Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Barrie Hough (1953–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-01-02

"Ek dink beslis dat daar ’n tekort is aan Afrikaanse werke vir die jong mens waarin die innerlike avontuur van grootword uitgebeeld word. Te veel tekste konsentreer oppervlakkig op uiterlike avontuur sonder dat dit die jong mens in sy diepste menswees raak." Lees oor Barrie Hough se lewe en werk.

Dan Roodt (1957–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-12-20

"Die vyf waardes wat ek in ander mense bewonder, en wat ek graag my eie sou wou noem, is: eerlikheid, moed, lojaliteit, intelligensie en trots. Maar niemand hou seker van ’n oneerlike, lafhartige, verraderlike, dom kruiper nie." Lees oor Dan Roodt se lewe en werk.

Ryk Hattingh (1957–2017)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-11-22

"Dis nie asof ek dit nie wíl doen nie, dis maar net my dénke en my dróme en veral my verlánge vind seker op ’n manier uiting in Afrikaans en dit is maar net hoe dit is." Lees oor Ryk Hattingh se lewe en werk.

Etienne van Heerden (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-08-31

"In my geval is die landskap altyd een van die hoofkarakters in my boeke. My onderbene is ingemessel in Afrika en dit blyk uit my skryfwerk." Lees oor Etienne van Heerden se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

FIJ van Rensburg (1922–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-08-22

"My grondoortuiging is dat skrywers mekaar nodig het. Veral in ’n gemeenskap soos die Afrikaanse. Sonder sy kuns is ’n gemeenskap ’n ongesoute stuk vleis, en sonder voeding van die kant van sy gemeenskap stel dit die skrywer aan die gevaar van bloedarmoede bloot." Lees oor FIJ van Rensburg se lewe en werk.

Fritz Steyn (1913–1986)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-08-15

"Wyle regter Steyn het hom op talle terreine onderskei – in die letterkunde en die politiek, in kultuurkringe en die regswese. Hy was ’n selfstandige denker en sy sienings was soms polemies. Die polemiese het hy met ’n besondere humorsin getemper." Lees oor Fritz Steyn se lewe en werk.

PG du Plessis (1934–2017)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-06-07

“Ek kry my stories by baie mense. Ek bevolk die stories met karakters en gee hulle vleis. Dan groei hulle maar met die tyd. Naderhand oorgroei party.” Lees oor PG du Plessis se lewe en werk.

Rykie van Reenen (1923–2003)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-25

Oor die joernalistiek het Rykie van Reenen gesê: "Dit verstom my elke dag dat ’n mens vir soveel lekkerkry betaal word!" Lees meer oor haar lewe en werk.

Ena Jansen (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-11

"Om in Amsterdam so betrokke by Afrikaans en Suid-Afrika te kon wees, was ’n tuiskoms, dit het wat werk betref my bestaan in Nederland nóg sinvoller gemaak as wat dit al was nadat ek agter my hart aangetrek het soontoe." Lees oor Ena Jansen se lewe en werk.

Karel Schoeman (1939–2017)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-05-04

"Afrikaanssprekendes het dieper leer lees; hulle het agtergekom dat daar ook iets tussen lettergrepe gebeur." Lees oor Karel Schoeman se lewe en werk.

DJ Opperman (1914–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-27

“Die hoogste vreugde van die aarde word gewek deur die drie-eenheid: eet, drink en gesprek.” Lees oor die lewe en werk van DJ Opperman.

IL de Villiers (1936–2009)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-20

“Die lewe bestaan mos uit bestemmings, uit drome en werklikhede, uit verbeel en ervaar. En ek dink selfs die ewigheid is ’n reis vol lig tussen die sterre.” Lees meer oor IL de Villiers se lewe en werk.

Dricky Beukes (1918–1999)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-04-06

“Ek skryf ontspanningsleesstof, want ek voel ontspanne as ek skryf. Ek dink nooit aan ’n spesifieke teikengroep of ’n ‘iemand’ nie, maar skryf doodgewoon vir ménse.” Lees meer oor Dricky Beukes se lewe en werk.

Louise Behrens (1903–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-03-23

“’n Kennis van en ’n voorliefde vir die wêreld se groot letterkunde en kuns en musiek is al erfenis wat ons ons kinders sal kan nalaat." Lees oor Louise Behrens se lewe en werk.

WEG Louw (1913–1980)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-03-16

“Groot manne, of hulle digters, hervormers of staatsmanne is, verander die geestelike landskappe waarin hulle gestaan het.” Lees oor WEG Louw se lewe en werk.

Top