Etienne van Heerden Beste LitNet-leser Waar staan die Afrikaanse letterkunde 20 jaar ná demokrasie? LitNet en sy afdeling vir akademiese skryfwerk, LitNet Akademies, het met 'n aanlyn kongres poolshoogte* geneem van die stand van Afrikaanse skryfwerk, met die hulp van skrywers, uitgewers, letterkundiges, boekjoernaliste en lesers. Hoe lyk skrywers van verskillende generasies se wêrelde? Waaroor skryf hulle? Wat lees hulle en waar? Waarheen dink hulle moet die Afrikaanse letterkunde gaan – wat ontbreek en wat moet verken word? Deelnemers aan hierdie aanlyn kongres is gevra om poolshoogte te neem van temas, tegnieke en tendense in die huidige Afrikaanse literêre produksie en gebeure oor die afgelope twee dekades. Dit was 'n verkenning deur LitNet en LitNet Akademies, aangebied oor etlike maande heen. Ek hoop dat ons interessante studiemateriaal geskep het (alles is geargiveer) en dat dit ook in die toekoms vir ons LitNet-gemeenskap boeiende leeswerk oplewer. Lees ook:
--- * Poolshoogte, definisie (Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Pharos): Die ware noorde of suide, die hoogte van die pool bokant die horison; – neem, inligting inwin, 'n saak ondersoek. |
Gesprekspunte:
Oor VERNUWING: nuwe tegnieke, vernuwing, genrevernuwing – of die gebrek daaraan
|
|
Twintig jaar na demokrasie: Realiteitshonger, die populêre wending en transnasionalisme Willie Burger |
|
’n Moeilike geboorte en skielike grootword: Suid-Afrikaanse misdaadfiksie Jonathan Amid |
|
Skryf ’it soes jy praat Nathan Trantraal |
|
Is daar 'n alien op jou stoep? Koos A Kombuis |
|
Wat die flieks ons wys oor boeke Suzette Kotzé-Myburgh |
|
Verhaal verwerk vir film Nicole Strauss |
Oor DIE ROL VAN SKRYWERS IN SOSIALE VERBAND (“BETROKKENHEID”) al dan nie en hoe boeke en/of boekmense gereageer het op maatskaplike of politieke kwessies (byvoorbeeld wetgewing) al dan nie – en hoekom (nie) |
|
Die oes is groot ma die arbeiders is min Shirmoney Rhode |
|
Oor puisies, pitswere en die gevreesde nege-oog Izak de Vries |
|
Van labels en ghetto's Bettina Wyngaard |
|
Weet Steve wat hy sing? Johann Rossouw, Deon Opperman |
|
Oor sosiale betrokkenheid Hein Willemse |
|
Die tasbaarheid en die on(aan)tasbaarheid van literatuurteorie: ekokritiek en die nuwe materialisme Susan Smith |
|
Oor die army, generasies en selfportrette Jaco Fouché |
|
Die onsamehangende en subjektiewe mymeringe van 'n reisende skrywer Wilna Adriaanse |
|
Laat die skrywers skrywe Jaco Botha |
Oor DIE PRODUKSIE- EN LEESPROSES, nuwe verwikkelinge en verliese, ook winste
|
|
Van bromied tot kuber-ink: Die produksie- en leesproses by uitgewers Kerneels Breytenbach |
|
Hekwagters en oop hekke Joan Hambidge |
|
lewe = fees Darryl David |
|
Call girls maak nie lekker ontbyt nie Henry Jack Cloete |
|
Afrikaans se grootste topverkoper Pieter GR de Villiers |
|
Hoe gesond is die Afrikaanse akademiese uitgewersbedryf? Francis Galloway |
|
Die skrywer as handelsmerk Derick Muller |
|
Die bedryf van ’n aanlyn digkunsakademie Nini Bennett |
|
Terugvoering uit die kolonie Jo Prins |
|
Die ander 85% Melt Myburgh |
|
Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (1970–2014) – al 44 jaar ononderbroke aktief op koers Corlietha Swart |
|
Skuil daar nog iets agter “een titel per vak, per graad, per taal”? Nicol Faasen |
|
'n Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (BDV – Die Bybel: 'n Direkte Vertaling) Henning Snyman |
|
DBO se een boek per vak per graad: Waarom is die skrywers so stil? Anoniem |
Oor, in die akademie, INTERESSANTE NUWE NAVORSING OF NAVORSINGSGEBIEDE wat verken behoort te word en nie verken word nie
|
|
Van WVK tot sosiale-netwerk-grafika: Twee dekades van letterkundige navorsing Helize van Vuuren |
|
Hoe en waarheen vloei die stroom? 'n Besinning oor literêre ontwikkelinge Heilna du Plooy |
|
Vlugskrifnotas (vir ’n toekomstige argument) Charl-Pierre Naudé |
