ikoon gesien. Nietemin fokus sy vertellings en lirieke nie op homoërotiek as oorkoepelende tema nie, maar eerder op andersheid."
Groen van Prinsterer as vader van Christen-demokratiese politiek en sy rol in die konsolidasie van die grondwetlike demokrasie in Nederland
2021-01-26"Sy nalatenskap as die vader van die Christen-demokratiese politiek is vandag nog in Nederland merkbaar. Daar is tans in die Nederlandse parlement nog verteenwoordigers van die Staatkundig Gereformeerde Partij wat, in die gees van, en volgens soortgelyke beginsels as dié van Groen, openlik ’n Christelike staat voorstaan."
Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se Son of Saul (2015)
2020-12-11"Frankl se voorstel dat ons moet aanvaar dat ons nie die sin van die lewe op menslike en rasionele wyses kan verstaan nie, maar eerder ’n verantwoordelikheid moet opneem wat strek na iets buite onsself, word in die laaste tonele van Son of Saul voorgestel."
Die uitbeelding van koning Shaka (ca. 1781–1828) in die Suid-Afrikaanse literatuur
2020-12-07"In die literatuur word Shaka met onder andere Agamemnon, Attila, Julius Caesar, Tiberius, Beowulf, Napoleon en Hitler vergelyk. Opvallend genoeg is hierdie figure uit die Westerse tradisie en geskiedenis ’n poging om Shaka as enigmatiese figuur te probeer verstaan/verklaar en met ander bekende figure uit die verlede te vergelyk."
Musiek en dans as teks in drie romans van Karel Schoeman: Na die geliefde land, ’n Ander land en Verliesfontein
2020-12-04"Om Schoeman se romanoeuvre vanuit die oogpunt van musiek en dans te lees, dwing bewondering by die leser af. Die drie uittreksels wat uit verskillende musiek-dans-en-teks-invalshoeke bestudeer is, toon sy unieke vaardigheid."
Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?
2020-11-23"Hiermee word voorsien dat neigings tot oligargiese diktatuur in Afrika sal voortduur en die openbare ruimte waarskynlik toenemend deur ’n politieke heersersklas oorheers gaan word. Hierdie nuwe politieke klas sal waarskynlik materiële rykdom vir hulself nastreef terwyl die veelvlakkige ongelykhede wat in Afrikasamelewings bestaan, nie suksesvol aangepak gaan word nie."
Is die skrikbeeld van kernterreur geregverdig?
2020-11-18"Is die skrikbeeld van kernterreur en, bykomend, die uitbeelding van kernterreur as ’n eksistensiële krisis deur die media, politici en sommige kenners, geregverdig?"
Om warrelwinde te maai: Asem as kernmetafoor in die ontwikkeling van ’n persoonlike simboliek in die oeuvre van Willem Boshoff
2020-11-16"Die begrippe wind en asem, soos die verskeidenheid ontledings in hierdie artikel wys, is onderliggend in Boshoff se ondersoeke in terme van die verhouding tussen woord en beeld, tussen die geskrewe woord teenoor die gesproke woord, tussen boeke en bome – temas wat in Boshoff se oeuvre heers."
China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika
2020-10-12"Die poging van China om lenings aan lande beskikbaar te stel vir die oprigting van infrastruktuur en ekonomieseontwikkelingsprojekte word wyd en syd deur waarnemers gekritiseer. Soos die projekte vorder en lande groter lenings aanvra, begin hulle sukkel om die lenings terug te betaal en val dan in die sogenaamde skuldlokval."
’n Verkenning van relasionele outonomie aan die hand van die outobiografiese poësie van Afrikaanse vrouedigters
2020-09-17"Om nuwe paradigmas van outonomie wat vroulike protagoniste insluit te illustreer, is die teoretiese bespreking in hierdie artikel toegelig deur outobiografiese voorbeeldgedigte uit die oeuvres van vier vrouedigters, naamlik Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Antjie Krog en Ronelda S. Kamfer."
Suid-Afrika by ’n kantelpunt – ’n slegte-saak-scenario?
2020-09-14"Selfs met leierskap wat hervormingsgesind is, is die kragte te groot en omvangryk om te stabiliseer. Die stelsel is so sensitief gebalanseer dat selfs kleiner kragte of snellers die groter orde fundamenteel kan verander en binne die verband van chaotiese stelsels ’n bykans 'skoenlapper-effek' kan veroorsaak."
’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem
2020-09-03"Die interessantste ontdekking in hierdie ondersoek is dat skrywers nie alleen voortleef deur hul werke nie, en ook nie net deur skole wat na hulle vernoem is of standbeelde wat ter nagedagtenis aan hulle opgerig is nie, maar ook op verrassende wyses: ’n geocaching-bestemming, ’n hottentotsgot, ’n hond, ’n staproete, ’n posseël, ’n kennisgewing by ’n winkel, en so meer."
Vergestaltings van trauma in Suspiria (2018) deur Luca Guadagnino
2020-08-28"Suspiria is in die eerste instansie die verhaal van ’n vrou se wording, naamlik dié van Susie Bannion se ontwikkeling van betreklik naïewe meisie tot Moeder Suspiriorum, ’n vrou wat selfs die beliggaming van die dood kan oproep om haar wil uit te voer. Só gesien is die ontvouing van haar narratief die verhaal van ’n vrouekarakter se bemagtiging, ten spyte van enige historiese en ander kontekstuele beperkinge wat haar sou kon kniehalter."
Vergestaltings van trauma in Suspiria (1977) deur Dario Argento
2020-08-26"Beide die resepsie van die film deur die regisseur se aanhangers en akademiese publikasies oor Suspiria het geruime tyd reeds lank kanonieke status binne die grufilmtradisie aan die film verleen, en daarom is die vrystelling van Guadagnino se weergawe met groot belangstelling afgewag."
Vroulike karaktersubjektiwiteit: die strategiese gebruik van nomadiese skryf deur Eleanor Baker
2020-08-06"Die onderliggende hipotese is dat Baker hardnekkig haar eie weg ingeslaan en bly skryf het oor vroue se strewe na ’n ander identiteit as dié van die onderdanige vrou, en die gestereotipeerde voorstelling daarvan."
Die eliminering van die siel in die filosofiese mistiek en negatiewe teologie van die begyn Marguerite Porete (1250–1310)
2020-07-20"Wanneer die diskursiewe aweregsheid van haar teks met genuanseerde lesings in beskerming geneem word, tree Marguerite na vore as een van die mees provokatiewe denkers uit die Westerse ideëgeskiedenis."
Ouers se motivering om gestruktureerde spel bo ongestruktureerde spel te verkies tydens die voorskoolse ontwikkelingstadium
2020-07-14"Hoewel erkenning gegee moet word aan die waardevolle bydrae van gestruktureerde spel tot voorskoolse kinders se ontwikkeling, is dit die balans tussen ongestruktureerde en gestruktureerde spel wat die grootste impak op voorskoolse kinders se ontwikkeling kan hê."
Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar
2020-07-06"Die poësie van Cussons gee meermale uiting aan haar intense begeerte om die wonder van die skepping, die Goddelike, die mistieke ervaring vas te vang."






