Berna Ackerman (1935–2015)
2020-07-08"Hoekom word ons tog so ontroer deur die dinge wat ons self skryf? Seker maar omdat ʼn mens moeilik afstand kry van die dinge wat jyself beleef het." Berna Ackerman se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.
Elsa Joubert (1922–2020)
2020-06-23"Die stroom van die lewe gaan so sterk en so vinnig verby. Deur woorde probeer ek ’n klein stroompie afkeer, ’n walletjie gooi, om te kyk hoe lyk dit as die water tot ruste kom." Elsa Joubert se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.
Hein Viljoen (1951–)
2020-06-18"Die digter is inderdaad soos ’n hol trom wat al die klank en gebeure om hom opvolg. Hy vang die groot kabaal van die lewe om hom op en verwoord dit."
Etienne Leroux (1922–1989)
2020-06-04"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."
Rita (JM) Gilfillan (1941–)
2020-05-21"Ek skryf, want dis op ’n sekere manier ’n bevestiging van ’n eie identiteit."
Mark Behr (1963–2015)
2020-04-22"Ek het begin skryf toe ek sestien jaar oud was en wou brutaal eerlik in my skryfwerk wees. Ek glo vas skryf is een van die enigste maniere in die wêreld waarop ’n mens totaal eerlik kan wees." Mark Behr se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Joan Hambidge (1956–)
2020-04-07"Dig is ’n vertaalproses van die onbewuste wat alles berg, wat orals aanwesig en nêrens sigbaar is nie, dog uitkom in ’n gedig. Soms melancholies, soms woedend." Lees Joan Hambidge se bygewerkte skrywersprofiel.
Carina Stander (1976–)
2020-03-12"Afrikaans is die taal waarin ek dink en daarom ook skryf. Rou klanke soos g, k, r en die vryheid om nuwe woorde uit ’n betreklik jong taal te skep, is opwindend."
Alba Bouwer (1920–2010)
2020-03-02“Die langste reis vir elke enkele mens op aarde is die reis van mens tot mens. Dit is ’n reis wat in ’n leeftyd nooit voltooi word nie.”
Engemi Ferreira (1943–2019)
2020-02-28"Haar debuutwerk, Die jaar toe my ma begin sing het, word in 1988 gepubliseer nadat sy in 1984 die eerste Skryfskool in Kreatiewe Kuns aan die Potchefstroomse Universiteit bygewoon het, en dit het onmiddellike sukses behaal. Dit het talle herdrukke beleef en dit was vir jare op die voorgeskrewe lys vir skole."
Riana Scheepers (1957–)
2020-01-22"Ek wil in hierdie land bly sodat ek kan voortgaan met my werk, om te skryf in die taal van my hart en my niere."
PW Buys (1923–1999)
2020-01-15"Wat hy vir ons nagelaat het, is skoon, suiwer liriek en gedigte van ’n beminlike menslikheid."
Anlen Marais (1953–)
2020-01-08"Poësie is vir my ’n medium wat ’n byna religieuse toewyding eis van wie daarmee besig wil wees."
Daniel Hugo (1955–)
2020-01-08"Ek het met respek vir die woord en die Woord grootgeword." Daniel Hugo se profiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum is volledig bygewerk.
Danie Botha (1947–)
2019-12-04"My lewe is die vak wat ek die beste ken en die helderste oor kon skryf."

