Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

JC Steyn (1938–2021)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-10-21

"Taalstryde wat in taalliefde bly vassteek, het geen kans op sukses nie. Die geslaagde taalbewegings is dié waarin die bevordering van die taal gekoppel word aan die bemagtiging en opheffing van die mense wat dit praat."

Steve Hofmeyr (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-09-29

"Máár as ek skielik weggevat word, sal ek nie kan sê dat ek ooit verveeld was nie."

Cor Nortjé (1938–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-31

"Ek glo ’n mens moet jouself gedurig vernuwe. As ek iets aanpak en dit nie voltooi nie, is dit vir my ’n persoonlike nederlaag."

Rosa Smit (1945–2021)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-24

“Ek weet presies hoekom elke woord in elke gedig van my staan.”

Lionel Sheldon (1927–1996)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-08-18

"Lionel George Sheldon is op 2 Junie 1927 op Malmesbury in die Swartland in die Wes-Kaap gebore."

Carina Diedericks (1977–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-07-22

“Op my tagtigste verjaardag wil ek die tango dans, Veuve Clicquot drink, sushi eet en dink aan wat my gunstelingskrywer, André P Brink, gesê het: ‘Only by dreaming and writing the impossible can life be made possible once again.’”

Martin Steyn (1976–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-07-06

"Die skrywer is maar die koord wat stories aanmekaar bind." Lees oor Martin Steyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Kerneels Breytenbach (1952–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-06-22

"Mens leer gou dat elke boek, ongeag wat dit is, iets besonders is, en ’n spesifieke soort kreatiwiteit vereis. En dat elke skrywer ’n unieke mens is." Lees oor Kerneels Breytenbach se lewe en werk.

Charl-Pierre Naudé (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-06-15

"Ek dink nie ’n roman, net soos met ’n digbundel, hoef te begin met ’n sêbare idee nie. Dis ’n idee wat jy voel. As jy geweet het wat die idee was en dit in een sin kon sê, sou jy waarskynlik nie die boek geskryf het nie." Lees oor Charl-Pierre Naudé se lewe en werk.

Sheila Cussons (1922–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-05-12

"Die poësie gaan nie om vertoon nie. Die proses is ’n misterie. Die skepping of die bevryding van ’n woord in jou."

Clinton V du Plessis (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-04-09

"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

J van Melle (1887–1953)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-03-26

"Die styging in jare kan mens vergelyk met die bestyging van ’n hoogte, want hoe ouer mens word, hoe verder kan jy sien. Jy sien die kronkelpaaie waarmee jy getrek het al hoe beter hoe hoër jy kom, en jy sien ook aldeur beter waar jy die oortuigings gekry het wat jy tot jou eie gemaak het."

Piet van Rooyen (1953–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-03-23

"Die essensie van skryf is die eenwording van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou."

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-02-16

"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.

Ina Rousseau (1926–2005)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-01-14

"Daar moenie vir my voorgesê word wat ek moet lees en nie moet lees nie, nes daar nie vir my voorgesê moet word wat ek moet eet en nie moet eet nie. Nes eet behoort lees te alle tye ’n aktiwiteit van genieting te wees wat met vreugde beoefen word." Lees oor Ina Rousseau se lewe en werk.

Top