
Prent: Canva
As jy in graad 8 is, weet jy teen hierdie tyd dat statiese elektrisiteit en ballonne iets met mekaar te doen het. In hierdie gratis NW-oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gaan jy nog meer oefenvoorbeelde ten opsigte van statiese elektrisiteit en ander werk wat julle hierdie kwartaal behandel, aantref. Laai dit af en behaal goeie punte in jou toets hierdie kwartaal!
Klik hier om die vraestel gratis in PDF af te laai.
Klik hier om die memorandum gratis in PDF af te laai.
Lees ook:
Graad 8: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, derde kwartaal


Kommentaar
Alles is reg.
Graad 8 en Graad 4.
Goeiedag en dankie vir die navraag. LitNet bied gratis vraestelle wat met hersiening en vaslegging van werk kan help. Al die vraestelle is op een plek bymekaar en hier is 'n skakel na die indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud in PDF af te laai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Voorspoed met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Wil beter wees.
Hallo en dankie vir jou navraag. LitNet kan jou help om voor te berei vir jou Wiskunde (en vir ander vakke ook). Ons het 'n indeks van gratis vraestelle waarmee jy jou werk kan oefen. Hier is 'n skakel na die indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. As jy daardeur blaai, sal jy sien dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Kyk watter vraestelle is beskikbaar vir graad 8, of vir watter graad jy die werk benodig, en dan klik jy op die skakels om die vraestelle en memoranda gratis in PDF af te laai. Gebruik die vraestelle om jou werk te oefen en kyk op die memo's/antwoordstelle of jou antwoorde reg was. Baie voorspoed, en mag dit goed gaan met jou voorbereiding en jou volgende eksamen! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek is 'n graad 8-leerder se ouer.
Goeiedag! LitNet bied heelwat vraestelle vir hersiening - en daar is meegaande memoranda by elke vraestel. As jou kind hulp nodig het vir eksamenvoorbereiding, kyk asseblief na die indeks van vraestelle, waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Daar is natuurlik baie vraestelle vir volgende jaar ook! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder