Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Sonja Loots (1972–)

Erika Terblanche 2014-05-18 “My verbeelding het die grootste invloed op my as skrywer. Persoonlike ervaring is net ’n vertrekpunt. As iets my ontstel, wil ek daaroor skryf.” Lees oor Sonja Loots se lewe en werk in LitNet se ATKV Skrywersalbum.

John Coetzee (1931–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-05-13

John Coetzee se skrywersprofiel is nou volledige bygewerk.

Hennie van Deventer (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-05-10

“Ek skryf nie omdat dit lonend is nie, maar oor die bevredigende gevoel, die lekker van skryf, en laat ek dit erken, die streling van die ego wanneer jy die finale produk in jou hand hou.”

Top