LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas
2022-08-17"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."
"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie
2022-08-02"Die [artikel] toon hoe, in die geval van Temmingh se kunsliedsiklus Met apologie, die toonsetting van ’n gedig die teks nie net musikaal inklee nie, maar ’n addisionele dimensie of interpretasievlak aan die gedig toevoeg."
Vrouevertalers en -tolke van Khoesan-tale in die Suid-Afrikaanse koloniale geskiedenis: ’n morfogenetiese perspektief
2022-07-27"Wat die sosiale rol van vertaling in meer algemene sin betref, bied hierdie navorsing ’n sterk beklemtoning van die motto van die sosiologie van vertaling: dat vertaling geensins bloot ’n neutrale, funksionele aktiwiteit is nie, maar hoogs weerspieëlend van sosiale eienskappe is."
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe): Stylriglyne
2022-07-01Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe).
Die Soefi-denkwêreld van Rumi na aanleiding van sy gedig "Die rietfluitlied"
2022-06-29"Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied. Deur ’n ontleding en interpretasie van die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk, die Mathnawí, word sekere kardinale Soefi-leerstellings blootgelê en bespreek."
Die historiese ontwikkeling van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste, byeengebring vanuit die mees onlangse literatuur
2022-06-15"Daar sou nie sprake kon wees van die skepping, bewaring en ontwikkeling van ’n Westerse samelewingsorde as dit nie vir die dinamiese ontwikkeling en institusionele teenwoordigheid van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste was nie."
Die evolusie van eietydse intelligensie en die rol van sosiale-media-intelligensie (Socmint)
2022-06-08Ansie Stegen en André Duvenhage: "Die verskuiwingslyne wat aanpasbaarheid binne die Suid-Afrikaanse intelligensiegemeenskap betref, is duidelik aangetoon deur die staatskapingsage, en nog duideliker tydens die onrus wat in Julie 2021 uitgebreek het. […] Die intelligensiegemeenskap het nie die vermoë (menslike of tegniese hulpbronne) gehad om besluitnemingsinligting aan die staatspresident te verskaf nie."
Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue
2022-04-26"Die chimeriese aard van groteske ornamente uit die Renaissance en Maniëristiese periodes word hier ondersoek met betrekking tot die manier waarop die grense wat normaalweg die menslike, dierlike, en plantkundige kategorieë duidelik afbaken, daardeur oorskry en ontbind word."
Israel en die Palestyne: Is daar ’n bewind van sistematiese onderdrukking wat ’n nuwe apartheid uitmaak?
2022-04-21"Hierdie artikel het die behandeling van die Palestyne deur Israel deur die lens van apartheid ondersoek. Daar is genoeg ooreenkomste met apartheid dat ’n volledige ondersoek deur die VN en moontlike optrede deur die internasionale gemeenskap geregverdig is."
Literêre pryse: ’n Oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld
2022-04-20"Tradisionele literêre institusies se posisie is aan die verander in ’n era waarin kanonisering, wat nog altyd ’n dinamiese proses was, al vinniger plaasvind. Literêre toekennings weerspieël verder die sosiale, politieke en ekonomiese faktore wat binne hierdie bepaalde tydsgees ’n rol in die samelewing speel."
Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks "werf" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog
2022-04-04"Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?"
Betwiste staatskap: Die TBVC-state in vergelykende internasionale perspektief
2022-03-07"Op veiligheidsgebied het Suid-Afrika en die TBVC-lande ten nouste saamgewerk, insluitend met die vestiging van hul onderskeie weermagte. Suid-Afrika het ook, soos genoem, met elk van die vier lande ’n nie-aanvalsverdrag gesluit."
Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering
2022-03-03In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1.
Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans
2022-02-23"Ek stel voor dat skoolhandboeke ’n gepaste bron is om Afrikaans te herstandaardiseer, omdat dit enersyds tekste is met erkenning van amptelike liggame soos die Departement van Basiese Onderwys en andersyds aanduidend is van die sosiopolitieke ideale van ’n samelewing."
"dié dag, / leef jy twee maal": Anna Neethling-Pohl se vertalings van vyf en twintig Shakespeare-sonnette as performatiewe spraakhandelinge
2022-02-02"In hierdie opsig kan Neethling-Pohl as ’n Janus-figuur beskou word: In ’n terugskouende opsig vind sy in Shakespeare se sonnette ’n vertolking van haar belewenis van veroudering. Omgekeerd sou dit só gestel kon word: dat sy in haarself ’n 'herhaling' bespeur van die kwessies wat deur sy sonnette te berde gebring word en dit dan aan haar gehoor oordra."
Gemeenskapsweerstand teen stedelike ontwikkeling in stadsbeplanning: Twee gevallestudies van inwoners van Die Bult, Potchefstroom, se belewenisse van plekgehegtheid, met spesifieke verwysing na verplasingsliteratuur
2022-01-25"Wanneer mens-plek-verhoudinge wankel weens omgewingsveranderinge – maak nie saak wat die skaal of oorsaak daarvan is nie – is die ervarings van rou en verlies dieselfde."
’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte
2022-01-04"Alhoewel die onderskeie tipes objektivering verteenwoordigend in die advertensie-ontledings voorkom, is die voorkoms van emosionele objektivering opmerklik en begryplik, aangesien nostalgiegedrewe advertensies hoofsaaklik op die emosies van persone in die teikenmark inspeel."
Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier
2021-12-17"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."
Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons
2021-12-13"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."
Houdings in verband met protesaksie in Suid-Afrika
2021-11-30"Protes is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika en het die afgelope dekade in omvang en geweld toegeneem. Dit is dus belangrik om die verskynsel te bestudeer."






