Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Dan Sleigh (1938–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-08-10

“’n Violis sou nie wou hê iemand moet aan sy strykstok of viool iets verander nie – hoekom kan dieselfde respek nie vir taal geld nie?”

LitNet verneem met leedwese dat Dan Sleigh oorlede is. Ons deel hiermee Sleigh se ATKV|LitNet-Skrywersalbum. Lees gerus meer oor hierdie merkwaardige mens.

Kleinboer (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-08-03

"In my lewe het ek albei wêrelde nodig: die intellektuele Westerse boekewêreld waarin ek grootgeword het en die gemaklike, ontspanne wêreld van swart Yeoville. Ek kan nie sonder een van hulle klaarkom nie. As ek in die een is, verlang ek na die ander."

Jan FE Celliers (1865–1940)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-07-24

Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Maretha Maartens (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-06-29

"Ek skryf omdat ek soek en dink, ontdekkings maak, kwaad raak, ’n waarnemer is, ekstases beleef, by geleentheid meer intense ontmoetings met God het."

George Louw (1939–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-06-13

"Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak."

Jakes Gerwel (1946–2012)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-06-07

"Afrikaans is een van Suid-Afrika se skatte. Daar is ander skatte ook, maar Afrikaans het ’n besondere geskiedenis, ’n baie menslike geskiedenis. Daarom dink ek die sprekers van die taal het alle reg om te werk vir die taal se voortbestaan."

Ingrid Winterbach (1948–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-05-25

"As jy ’n romanskrywer is, moet jy die tyd waarin jy leef, uitbeeld. Jy moet die hele spektrum van menswees uitbeeld."

Jan van Tonder (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-05-03

"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde, om soos God te wil wees. Om te wil skep."

SP Benjamin (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-25

"Ek het nooit die idee gehad om te begin skryf nie. Ek het net begin."

Chanette Paul (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-19

"Skryf bly vir my ’n verwonderenswaardige proses. Ek begryp nie dié mag van die storie en karakters wat oorneem nie, maar ek wil dit vir niks ter wêreld verruil nie."

Phil du Plessis (1944–2011)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-12

"My gedigte is ’n soort dagboek. Dit reflekteer wat om my aangaan en in my aangaan."

Melt Myburgh (1967–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-05

"Skrywers is die hekwagters en morele hoeders van ’n samelewing, die tussengangers wat vrae vra namens dié wat antwoorde soek."

Izak de Vries (1969–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-04-02

"Ek is in my hart ’n sendeling vir die Afrikaanse boek. Ek bekeer mense tot die boek – die boek met ’n kleinletter. Ek het ’n sosiale verantwoordelikheid."

Chase Rhys (1989–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-03-27

"My hele lewe ontwikkel ek my skryfstyl in private. Ek het nieman toegelaat ommit te lees nie, wan ek het gewiet ek moes eers myself vind voordat ek iets kan offer, anneste maak ek net geraas. Nou wiet ek wie ek is en die werk is uit in die wêreld om te doen wat dit moet doen."

Martie Preller (1948–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-03-15

"Skryf is vir my om met verwondering te ontdek, groot-oog soos ’n kind, dat daar ’n Babalela en ’n Balkie in elkeen van ons is." Lees oor Martie Preller se lewe en werk.

Top