|
Afrikaanse geskiedskrywing: ’n Nuwe geslag, ’n nuwe ruimte, ’n nuwe uitdaging Lindie Koorts |
|
Waarnemings en wense van ’n onderwyser-bibliotekaris Coenraad Walters |
|
Die nuwe Perspektief en profiel. 'n Afrikaanse literatuurgeskiedenis as kanoniseringsinstrument Hennie van Coller |
Oor DIE EKSTERNE VERHOUDINGS tot Afrikaanse letterkunde
|
|
Afrikaanse literatuur in de Lage Landen Ingrid Glorie |
|
“Ontruiming” of “verruiming” in Engelstalige Suid-Afrikaanse letterkunde? Leon de Kock |
|
Die Suid-Afrikaanse neerlandistiek, ’n terughunkering na die Ryk? Wium van Zyl |
TER AFSLUITING |
|
Indrukke en foto's van Poolshoogte by die US Woordfees Catrina Wessels |
|
Poolshoogte-diskoers by die US Woordfees 2015: Bestekopname van die bestekopnemers Izak de Vries |
|
Poolshoogte-afsluiting: Die evolusie van Afrikaanse skrywers- en letterkundebyeenkomste Francis Galloway |
|
Poolshoogte-afsluiting: Nuwe ontwikkelinge in die Afrikaanse literatuurstudie Louise Viljoen |
|
Poolshoogte-afsluiting: Is Afrikaanse skrywers betrokke? Bettina Wyngaard |
YouTube-video: Etienne van Heerden gesels oor Poolshoogte op kykNET se Dagbreek-program. |
Kommentaar
"Klemtoespraak"
Eerstens 'poolshoogte'. Dis soos die woordeboeke hom skryf. As onbekende woord verdeel jy hom dadelik in 'pools' en 'hoogte' en dit help steeds niks nie. Sou die 's' in die saamgestelde woord weggelaat word en dit 'poolhoogte' word lui daar amper 'n klokkie – dis reeds meer betekenis-aanduidend. Ek voel om met die woordeboeke te verskil en dit eenvoudig 'poolhoogte' te maak en klaar. Dit klink net na beter Afrikaans.
Ons gaan poolhoogte neem (die 's' is weg!) “met die hulp van skrywers, uitgewers, letterkundiges, boekjoernaliste en lesers”, maar onthou asb koerante is belangrik.
Onder Gesprekspunte C word die internet spesifiek genoem. Waaroor diep gedink moet word is hoe Afrikaanse werwe versterk en bevorder kan word. Daar moet sommer 'n klomp sterk Afrikaanse werwe ontstaan (Het 'n tyd gelede 'n lys gesien van die 10 mees besoekte Afrikaanse webwerwe. Litnet was eerste maar die meeste van die ander is 'n teleurstelling!).
Keynote = sleutelmededeling.
'n Mens wil sommer by die seun en res van die gesin gaan staan en huil en jammer sê dat ons wêreld in so 'n gemors is. Oester, dankie vir die menslikheid wat jy altyd openbaar. Jou vrae kan 'n verskil maak.
Baie lank gelede was ek ook op skool en wel in die pragtige Hexvallei. Op 'n buurdorp is 'n vrou verkrag (destyds 'n uitsonderlike voorval). Die volgende oggend was ou Maleppie op sy stukke. Hy was klein en geneig om emosioneel te raak. Volgens hom moes die oortreder aan sy voete aan 'n boom opgehang word en 'n vuur onder hom gemaak word! Dit sou minstens een probleem opgelos het. Ons moet die manne en vroue bemoedig wat hard werk om van die land 'n veiliger plek te maak en betrokke raak as dit nodig is.
Maleppie het my eendag erg skaam gemaak voor 'n groot klas. Na die eerste kwartaal in Std 7 het ons toetse in plaas van eksamen geskryf. Met die Biologie-toets het ek nie genoeg skryfpapier gehad om die erdwurm reg te teken nie. Gevolglik het ek 'n erg klein wurmpie aan die einde van die vraestel geteken. Sy reaksie was erg luid: “Bekker, hierdie wurmpie het in die groot droogte aangekom en hy gaan nog vrek ook!”
Ek ken die woord 'poolshoogte' uit my kontak met Nederlands en was onmiddellik opgewonde toe ek lees dat LitNet 'n slag poolshoogte gaan neem van die stand van die Afrikaanse letterkunde - geen probleem met die verbindings -s nie. Eintlik geniet ek dit geweldig dat 'n raaksegger wat in onbruik verval het nou weer afgestof is en gebruik gaan word!
Bloot die woord "poolshoogte" veroorsaak 'n outydse paroksisme van figuurlike vertigo. Ek hoop dis 'n versperring wat deur die bydraes oor die letterkunde opgehef sal word, hetsy voortspruitend uit sideriese of Gregoriaanse standpunte.