Skole

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-hersieningsvraestel (begrip, taal en opsomming), tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-14

Is jy in graad 9 en voel jy bietjie soos ’n springbok wat sy spring verloor het as jy aan die tweede kwartaal se eksamen dink? LitNet kan help. Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestel deur Zelda Brits af en toets jou kennis aan die hand van oefenvoorbeelde, soos onder andere ’n leesstuk oor ’n springbok wat sy spring verloor het. Jy sal sommer bokspring van blydskap as jy jou punte aan die einde van die kwartaal sien!

Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memorandum, eerste en tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-04-10

Is jy in graad 8 en leer julle baie nuwe dinge in Natuurwetenskappe vanjaar? Gebruik hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engelbrecht om jou werk vir die eerste en die tweede kwartaal vas te lê. Jy sal sien hoeveel jou punte verbeter – en jou selfvertroue sal, net soos hierdie plante op die prent, groei!

Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior

LitNet Suidoosterfees 2025-04-02

Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.

Graad 7: Lewenswetenskappe – hidrobreking en skaliegas in die Karoo en die impak van brandstofproduksie op die omgewing

Rouxlyn Botha Skole 2025-03-31

"Die ontginning van skaliegas in die Karoo was die afgelope jare die onderwerp van baie debatte. Die proses is tydelik gestaak om tyd toe te laat vir beter navorsing, maar kan nou weer in volle swang voortgaan. Maar wat is die impak daarvan op die omgewing?"

Persverklaring: Kom wys jou staal by nuwe nasionale redenaarskompetisie

LitNet Leefstyl 2025-03-25

Curro Durbanville Hoërskool nooi met trots hoërskole reg oor die land uit om hul mees gesoute span in te skryf vir die toonaangewende kompetisie-met-’n-kinkel: twee leerders moet saamspan en as ’n eenheid die toespraak aanbied. Die tema is "Afrikaans – ’n taal van kleure en klank", en dis heel gepas, omdat Afrikaans vanjaar 100 jaar lank ’n amptelike taal is.

Wiskunde: Graad 11-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-19

As jy in graad 11 is, weet jy nou al jy moet jou nie met andere vergelyk nie. Dalk weet jy egter nog nie alles van vergelykings af nie. Laai hierdie gratis tweede Wiskundetoets en memorandum van die kwartaal deur Lee-Ann Langeveld af om jou werk te oefen.

Wiskunde: Graad 11-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-19

As jy in die hoërskool is, sal jy uit die prent hierby kan aflei watter soort somme jy in hierdie oefentoets sal aantref. As jy in graad 11 is, is dit die moeite werd om hierdie gratis toets en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af te laai en vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei. Wys hulle waar Dawid die wortels begrawe het!

Wiskunde: Graad 10-vraestel 2 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-18

Is jy in graad 10 en veroorsaak breuke vir jou hoofbrekens? Jy hoef nie verder jou koppie daaroor te breek nie. Laai Lee-Ann Langeveld se tweede gratis oefenvraestel en memorandum af en berei voor sodat jy jou toets lag-lag sal deurkom.

Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-18

As jy in graad 10 is en die letters "x" en "y" laat jou dink dat die alfabet einde se kant toe staan, is jy reg. Die kwartaal is ook amper verby en dis tyd om vir die algebra-toets voor te berei. As jy hierdie gratis vraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld opgestel het aflaai, gaan jy voorbereid wees vir jou toets. Dis die alfa en die omega van die saak!

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo's, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-13

Is jy in graad 4 en baie lief vir jou hondjie? In hierdie Afrikaans Huistaal-vraestelle deur Eugene van der Westhuizen kan jy ’n storie lees van iemand wat ook baie lief vir sy hondjie was. Laai die vraestelle en memo’s gratis in PDF-formaat af en oefen vir jou eerste kwartaal se toets. Jy sal nie vir wors in die hondehok hoef te gaan soek nie; jou punte gaan sommer self verbeter as jy jou werk met behulp van die vraestelle inoefen!

Graad 7: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-11

Is jy in graad 7, hou jy van musiek – maar skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Wiskunde en musiek kan vriende wees. Mens moet mooi kan tel om mooi musiek te kan maak; 'n toonleer bestaan uit sewe note, net soos die graad waarin jy is, voordat mens by die laaste noot uitkom. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou Wiskundetoets en dan sal jou punte sommer ook musiek in jou ouers se ore wees.

Graad 6: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-07

Is jy in graad 6 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Jy sien nie dubbel as jy twee dobbelstene gewaar nie, maar in hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit gaan jy wel leer om te verdubbel. Laai die vraestel en memorandum af om voor te berei vir jou toets en dan sal jou punte nie ’n dobbelspel wees nie.

Graad 5: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-05

Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets? Hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit sal jou help om voor te berei. Dit kan jou help om af te trek en op te tel. Tel daarna ’n stokkielekker op en proe hoe lekker dit smaak as jy hard gewerk het!

Graad 4: Wiskunde-vraestel en memo, oefeninge vir die eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-03-04

Is jy in graad 4 en wil jy eerder aan ’n roomys smul as om vir jou eerste Wiskundetoets voor te berei? LitNet kan help – met die voorbereiding vir jou Wiskundetoets. Laai ’n gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit af, oefen soveel moontlik somme en proe die soete smaak van goeie punte vir hierdie kwartaal se harde werk.

Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-26

Is jy in graad 8 en ken jy "Hop, hop, spinnekop"? Jy sal van vreugde hop as jy hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai, voorberei vir jou Afrikaans Huistaal-toets – en goeie punte behaal. (In die vraestel sal jy boonop oor die liedjie ook kan lees.)

Graad 8: Lewenswetenskappe – aanpassings vir oorlewing in die droë Karoo

Rouxlyn Botha Skole 2025-02-26

"Aanpassings maak dit vir organismes makliker om in hul omgewing te oorleef. As hulle nie by ’n veranderende omgewing kan aanpas nie, moet hulle weg trek of uitsterf. Daar is drie maniere waarop organismes aanpas: struktureel, funksioneel en deur middel van gedrag." Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg in die skool behandel.

Graad 12: Lewenswetenskappe-vraestel en memorandum, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-24

Is jy in matriek en wonder jy of jou gene kan help om te bepaal vir watter beroepsrigting jy aangelê is? Voordat jy verder daaroor nadink, moet jy eers hard werk om goeie punte te behaal. Laai hierdie gratis oefenvraestel deur Rita Engebrecht af en berei voor vir jou Lewenswetenskappe-vraestel hierdie kwartaal. Daar is voorbeeldvrae wat juis oor DNS handel!

Loeriesfontein hou ’n skole-expo en skep geleenthede: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Sonja Squires SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2025-02-24

"Ons visie is om landelike kinders (meestal Afrikaanssprekend) ’n kans duisend te gee! Om persoonlike interaksie op die dag van die Loopbaanskou te hê – met kundiges, bestuurders van besighede, alumni en/of werwers vir tersiêre en ander loopbaangeleenthede en verdere studie."

Graad 9: Wiskundevraestel 2 en memorandum, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-20

Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort nog ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy sal net so breed soos hierdie emoji glimlag as jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld afgelaai en gebruik het en goeie punte vir jou toets behaal. Boonop is hier voorbeeldsomme van positiewe eksponente wat jy kan oefen.

Graad 9: Wiskundevraestel 1 en memorandum, eerste kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2025-02-18

Is jy in graad 9 en skryf jy binnekort ’n Wiskundetoets in die eerste kwartaal? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou te help voorberei. Die vraestel sal jou onder andere help met geldsomme. As jy goeie punte behaal, sal jy ook besef daar is ’n skat binne jou opgesluit en jy kan vanjaar die Wiskunde bemeester!

Top