Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Nathan Trantraal (1983–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-20

"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."

SJ du Toit (1847–1911)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-14

"Mogelik sal ’n latere geskiedskrywer, as teenwoordige vooroordele al uitgestorwe en die tyd elke gebeurtenis na waarde sal gerangskik hê, die 14de Augustus 1875 opteken as ’n gedenkwaardige dag."

AHM Scholtz (1923–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-13

"’n Skrywer sonder ondervinding en mensekennis sal ’n swak skepper van lewendagge gedagtes op papier wees." AHM Scholtz se ATKV|LitNet-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig bygewerk.

Berna Ackerman (1935–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-07-08

"Hoekom word ons tog so ontroer deur die dinge wat ons self skryf? Seker maar omdat ʼn mens moeilik afstand kry van die dinge wat jyself beleef het." Berna Ackerman se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.

Elsa Joubert (1922–2020)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-23

"Die stroom van die lewe gaan so sterk en so vinnig verby. Deur woorde probeer ek ’n klein stroompie afkeer, ’n walletjie gooi, om te kyk hoe lyk dit as die water tot ruste kom." Elsa Joubert se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.

Hein Viljoen (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-18

"Die digter is inderdaad soos ’n hol trom wat al die klank en gebeure om hom opvolg. Hy vang die groot kabaal van die lewe om hom op en verwoord dit."

Etienne Leroux (1922–1989)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-06-04

"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."

Rita (JM) Gilfillan (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-05-21

"Ek skryf, want dis op ’n sekere manier ’n bevestiging van ’n eie identiteit."

Trienke Laurie (1946–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-05-14

"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd."

Mark Behr (1963–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-04-22

"Ek het begin skryf toe ek sestien jaar oud was en wou brutaal eerlik in my skryfwerk wees. Ek glo vas skryf is een van die enigste maniere in die wêreld waarop ’n mens totaal eerlik kan wees." Mark Behr se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Joan Hambidge (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-04-07

"Dig is ’n vertaalproses van die onbewuste wat alles berg, wat orals aanwesig en nêrens sigbaar is nie, dog uitkom in ’n gedig. Soms melancholies, soms woedend." Lees Joan Hambidge se bygewerkte skrywersprofiel.

Carina Stander (1976–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-03-12

"Afrikaans is die taal waarin ek dink en daarom ook skryf. Rou klanke soos g, k, r en die vryheid om nuwe woorde uit ’n betreklik jong taal te skep, is opwindend." 

Alba Bouwer (1920–2010)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-03-02

“Die langste reis vir elke enkele mens op aarde is die reis van mens tot mens. Dit is ’n reis wat in ’n leeftyd nooit voltooi word nie.” 

Engemi Ferreira (1943–2019)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-02-28

"Haar debuutwerk, Die jaar toe my ma begin sing het, word in 1988 gepubliseer nadat sy in 1984 die eerste Skryfskool in Kreatiewe Kuns aan die Potchefstroomse Universiteit bygewoon het, en dit het onmiddellike sukses behaal. Dit het talle herdrukke beleef en dit was vir jare op die voorgeskrewe lys vir skole."

Riana Scheepers (1957–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-01-22

"Ek wil in hierdie land bly sodat ek kan voortgaan met my werk, om te skryf in die taal van my hart en my niere." 

Top