André le Roux (1954–)
2016-04-13"Hulle kan miskien nie ’n konfytpotjie oopdraai nie, maar in alle ander opsigte is vroue die sterker geslag. Hulle kan vrede maak en ’n stukkende wêreld heel." – André le Roux. Lees André se skrywersprofiel op LitNet.
Minnie Postma (1908–1989)
2016-04-11“Ekself geniet elke oomblik wat ek kan skryf, al doen ek dit soms onder moeilike omstandighede, al sukkel ek maar altyd om die woorde so ingespan te kry dat hulle gladweg saamtrek en al kry ek nooit reg om presies weer te gee wat ek voel nie.” – Minnie Postma
Arthur Nuthall Fula (1908–1966)
2016-03-23"Ja, hulle het die geld, maar ek besit die pen, en in my pen lê my bestemming." Lees oor die lewe en werk van Arthur Fula.
Leon Rousseau (1931–2016)
2016-03-10“Tradisionele stories is deel van ’n volk se kultuur. Dit gee die kind die gerusstellende gevoel dat hy êrens tuis hoort.” Leon Rousseau se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
AD Keet (1888–1972)
2016-03-02“As ek net een reël in Afrikaans geskryf het, wat sal voortleef, is ek tevrede.”
Eleanor Baker (1944–2002)
2016-02-23“’n Goeie skrywer is een waarin jy jouself herken, wat jou eie waarneming bevestig en by jou die gevoel wek: só sou ek dit ook wou doen.” - Eleanor Baker. Lees haar skrywersprofiel op LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Jochem van Bruggen (1881–1957)
2016-02-18"Wat ek geskryf en hoe ek geskryf het, was nooit doelbewus of voorbedag nie. Die het eenvoudig gebeur, soos my lewe gebeur het." Jochem van Bruggen is vier maal bekroon met die Hertzogprys. Lees oor sy lewe en werk.
Olga Kirsch (1924–1997)
2016-01-14"Die Afrikaanse digkuns is enorm verryk deur Olga Kirsch met haar beskeie dog beduidende oeuvre." – Joan Hambidge. Lees oor die lewe en werk van Olga Kirsch in die ATKV-Skrywersalbum.
Chris Barnard (1939–2015)
2016-01-08“Ek weet uit dure ondervinding ’n roman is op sy heel beste tot nét voor jy die eerste sin neergeskryf het. Daarná, sin vir sin, begin jy sy moontlikhede beperk.”
Anna M Louw (1912–2003)
2015-12-04"Ek is van nature ’n eenloper. Ek is agterdogtig teen in die bondel doen. Ek is geen meeloper nie. Wat sal die ander skrywers van my dink as ek my laat voorsê?" – Anna M Louw
Abraham Phillips (1945–)
2015-10-22“As al die taal se sprekers hande vat en Afrikaans met liefde, eerlikheid en billikheid praat en uitbou, sal niemand hom kan stop of seermaak nie.”
TT Cloete (1924–2015)
2015-08-18“Pyn is kreatief; ek praat daarom van die gawe van pyn.” TT Cloete is op die ouderdom van 91 op 29 Julie 2015 oorlede.
Jan Scholtz (1938–2015)
2015-08-12"Stories skryf is soos ’n rugbywedstryd. Mense skreeu vir hulle eie span. Daarom gee jy vir hulle iets om mee te identifiseer. Mense gee nie om vir ’n karakter waarvoor hulle niks voel nie. Hulle kies kant." Jan Scholtz se volledige skrywersprofiel is nou beskikbaar.
Mathews Phosa (1952–)
2015-08-04"Omskep Afrikaans in ’n geneestaal. Taal moet aangewend word sodat ons die kleinlike kompartemente waarin ons ons laat klassifiseer en herklassifiseer het, kan afbreek." Matthews Phosa se skrywersprofiel is nou bygewerk.
Ena Murray (1936–2015)
2015-06-04Ena Murray is op Donderdag, 4 Junie 2015, in die ouderdom van 78 oorlede. Lees oor haar omvattende skrywersloopbaan.

