Leon Rousseau (1931–2016)

  • 2

Gebore en getoë

Leon Gerdener Rousseau is op 5 Maart 1931 in Kaapstad gebore, die jongste kind van Pierre Daniël en Elisabeth Anna Luise (gebore Gerdener). Hy is 21 jaar jonger as sy broer Pierre Etienne, die stigter van Sasol, en 13 jaar jonger as sy jongste suster. Leon is vernoem na ’n Jood, kommandant Lion Cachet, onder wie sy pa in die Boere-oorlog geveg het, en na sy grootvader aan moederskant, ’n Duitse eerwaarde Johann Gerdener, van die Rynse sendingstasie Wupperthal in die Sederberge.

Sy moeder se oupagrootjie was Michiel Christiaan Vos, die skrywer van Merkwaardig verhaal aangaande het leven en de lotgevallen van Michiel Christiaan Vos als predikant der Hervormde Christelijke gemeente, ’n outobiografie wat in 1824 verskyn het.

Sy pa was aanvanklik skoolinspekteur, en later direkteur van bekende maatskappye soos Sanlam. Sy grootvader aan vaderskant was ds PD Rossouw van Fraserburg, een van die Patriot-digters. Hy was, sover bekend, die eerste Rossouw wat die ou Franse spelling van die van weer ingevoer het: hy het al sy kinders “Rousseau” gedoop. Aan moederskant was daar meer as een voorsaat wat as gevolg van hulle skrywery bekend was. Een was dr GBA Gerdener van Stellenbosch, ’n oom van Leon.

Leon het in Kaapstad grootgeword in ’n tydperk toe die verkeer in die stad só lig was dat “jy op ’n fiets sonder remme van heel bo in Oranjezicht tot in Dokweg kon ry”.

Hy praat oor sy kinderjare met Murray la Vita (Die Burger, 14 September 2012): “Oranjezicht was my stomping ground; my kontrei. Ek was ’n laatlam; 13 jaar jonger as my jongste suster, so ek was maar eintlik ’n enkelkind. My herinneringe is grotendeels wonderlik. Ek onthou daar het elke kwartier ’n bus in Marmionweg, naby my ouerhuis, verbygekom waarop ek kon spring. En natuurlik, soos daardie gedig van Ina Rousseau: alles was standvastig, stabiel ... In die ou dae, in ons kinderdae, was alles so stabiel, rustig, vreedsaam, en nou het moord so alledaags geword soos brood.”

Hy vertel verder vermoedelik aan Willemien Brümmer (Die Burger, 5 Maart 2011): “Vroeg in 1937 was ek vyf, op pad na ses. Ek was ’n laatlam. My ouers het in Oranjezicht in Kaapstad gewoon, en in daardie buurt was Afrikaanssprekendes destyds yl gesaai.

“My sibbe was byna almal uit die huis en my ouers was te oud om vriende met kinders van my ouderdom te hê. Ek is verwen met ’n driewiel en ’n teddie en ’n ghollie en ’n treintjie met spore en ongeveer 30 Helena Lochner-boekies, maar ek was eensaam, teruggetrokke en stil.

“Enter dr C Louis Leipoldt, die Kaap se bekendste kinderarts. ‘Niks fisiek verkeerd nie,’ bevind hy vroeg in 1937 ná ’n ondersoek. ‘Let him run free for a while.’

“‘Dus nie nou al skool toe nie,’ besluit my pa, ‘ons gaan wys eers vir Leon die wildtuin.’

“So gesê, so gedaan. Ons gaan wildtuin toe, ons kom terug en in Junie word ek by die Laerskool Jan van Riebeeck in Kloofstraat afgelewer, waar ek in sub B, in dieselfde dubbelbank as Erni Grosskopf, beland. En hy lag my uit omdat ek huil.

“Van toe af was alles anders. Ons word goeie vriende; ons doen alles saam. Net een, enkele keer kry ek dit reg om eerste in die klas te staan – toe Erni vergeet om sy vraestel in te handig. (Later, in matriek, sou hy eerste in die Kaapprovinsie staan.) Ons stap van die skool na sy huis en soms na myne. Hoe veilig was alles in daardie dae! Erni se ma – vroeër Kotie Strauss van Calvinia, maar toe mev EB Grosskopf – word deur haar kinders Mutti genoem, en sy neem my feitlik aan. In die Grosskopfs se kombuis op klein Festchen word ek bekend gestel aan zervelat, mettwurst, leberwurst, Duitse brood en ander eksotiese lekkernye waarvan ek tevore nooit eens gehoor het nie. Dit is vir my ewe opwindend as ’n middernagfees vir koshuis-kinders. Later sou ons saam Scrabble speel, Monopoly, die kaartspel Vingt-un. Ek onthou dit soos gister.

“In die Kersvakansie van 1939, kort ná die begin van die oorlog, huur my ma La Gratitude, die Pickstones van appelfaam se groot vakansiehuis op die Riviera (vandag Grotto Beach by Voëlklip op Hermanus) in ’n poging om die hele familie tog eenmaal bymekaar te kry.

“Daar kon Erni en ek elke oggend ná ontbyt deur die spelonke van die melkhoutwoud na die heerlike strand nael – myle der myle oop, spierwit sand waar jy die ganse dag lank kon speel en swem sonder om meer as enkele ander mense te sien.

“Ons slaap, baie avontuurlik, in die solder met sy dakvensters en rietplafon. In hierdie plafon bêre ons geskrifte wat ons as lede van ons eie geheime klub vir die nageslag wil bewaar. Toe ek byna 70 jaar later na die geskrifte gaan soek, het die een of ander Filistyn ’n gemesselde plafon laat insit – die geheime dokumente was vir ewig verlore! In Mutti se oë was my grootste prestasie van daardie jare dat ek vir Erni se kapokkies ’n hoenderhok help bou het. My pa het ’n werkbank gehad, en daar het ek ’n bietjie met gereedskap leer werk. Dié groterige konstruksie, met deurtjie en al, het jare lank in die Grosskopfs se erf bly staan.

“Êrens in ons hoërskooljare het ’n derde musketier bygekom, Hugo Smuts. Tydens skoolvakansies het die drie van ons lang ente geryloop, gewoonlik na Port Elizabeth, en meermale op versoek in polisieselle oornag. In een tronk het ons nie net huisvesting gekry nie, maar ook ’n puik ontbyt.

“Die verskyning van fietse in ons lewe het ’n nuwe wêreld laat oopgaan, want nou kon ons die Skiereiland deurkruis en gaan swem net waar ons wil, van Houtbaai in die weste tot Vishoek in die ooste.

“In die bloktyd van ons matriekjaar, 1947, sit ons by my ouers se huis hoog bo in Oranjezicht. Ons al drie se fietse is daar. Waarheen nou? ‘Aha, vandag gaan ons afdraand tot in Dokweg ry, maar op een fiets.’ Blink gedagte!

“Erni voor, Hugo agter, ek in die saal, en daar gaat ons. Af in Glencoeweg, Strathcona, Marmion, Montrose – en daar word dit so steil dat die remme ingee. Teen ’n hoë spoed om die draai by Gibbert se kafee, af in Bo-Oranje, af in Oranje, af in Langstraat, af, af, af...tot ’n reuse-lorrie op die hoek van Langstraat en Dokweg ons pad versper. ’n Desperate pluk aan die stuurstang, ’n swenk na links en daar seil ons deur ’n vulstasie en rol stadig in Dokweg tot stilstand.

“Ons mooi ou stadjie – so mooi soos dit nooit weer sou wees nie – het aan ons behoort.

“In dieselfde tyd moes ons katkiseer. Ek leer hard aan die taai belydenisskrifte en kerkleer, Erni nie. Maar as die slimste kind in die skool kry hy al die moeilike vrae. Gelukkig vang sy skerp oor my sagte gefluister op en dra hy die antwoorde foutloos aan ds Jac Conradie oor.”

’n Ander geliefde plek uit sy Kaapse dae was Zeekoevlei. “Die lekkerste blyplek was nog Zeekoevlei. Óp die water.”

Oor Zeekoevlei en The Wind in the Willows van Kenneth Grahame vertel hy aan Die Burger van 31 Mei 2012: “Ek is self ’n watermens, gebore in die teken van die Vis. Die vakansiehuis wat ek in Zeekoevlei gekoop het, het ek mettertyd my vaste verblyf gemaak. Daar kon ek die vreugdes van Die Wind in die Wilgers herleef, met byna altyd twee of drie bote op die grasperk tussen die boothuis en die vleioewer.

“Ek kon eiehandig ’n L-vormige aanlegsteier bou, die kort beentjie van die L verborge agter papirus en spaansriet,van die huis af onsigbaar. ’n Getimmerde bankie op daardie kort beentjie was die plek waar ek en menige naweek-besoeker kon gaan sit om weg te kom. En oor die vlei uit te kyk. Te mediteer. Te droom. En soms ’n traan te stort.

The Wind in the Willows het in 1908 verskyn. Dit verteenwoordig vir my die Eduardiaanse era, die onskuldige tyd voor die Europese amper-selfmoord van twee verskriklike wêreldoorloë. Dit was ook die tyd toe my ouers jonk, energiek en verlief was, die tyd van hul huwelik en eerste kinders. Ek is te laat gebore om daardie tyd te ken. Grahame se boek help my om iets daarvan terug te roep.”

Drie vroue het die blaaie van kinderboeke vir Leon oopgeslaan: sy ma met haar kinder- en volksrympies, Helena JF Lochner en Enid Blyton met haar Sunny Stories.

Hy het tot standerd 6 (vandag graad 8) aan die Laerskool Jan van Riebeeck in Kloofstraat, Kaapstad skoolgegaan en is daarna vir twee jaar na die koshuis van die Hoërskool Gimnasium in die Paarl. Hy keer terug na die Hoërskool Jan van Riebeeck vir standerd 9 en 10, waar hy die Senior Sertifikaat-eksamen in 1947 in die eerste klas slaag.

Verdere studies en werk

Ná skool is Leon na die Universiteit van Kaapstad, waar hy sy BA-graad aan die einde van 1950 behaal. “Op ’n foto van 1950 verskyn Erni en ek in togas saam met sy broer, Johannes, sy suster, Marie, en Mutti. Erni se pa was toe al oorlede en dit was vier jaar voor my pa se dood. Dit was vir my ouers seker moeilik om die gradedag by te woon. Tog is dié foto vir my simbolies van die mate waarin Mutti my aangeneem het.” (Die Burger, 5 Maart 2011)

Hy vertrek hierna na die Universiteit van die Witwatersrand om tandheelkunde te studeer, maar ná vier maande staak hy hierdie studie en sluit in Junie 1951 by die redaksie van Die Burger in Kaapstad aan, waar hy beurtelings verslaggewer, vertaler, subredakteur en skrywer van die rubriek “Van alle kante” was.

In Oktober 1956 verlaat hy die diens van Die Burger om onafhanklike joernalis, skrywer en uitgewersmedewerker te word. Die tyd toe hy vryskutwerk gedoen het, beskryf Leon as “die mees ontspanne jaar van my lewe. Ek het vir elke dag ’n kwota gestel en dit elke dag afgehandel. Dit is die beste resep vir gemoedsrus.”

Leon is op 18 Desember 1954 getroud met Winifred Louise, die oudste kind van dr en mev CGW Schumann van Stellenbosch. Hulle het vier kinders gehad. In 1977 is Leon en Winifred geskei. Hy is later getroud met Narieka Strauss Pienaar en een kind is uit hierdie huwelik gebore.

In Kaapstad het Leon op ’n stadium in Leinster Hall gebly. Dit is ’n herehuis wat lank in die besit van die beroemde Hofmeyr-familie was en is in 1983 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Oor die ontstaan van Human & Rousseau het Leon met die uitgewery se vyftigste verjaarsdag vertel (Beeld, 14 Maart 2009): “Ek was ’n redaksielid van Die Burger in Kaapstad, ’n jeugdige 25. Die ewe jeugdige Koos Human, wat weldra my vennoot sou word, het in dieselfde jaar uit die destydse Transvaal na die Kaap gekom om by Nasboek te werk. Dit was destyds die uitgewersafdeling van Naspers (vandag Media 24).

“Ek en Koos was nie onmiddellik van mekaar bewus nie, want daar was min kontak tussen Die Burger in Keeromstraat en die uitgewery in die Tygerberg.

“In daardie jaar het ek dit in my kop gekry om by Die Burger te bedank en vryskut te word. My kollegas het min hoop vir my planne gesien. Op my laaste werkdag het ons hoofsub, Willem Wepener, ’n spotprentjie geplaas waarin ’n netjies-geklede man aan ’n verflenterde bedelaar iets sê soos: ‘Dag, ou Leon, en hoe gaan dit met jou nuwe boek?’

“Meer deur geluk as wysheid het ek toe al ’n huis en ’n vrou gehad. Die huis was Rugbyweg 7, heel bo teen die berg in Oranjezicht. Die dennebome van Tafelberg het trouens in ons agtertuin begin. Ek het £3 600 vir die baie eenvoudige en beknopte huisie betaal, maar die uitsig was na my skatting £3 000 werd. Dus somtotaal, soos Dirk Opperman graag gesê het, nie ’n slegte koop nie. Hier het ek ywerig met ’n nuwe Fritz Deelman-boek begin, elke dag op my ou Underwood ’n hoofstuk getik en die boek binne ’n maand voltooi. Dit was waarskynlik Fritz Deelman en die Swart Eiland.

“Enter Koos Human. Die eerste outeurskontrak is nog deur George Minnaar na Die Burger gebring vir my om te onderteken, maar hy is in 1956 deur die jeugdige Koos Human as hoof van Nasboek se afdeling algemene publikasies opgevolg. Alles het in daardie dae op presies die regte tyd gebeur. Ek het gou besef ek het nou met ’n professional te doen. Sy bynaam in uitgewerskringe, The Boy Wonder, was nie onvanpas nie. Koos het my belangrik laat voel deur in eie persoon kontrakte en pas-gepubliseerde boeke na my huis te bring. Hy het daardie jaar reeds twee Fritz Deelmans laat verskyn. Ons het dadelik gekliek en gou vriende geword. Van toe af het die lang skraal wit Ford met die lang, ekstra-skraal Koos Human agter die stuur, meer dikwels voor Rugbyweg 7 kom stilhou.

“As vryskut moes ek meer doen as skryf. Spoedig ontvang ek van JD Pretorius, hoof van Tafelberg-Uitgewers, wat toe hoofsaaklik boekklub- en slapbandboeke uitgegee het, ’n manuskrip deur ene Gerrie Radlof om te sub. Dit was die skuilnaam van Gerrit van Zyl, nou lankal dood, maar toe in Tamboerskloof woonagtig. Hy was die skrywer van die Buiter-boeke en baie ander. Na ek die manuskrip nagesien het, nooi ek die skrywer om my veranderings oor ’n drankie in die Café Royal te kom bespreek. My kasboek uit daardie dae wys van tyd tot tyd ‘Drankies, 7/6’. [Nota vir moderne lesers: “7/6” beteken “7 sjielings en 6 pennies” in die “ou taal”.]

“Gerrit was ’n fenomeen. Hy kon homself op ’n Vrydagaand in sy werkkamer toesluit, gewapen met ’n bandopnemer (dit was ’n Grundig), en iets vir die dors, en teen Sondagaand ’n boek klaar dikteer. Hy word hier genoem omdat hy die ontstaan van die firma Human & Rousseau help moontlik maak het.

“As jy 25 of 26 is, sien jy vir baie kans. Na ’n ruk besluit ek en Gerrit om saam ’n onderneming te begin. So gesê so gedaan. Gerrit bedank by African Homes Trust om voltyds te skryf, ek koop vir £100, as ek reg onthou, ’n bankrot persagentskap, Afritopics, by ene Nico van Rensburg. Ons verander die naam in die Uniale Persdiens en ek vestig dit in twee kantore in die Volkskas-gebou in Adderleystraat. Gerrit het tuis gewerk.

“Min kon ek toe droom dat dié kantore binne twee jaar deur ’n nuwe firma, Human & Rousseau, beset sou word. Na ’n ruk koop ek Gerrit van Zyl uit, en teen Koos Human se tweede jaar by Nasboek is ek die alleeneienaar van Uniale Persdiens. Die firma het sy geld gemaak deur buitelandse foto’s en artikels aan plaaslike blaaie te verkoop, aangevul deur my vryskutwerk.

“Vroeg in 1958 word Koos Human deur ’n aantreklike aanbod na ’n ander uitgewery, die Afrikaanse Pers Bpk van Johannesburg, gelok, maar na nege maande kon hy dit skaars meer daar uithou.

“As gevolg hiervan kry ek op ’n dag uit die noorde ’n oproep van hom. Hoe lyk dit, vra hy, wil jy nie saam met my ’n uitgewery begin nie? Dit was die grootste kompliment wat ek ooit kon kry.

“Vroeg in 1959 trek hy toe by die twee kantore in Adderleystraat in. Hoe ons ingepas het, onthou ek nie mooi nie, want ons was vier: ek en Koos, my sekretaresse, Helena Thiart van Windhoek (sy het dadelik ons albei se sekretaresse geword), en Ebrahim Petersen van Distrik 6, ons bode. Ebrahim het ’n kleurryke Kaapse Afrikaans gepraat wat vir Koos Human seker nuut was. Hy het sy vrou, vir al wat ek weet ’n lankmoedige vrou, teenoor ons beskryf as ‘die vrietende kanker’.

“Koos Human was ’n bietjie soos Odusseus van ouds. Hy het altyd ’n plan gehad. Gedagtig aan die nuwe firma se beperkte middele het hy idees saamgebring vir verskeie dun maar nogal elegante boekies waarvan klein oplae gedruk kon word. Van die heel eerste een, The Last Division deur Anthony Delius, byvoorbeeld, is 1 000 eksemplare deur Tulp van Zwolle in Nederland gedruk. Die toegespykerde kis met die hele oplaag is by Koos-hulle se huis in Kampsbaai afgelewer en oopgemaak in wat destyds die bediendekamer genoem is.

“Van kapitaal was daar geen sprake en geen sent nie. Alles moes uit Uniale Persdiens se inkomste kom. En terwyl die firma my, my vrou en ons eerste baba tevore ’n gerieflike inkomste besorg het, kon dit met moeite twee vennote en hul gesinne onderhou. Boonop moes ons nog boeke laat druk, voorskotte betaal, omslae laat ontwerp, manuskripte laat nasien. So is die Human & Rousseau-boompie ’n halwe eeu gelede geplant. Dit was swaar tye, broekskeurtye, maar onvergeetlik – en ja, ook heerlik.”

En Human & Rousseau het later ’n huishoudelike naam in die Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf geword en sou uiteindelik verantwoordelik wees vir ’n groot aantal belangrike publikasies, onder meer die werk van die Sestigers.

By Human & Rousseau het Leon veral uitgeblink as uitgewer van kinderboeke. Onder sy leiding was die uitgewery se kinderboekafdeling oor ’n lang tydperk die grootste in die land en hy het sowel plaaslik as in Europa hoë aansien as kinderboekuitgewer geniet.

Leon se eerste boek was Fritz Deelman en die Swart Eiland, die eerste titel van agt in die immergroen, gewilde Fritz Deelman-reeks. Verskeie van die Fritz Deelman-boeke is ook in Nederlands vertaal en het by Kluitman van Alkmaar verskyn. Die reeks is ook in 2004 en 2005 in sagteband heruitgegee.

Leon se Fritz Deelman en die Skepe van Mars is geskryf lank voordat Joeri Gagarin die eerste ruimtereis onderneem het. Dit het dus duidelik geblyk dat Leon amper sy tyd vooruit was wat tegnologiese ontwikkelings betref. “En sy sin vir humor en waarnemings was só in die kol dat dit maklik verby 2004 kan weerklink,” skryf Francois Smith in Die Burger, 3 Mei 2004.

Leon se “pedagogiese streep” wat in Storieman na vore kom, is ook in die Fritz Deelman-reeks te vinde. Saam met Fritz reis die jong lesers na verskillende wêrelddele, beleef avonture in Tibet, aan die Suidpool, in die Sahara en selfs diep onder die oppervlak van die see. Die Skepe van Mars het aanvanklik as ’n vervolgverhaal in die destydse Die Jongspan verskyn. Koos Human het hom aangepor om ’n boekreeks te skryf – “twintig boeke as jy wil”. “Maar jy moet vir Fritz ’n nooi gee,” het Koos aangeraai. (Die Burger, 3 Mei 2004)

Leon se inspirasie vir die reeks het gekom van die jeugboeke wat hy as kind gelees het: Boy’s Own, Gem en Magnet. “So het ek Engels geleer. En in dié boeke kom die helde nie naby die meisies nie.” (Die Burger, 3 Mei 2004)

Vir die skryf van wetenskapfiksie in Afrikaans is hy veral geïnspireer deur August van Oordt se Seuns van die wolke, en hy het ’n besondere liefde vir dié genre, vir Isaac Asimov, Arthur C Clark en Ray Bradbury.

Oor die oorsprong van die naam Fritz Deelman vertel Leon aan Francois Smith (Die Burger, 3 Mei 2004): “Miskien het die Duits avontuurlik en robuust geklink. Maar ek onthou dat Louis Hiemstra, destyds Die Burger se hoof-taaladviseur, beswaar gemaak het dat Fritz met ’n ‘z’ geskryf word. Dis onafrikaans, het hy gesê. Ek en Koos Human het groot genot daaruit geput.”

Oor die kwessie dat Fritz nooit verder as luitenant bevorder is nie, verduidelik Leon aan Smith dat daar ’n generaal Heyns moes wees wat bevele gee. “Die res van die resep behels ’n magtige skurk en avonture in ’n vreemde en nuwe omgewing. Nuwe lesers sal miskien meer van die latere boeke hou, maar as jy by die eerstes begin, is daar ten minste genoeg aksie.”

En Leon het geen twyfel dat Fritz hom in die nuwe Suid-Afrika sou kon aanpas nie: “Fritz Deelman is altyd aanpasbaar.”

Hy is ook nie bekommerd dat van die tegnologiese voorspellings en fantasievlugte agter die klip sou raak nie: “Heelwat daarvan is nie te sleg voorspel nie. Eers onlangs is vasgestel dat Mars skeure het wat vier keer so diep soos die Grand Canyon is. Miskien is daar nie lewe in nie, maar wie weet ...”

Oor die heruitgawes van die agt Fritz Deelman-boeke in 2004 en 2005 is Leon baie bly. Hy was aanvanklik bang dat die stories uit die 1950’s te dooierig sou wees vir die hedendaagse kind, maar party titels het reeds herdrukke beleef en is vir skoolgebruik goedgekeur. Die tydgees moes natuurlik ’n bietjie verander.

Hy het ook twee lewensromans vir die jeug geskryf, naamlik Die Florentyn, wat die verhaal van Leonardo da Vinci vertel, en Marco Polo van Venesië.

Leon was in sy loopbaan verantwoordelik vir ’n groot aantal vertalings en verwerkings van veral kinderboeke. Op hierdie gebied het hy oorspronklike en semi-oorspronklike werk gelewer, soos Ou Tante Koba, Die mens begeer maar altyd meer, Die Kaapse vlek enDie bruilof van die voëls. Die ryme in hierdie boeke en in ’n hele klomp ander is later versamel in Rympies vir kleuters en Rympies vir kinders, Leon se versameling tradisionele Afrikaanse volksryme en sy pogings om klassieke Duitse, Engelse en Nederlandse ryme in dieselfde styl te herskep.

Leon se bekendste werk is sekerlik Die groot verlange, die lewensverhaal van Eugène N Marais wat in 1974 gepubliseer is. Dit is in 1975 met die destydse CNA-prys bekroon. Volgens JC Kannemeyer in Die Afrikaanse literatuur het Leon hiermee ’n unieke bydrae op die gebied van die biografie in Afrikaans gelewer. Hy het die werk later in Engels vertaal onder die titel The dark stream.

Die idee om ’n boek oor Eugène Marais te skryf het reeds in sy standerd 9-jaar ontstaan (aan Murray la Vita, Die Burger, 14 September 2012). “In standerd nege het ek Lust for Life, die verhaal van Van Gogh deur Irving Stone, gelees. En ons het ook die gedigte van Marais gehad as ’n voorgeskrewe werk en daar was ’n baie prikkelende ... foutief, maar baie prikkelende, lewensketsie van Marais in die boek. En ek het toe die idee gekry: magtie, maar ek sal eendag graag so ’n boek soos Lust for Life oor Marais in Afrikaans wil maak.”

Dit was eers in 1961 toe Leon Robert Ardrey se African Genesis, wat aan Marais opgedra was, gelees het, dat hy weer aan sy storie oor Eugène Marais begin dink het.

Hierdie kennismaking was die begin van twaalf jaar van navorsing oor die lewe van Marais en die tyd waarin hy gelewe het. Met behulp van ’n subsidie wat hy van ’n petroleummaatskappy ontvang het, het Leon op Marais se spore teruggegaan na Londen, waar hy gedurende die Boere-oorlog gewoon het, en na Duitsland. Hy het ook ’n hele ruk in die Waterberge deurgebring en onderhoude met ongeveer honderd persone in Pretoria gevoer.

Dit het begin as ’n roman, maar Leon het later besluit dat die materiaal meer geskik is vir ’n biografie. In ’n onderhoud met Pretoria News het Leon gesê dit is wat hy graag noem ’n “imaginative biography”.

Leon is destyds op soveel maniere gekeer om Die groot verlange te skryf dat dit later na meer as toeval begin lyk het, vertel hy aan Hanlie Retief in Rapport, van 5 April 2009: “Een skemeraand in 1963 het ek tussen die bome op die plaas Rietfontein gestap. Dis waar Marais ’n groot deel van sy agt jaar in die Waterberg gebly het. Skielik kon ek ’n teenwoordigheid voel. Ek kon niks sien of hoor nie, maar die boodskap was duidelik: Bly weg! Hou op!”

Hy was skaars terug in die Kaap toe hy amper in ’n noodlottige motorongeluk was. ’n Senuwee in sy linkerarm is afgesny en hy kon nooit weer behoorlik tik nie. Die boek het eers twaalf jaar later verskyn. “Maar dit het my kans gegee om ryper te word. Ek het toe meer insig gehad.”

Die groot verlange was die duisendste boek wat Human & Rousseau uitgegee het om die vyftiende bestaansjaar van die firma te vier. Leon het self die boek as sy “eerste voetstap in grootmensliteratuur” beskryf. En dit het ’n geweldige mate van spanning, energie en wilskrag gekos om dit klaar te maak.

André P Brink het in Rapport (5 Januarie 1975) geskryf: “Ons het in ons taal op die terrein van lewensbeskrywing nog nie ’n werk van hierdie omvang, tegelyk in breedte en in diepte, opgelewer nie. Die hoofindruk wat die boek by die leser laat, is juis sy meevoerende vloei, en ’n verbysterende hoeveelheid en verskeidenheid materiaal word op ’n merkwaardig vlotte manier hier geïntegreer om nie net die beeld van ’n individu te herskep nie, maar hom volledig binne die raamwerk van sy tyd, nasionaal en internasionaal, te ‘plaas’.

Vir Brink is Rousseau se grootste prestasie waarskynlik hierdie vermoë om Marais in konteks te ontgin: “teenoor die Europees-Engelse 19de-eeuse tradisie in kuns, lettere en wetenskap; teenoor die geskiedkundige prosesse en strominge van die Zuid-Afrikaanse Republiek en die jong Unie; teenoor die ontplooiende taalbewegings; teenoor wêreldontwikkelinge op die gebied van literatuur, psigologie en die eksakte wetenskappe. Nooit verslap Rousseau se greep op sy stof nie; nooit neem die intrinsieke spanning af nie. En hoewel ek sekere voorbehoude en kritiek het, is Die groot verlange ’n formidabele werk en op sy terrein en uit eie reg is die boek ’n mylpaal in ons literatuur.”

Vir PM (Volksblad, 17 Desember 1974) is Die groot verlange in baie opsigte ’n model-biografie: “omvattend, deeglik nagevors, genadeloos eerlik, boeiend, dikwels aangrypend, en bowenal vlot geskryf, met ’n besonder fyn aanvoeling vir die omgewing en die tydsgees van ’n bepaalde periode.

“En die skrywer het nie alleen ’n deernis met en begrip vir die komplekse Marais verraai nie, maar dra dit aan die leser oor deur hom ook die tye, plekke en invloede te laat voel. Hoewel die biografie betreklik lywig is, lees dit so glad soos ’n besonder goedgeskrewe roman, omdat dit soos ’n klassieke tragedie onstuitbaar voortsnel na die onvermydelike einde.”

In 1977 het Koos Human en Leon hul uitgewery aan Nasionale Pers verkoop. Twee jaar later het Leon as medehoofbestuurder van Human & Rousseau bedank. In 2009 het hy dit beskryf as sy grootste fout om weg te gaan by Human & Rousseau weens ’n “onenigheid tussen my en Koos”. Hy is bitter spyt oor dié “breuk en verlies”, veral die verlies van Koos Human se breë kennis en finansiële insig. Maar gelukkig is daardie vriendskap weer waterdig. ( Rapport, van 5 April 2009)

Leon begewe hom in 1992 met sy ’n Toevlug in die Weste op die gebied van die politiek. Hierin raak hy ’n teer snaar by baie Suid-Afrikaners aan, veral met die 1994-verkiesing destyds op hande: naamlik dié van ’n “billike verdeling van die land”. Leon is nie skaam om ’n Afrikaner genoem te word nie en hy was reeds vanaf die jare sestig teen die destydse apartheidsbeleid, en in ’n Toevlug in die Weste vra hy vrae oor of ’n eenheidstaat soos dit afgehandel is, wenslik is. Hy doen aan die hand dat almal met ’n Wes-Kaapse oorsprong, wat alle Afrikaanssprekendes insluit, hul heil eerder soek in een of twee outonome state in die weste van die land. (Theuns van der Westhuizen, Die Burger, 29 Maart 1994)

In Mei 1982 het Leon ’n nuwe uitgewery, Rubicon, op die been gebring. Die firma se bekendste publikasies is Storieman, StorieMuis en Storytime, elkeen ’n reeks wat bestaan uit 30 kassette en 30 boeke. In 2004 is die reeks aangepas en is Storieman ook op CD gepubliseer. Van die reeks is reeds 35 000 eksemplare verkoop en dit beleef sy sewende druk.

Hieroor vertel Leon: “Dit was die eerste keer dat ’n kind ’n boek kon lees en na die klank luister – eers bande en toe later CD’s. En nou het Human & Rousseau, baie gepas eintlik, dit oorgeneem en hulle het ’n baie mooi uitgawe gemaak, aan Murray la Vita (Die Burger, 14 September 2012).

’n Storieman Omnibus wat ’n versameling bevat van die oorspronklike verhale, het in 2012 verskyn. Dit sluit in plaaslike verhale soos “Van Hunks en sy pyp”, en “Wolraad Woltemade”, asook die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories, en sprokies soos “Die Drie Varkies” en “Gouelokkies”. ’n Tweede omnibus verskyn in Oktober 2012 en nog een in April 2013.

Aan La Vita: “Ouers het vir my gesê hulle kinders kan nie hierdie vinnige tempo van die lees volg nie, want ek het beweer baie jong kinders kán dit volg. Toe het ek na hulle geluister en StorieMuis uitgegee so agt jaar later wat vir die heel jong kinders bedoel is.”

Storieman Omnibus is op albei genders gemik en met hierdie reeks het Leon ’n geleentheid gesien om die kind baie vroeg, reeds van so twee af, in lees te laat belangstel en ’n liefde daarvoor by hom te kweek. “Hoewel dit ongetwyfeld waar is dat die oudiovisuele benadering die leeftyd waarop kinders ’n storie verstaan en waardeer, dramaties verlaag, was dit tog ’n bietjie vroeg. Vir daardie groep het ek later StorieMuis uitgegee. In die praktyk was die ouderdomsgroepe kleuters (drie tot ses) en voortieners (tot so 12), hoewel baie ouer kinders dit ook geniet het”, aan Naomi Meyer op LitNet.

In 1980 het Leon ’n kwaai hartaanval oorleef en het sy huisarts aan een van sy kinders genoem dat hy dalk nog net vyf jaar het om te leef. Vandag is hy diep dankbaar vir daardie ekstra 20 plus jare wat hom gegun is, en nie net daarvoor nie, maar ook vir die lewe self met sy soet, suur, bitter en al.

Hy publiseer ook Per 80, ’n gedenkalbum vir sy broer Pierre. Eugène Marais and the Darwin syndrome en Die dowwe spoor van Eugène Marais is aanvanklik as twee boeke uitgegee, maar in 1998 verskyn dit in een boekdeel, met ’n hersiene uitgawe in 2000.

Leon vertaal in 2005 die eerste twee boeke in die baie gewilde A series of unfortunate events van Lemony Snicket in Afrikaans onder die titels Die bose begin en Die reptielkamer.

In April 2005 verhuis Leon na Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. En tans bly hy vir die eerste keer in sy lewe ver van die see. Die liefde het hom Pretoria toe laat trek, na die digter Marié Blomerus. Sy wou nie Jeffreysbaai toe verhuis nie, dus is hy noorde toe.

Hulle het mekaar 30 jaar vantevore by die Skrywersgilde ontmoet, en ná haar man se dood het hulle paaie weer gekruis. In Oktober 2008 is hulle in ’n seremonie by haar huis in Mossiestraat getroud.

In 2006 verskyn Die groot avontuur oor die ontstaan en ontwikkeling van lewe op aarde, met ’n voorwoord deur Gideon Joubert, die skrywer van Die groot gedagte. In hierdie werk soek Leon onder meer gronde vir sy opvatting omtrent die “akwatiese aap”, oftewel ’n teorie dat die mens deur ’n waterfase gegaan het. Op ’n onbewuste wyse was Fritz Deelman reeds ’n voorloper hiervan. “’n Hele paar van die agt Fritz Deelman-boeke speel onder water af,” sê Leon aan Francois Smith. “Miskien het dit ook daarmee te make dat my sterreteken die vis is.”

Die Matie-argeoloë Hilary en Janette Deacon se boek Human beginnings in South Africa (1999) was vir Leon die belangrikste aansporing om Die groot avontuur te skryf, vertel Leon aan Fred Pheiffer (Die Burger, 8 Maart 2006). “Dit het my belangstelling in die oergeskiedenis opnuut laat opvlam. Maar dit is iets wat al van ver kom. In die sestigerjare ontmoet ek Raymond Dart, wat my aan die woeste wêreld van Australopithecus, die Suider-aap, bekendstel, opvolger van Dart by Wits en eweneens wêreldberoemde Suider-aap-kenner. In 1971 skryf ek Professor Oer en sy diere vir kinders, en selfs Fritz Deelman het ’n draai gegooi by die mite van ’n versonke As uitgewer van sy boek oor die Boesmans leer ek ook vir Philip Tobias ken vasteland, Lemuria.”

Die groot avontuur is in 2007 met die Recht Malan-prys bekroon.

Andries Lategan skryf in Beeld (16 Oktober 2006) dat Rousseau twee take in Die groot avontuur aanpak: “eerstens wil hy die leke-lesers saamneem op sy eie geesdriftige leke-ontdekkingstog deur die oerwoud van teorieë en vertolkings oor hoe lewe op aarde ontstaan en ontwikkel het tot homo sapiens; tweedens wil hy die leser oortuig dat paleontologiese, biochemiese en neurologiese bevindings omtrent die ontwikkeling van die ondermaanse lewensvorme nie verklaar kan word sonder om soms die ingryp van ’n bonatuurlike intelligensie in die verloop van die natuurlike seleksie by te roep nie. Rousseau voer die eerste oor die algemeen helder en met insig uit, maar ek is minder seker of dieselfde gesê kan word oor sy ander selfopgelegde sendingtaak.”

In ’n artikel in Rapport van 12 April 2009 skryf George Claassen en Karel de Pauw dat Die groot avontuur voorgesit kan word as ’n goeie voorbeeld van ’n oningewyde wat nie genoeg navorsing gedoen het oor sy onderwerp nie. Rousseau se boek is ook “halfgebakte en onwetenskaplike idees wat hy aanhoudend in skryfsels en praatjies herhaal.”

Andries Lategan kritiseer ook vir Rousseau “oor die openbarende toevlug wat hy gereeld in sy boek by ’n intelligente ontwerper soek sodra hy iets nie begryp of kan verklaar nie”.

Die bekende Philip Tobias het ingestem om ’n voorwoord vir Die groot avontuur te skryf, maar nadat hy die finale gepubliseerde weergawe gelees het, het dit vir hom duidelik geword dat Leon Rousseau die pseudowetenskaplike konsep van Intelligente Ontwerp steun en in ’n brief aan Die Burger distansieer Tobias hom van daardie dele wat Intelligente Ontwerp ondersteun.

Leon skryf in ’n artikel in Rapport (7 Julie 2009) dat nadat hy The language of God van Francis Collins gelees het, hy besluit het “om a) my openlik van IO te distansieer en b) om my eie onbewysbare, maar ook onweerlegbare indrukke dat daar ’n groot mag agter die werkinge van die heelal moet wees, voortaan sorgvuldiger te skei van wat ek oor die wetenskap skryf. Oor my foutiewe indruk van IO toe ek Die groot avontuur geskryf het, voel ek behoorlik verleë.”

Oor waarmee hy tans besig is, vertel Leon (Die Burger, 10 Maart 2012): “Ek is besig om te werk aan Lalie se lekker liedjies saam met Lochner de Kock. Ons moet aan die einde van Maart 2012 die eerste CD voltooi, maar dis in drie luike met 20 liedjies elk – Lalie in Diereland, Lalie in Luilekkerland en Lalie in Kammaland. Dit sal in een pak verskyn wat ek ’n luisterkis noem. Van die lirieke is nuwe werk, maar baie daarvan is bestaande goed wat ek uit Engels of Duits neem en dan vertaal.”

Leon is ook nog nie klaar met die stig van nuwe sake met hoë ideale nie. Ongeveer 53 jaar nadat hy Human & Rousseau saam met Koos Human gestig het, het hy vir die vervaardiging, verspreiding en bemarking van Lalie saam met Lochner, die boekhandelaar Eddington Esterhuizen en die musiekregisseur Jahn Beukes, ’n nuwe “onderneminkie” in die lewe geroep: Leida. Hul embleem is ’n seuntjie op ’n swaan en die naam staan vir die vennote se name en vir Beukes se “Ateljee”. Dit sou dus logies Leda moes gewees het, maar daar was reeds verskeie ondernemings met die naam Leda, dus is ‘n i vir intelligensie toe bygevoeg. (Die Burger, 10 Maart 2012)

In 2011 blaas Leon ook nuwe lewe in die Jakkals en Wolf-verhale toe hy Die kaskenades van Jakkals en Wolf oorvertel en verwerk en die lig laat sien by LAPA-uitgewers. Die illustrasies is deur Johann Strauss gedoen. Human & Rousseau gee in dieselfde jaar Pieter W Grobbelaar se Jakkals en Wolf, met illustrasies deur Sean Verster, uit.

Hierdie twee boeke is elkeen op ’n verskillende teikenmark gemik. Vir Marlize Leyden is Die kaskenades van Jakkals en Wolf egter meer geskik om hierdie klassieke verhale aan ’n nuwe generasie lesers bekend te stel.

Oor die herkoms van die Jakkals en Wolf-stories vertel Leon in ’n brief aan Die Burger van 2 Februarie 2013: “Party van die Jakkals en Wolf-stories wat ons vandag ken, is reeds in die Middeleeue op skrif gestel, 800 jaar gelede, en daar is van hulle wat miskien nog ouer is. Dit was die tereg beroemde dr. Wilhelm Bleek wat reeds in 1864 met sy boek Reynard the Fox in South Africa te kenne gegee het dat verhale soortgelyk aan dié in die Middelnederlandse diere-epos Van den Vos Reinaerde (13de eeu) deur natuurvolke in Suid-Afrika vertel is.

“Die eerste Afrikaanse oorvertellings van hierdie inheemse stories was dié van GR von Wielligh in sy boek Dire storiis (soos deur Hottennots ferteld), wat in 1907 uitgegee is. Hierdie puik versameling kon egter beïnvloed gewees het deur die 185 dierestories wat in die 25 jaar tussen 1880 en 1905 in Joel Chandler Harris se agt Uncle Remus-boeke verskyn het. In Suid-Afrika, waar die belangstelling in die Amerikaanse Suide groot was, is dié boeke stellig druk gelees.”

Leon het sy navorsing na die Jakkals en Wolf-stories se oer-herkoms in sy boek se nawoord saamgevat: “Op grond van die omstandigheidsgetuienis wil ek die gissing waag dat ons Jakkals en Wolf-stories op die een of ander manier beïnvloed is deur Kaapse blankes wat vertroud was met die Uncle Remus-boeke en dieselfde of ander blankes wat die Reinaert-epos deur oorlewering of andersins geken het. Hierdie twee bronne kon deur ander aangevul gewees het.

“‘Slaan ysterklou in die grond, broer Wolf’ is wesenlik dieselfde storie as die Nederlandse volksverhaal wat in 1905 in die Nederlandse publikasie Volkskunde verskyn het. Die moontlike invloede wat ek noem, verminder nie die waarde van ons Jakkals en Wolf-verhaleskat nie. Alle volksverhale is oorvertellings of hervertellings van oorvertellings.” (Die Burger, 2 Februarie 2013)

Net ná die première van die langverwagte Die wonderwerker, Katinka Heyns en die draaiboekskrywer Chris Barnard se fliek oor Eugène Marais, is ’n stel van vier CD’s op 6 September 2012 bekend gestel waarin ’n verkorte weergawe van die biografie oor Marais, Die groot verlange, vertel en voorgelees word. Leon Rousseau sê dele van sy boek oor dié legendariese digter, skrywer, wetenskaplike, regsgeleerde, storieverteller en morfienverslaafde is deur die akteur Lochner de Kock voorgelees en word afgewissel met oorgange waarin vertel word hoe die storie verloop. ’n Klassieke simfonie is spesiaal vir die voorlesings deur Jahn Beukes gekomponeer. Die omslag bevat ’n pragfoto van Lettie, oftewel Aletta Beyers, Marais se vrou, wat op 21 – agt dae ná die geboorte van hul seuntjie – aan kraamkoors gesterf het.

Tydens die Woordfees van 2012 op Stellenbosch was daar ’n profielaanbieding van Leon Rousseau waartydens persone soos Dorothea van Zyl, Gerrit Brand en een van sy seuns, Chris, iets oor Leon en sy invloed gesê het. In die loop van die aanbieding is iets bevestig wat onveranderd gebly het aan Leon Rousseau se uiteenlopende bydraes tot Afrikaans en die letterkunde: hy dwing blywende respek af – of dit nou sy grootse biografie oor Eugène Marais is,Die groot verlange, die toekoms-aksie van die Fritz Deelman-reeks of die Storieman-boeke en -kassette en -CD’s. ( Die Burger, 7 Maart 2012)

Leon se nuwe boek, met die voorlopige titel Benjamin, Baäl en die bul van Basan, kyk na hoe die Bybel ons taal gevorm het. Oor sy nuwe boek sê Leon (Die Burger, 10 Maart 2012): “Ek het nou my deel gedoen. Nou moet die konsultante kyk, en hulle is verbaas, want ek het op baie plekke gesê die 1983-vertaling is minder poëties oftewel meer platvloers as die 1953-vertaling. ’n Mens kan mos nie eenvoudig ’n frase weggooi wat in die Lutherbybel, die Statenbijbel en selfs die King James voorkom nie. Neem nou, byvoorbeeld, ‘In die begin was die Woord’. Die 1983-vertaling sê (en dit bots met al die vorige vertalings): ‘In die begin was die Woord daar.’ Dis byna heiligskennis!”

Leon het nog altyd ten diepste omgegee vir die instandhouding en die skep van poëtiese woorde. Toe hy gevra is oor die allemintige hoeveelheid alliterasie in sy nuwe boektitel, antwoord hy met ’n nuutskepping en ’n sjarmante glimlag: “Ek noem dit ‘bryme’ – beginryme met ’n ‘b’.” (Die Burger, 10 Maart 2012)

In 2014 was Leon Rousseau op die kortlys van die Dagbreek Trust-teksskryfprojek. Hierdie projek fokus op die ontwikkeling van nuwe skrywers van dramatekste, asook van enige persoon van wie ’n drama nog nie voorheen opgevoer is nie.

Rousseau se inskrywing is getiteld Rageltjie verby en is gebaseer op die bewering dat Eugène Marais (EM) die inligting vir sy artikel oor Rachel de Beer verkry het uit ’n bron uit Amerika én dat daar nooit regtig ’n Rachel de Beer was nie.

“Die toneelstuk speel in 1921 af in die redaksiekantoor van Die Boerevrou, die blad waarin Marais se beskrywing van die heldedaad kort tevore verskyn het. Die redaktrise, Mabel ­Malherbe (MM), is EM se susterskind. Marais (50) ken haar al sedert haar geboorte 41 jaar tevore. Sy lees vir haar assistent, Miemie Rothmann (MER), ’n disclaimer voor wat sy in die blad wil plaas. MER spreek haar bedenkinge uit: So ’n disclaimer kan EM weer tot morfien dryf en miskien sy lewe verkort.

“Kort daarna daag Marais se seun [EM jr], ’n 27-jarige prokureur, op en ná hom EM. EM jr dring saaklik tot die feite deur. EM verklaar dat hy nooit die Amerikaanse bron gesien het waarvan daar sprake is nie. EM jr dreig om te prosedeer tensy MM haar disclaimer terugtrek.

“MER en EM jr vertrek en laat EM alleen by MM. Sy wil weet waarom hy die gedig waaraan hy werk, ‘Mabalêl’ noem. Dit is haar naam, Mabel, waarby hy ’n ‘al’ gevoeg het. Op sy beurt beweer hy dat Mabel ’n hiperkorrekte vrou is wat van tyd tot tyd deur die gees van ’n losbandige vrou in besit geneem en oorheers word.

“MM weet nie dat EM gewapen is nie. Gaan hy die ­rewolwer gebruik, en met watter doel? Wat is die werk­like verhouding tussen die twee? Wat het dit alles met Rachel de Beer te doen? Hierdie vrae word op verskillende maniere beantwoord.” (Die Burger, 18 Desember 2014)

Tydens die bekendstelling van die program van die KKNK op 25 Januarie 2015 het Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, bekendgemaak dat Leon Rousseau die wenner is van die Dagbreek Trust-ontwikkelingsprojek.

Leon Rousseau is op 24 Februarie 2016 ná 'n kort siekbed in die ouderdom van 84 oorlede. Hy laat sy 5 kinders en 8 kleinkinders agter. Sy seun Chris het gesê dat sy pa nie eintlik siek was nie, maar dat hy in die tyd voor sy afsterwe baie moeg was en hy is die Sondag in ’n hospitaal in Port Elizabeth opgeneem. Hy het die dag van sy dood in ’n koma verval en het nie weer wakker geword nie.

Huldeblyke:

  • Sy seun, Chris: “Pa het ten minste saggies gegaan, so dit bring ietwat troos. Ek dink hy het verwag hy sou sterf. Sy laaste woorde aan my, voor die koma, was: ‘Chris, ek sien jou seker nie weer in hierdie wêreld nie.’ As skrywer het Pa die vermoë gehad om ’n storie lewendig te maak met sy skerp skryfstyl. Hy was baie trots op suiwer Afrikaans en het glad nie gehou van anglisismes nie.” (Die Burger, 26 Februarie 2016')
  • Alvené Appollis en Candice Bezuidenhout, Die Burger, 26 Februarie 2016: “Vir sy kleinkinders was hy oupa Stories. Vir sy kinders was hy die een wat hulle die woordeboek – veral voor storietyd – leer naslaan het. Vir die skrywerswêreld was hy ’n ‘groot gees wat avonture met soveel humor’ kon vaspen. Hy was ook ’n taalpatriot.”
  • Koos Human: “Op 1 Februarie l959 het twee jong vennote, Koos ­Human en Leon Rousseau, albei net 27 jaar oud, dit in die oerwoud van boekuitgewery gewaag. Ons was toe reeds jarel ange vriende, juis in die wêreld van die boek, want Rousseau was ook skrywer, aanvanklik van jeugverhale met ­onder meer die baanbrekende Fritz Deelman-boeke , maar later ook volwasse niefiksie waarvan alle lesers Die Groot ­Verlange sal ken.” Die Marais-biografie is ’n voorbeeld van sy byna verbete navorsingsywer. Dirk Opperman het gereken dit is ’n doktorsgraad werd.

“Dit was Leon wat probeer het om ’n beskeie reeks van Engelse digbundels te loods waarin onder meer Sydney Clouts uitgegee is. In Afrikaans het H&R besonder veel tot die Sestigers se vestiging bygedra. Leon se geesdrif was hier altyd aansteeklik, so ook sy vindingrykheid. Leon het die titel van Etienne Leroux se 18-44 voorgestel. Met sy vertalings en verwerkings was dit die vaste reël dat alles ver-Suid-Afrikaans moes word. ’n Monument hiervoor is die ensiklope die Kennis waarin net die kleur­illustrasies die boeke se Italiaanse oorsprong verraai.

“Wanneer twee vasberade jong mans saam ’n onderneming stig soos ’n uitgewery, waarin opinies belangrik is, was mensbotsings verbasend, maar min en altyd vreedsaam opgelos, soos die man in die spreekwoord wat gesê het: Aan moord het hy dikwels gedink, maar nooit aan skei nie. Ons het mekaar gerespekteer. Ek het ’n groot eerbied vir Leon se taalbehendigheid gehad en met advertensies was hy meesterlik. Dit was ’n lang en gebeurtenisvolle lewe en loopbaan en ek bring hulde, nie net aan ’n ou vriend nie, maar aan ’n kollega en strydgenoot.” (Die Burger, 26 Februarie 2016)

  • Braam de Vries: “Ek onthou Rousseau as een van die noukeurigste skrywers wat ek geken het. Sy joernalis­tieke opleiding was deeglik. Die feite in sy Marais-biografie was volgens sy bronne korrek. Van skrywers het hy dieselfde verwag. In my reisboek oor ­Israel se manuskrip het hy twee of drie feitefoute raakgelees, en vier maal soveel weer laat naslaan. En tog was hy so byna verslaaf aan juis jeug- en kinderboeke met hul diepseeduikbolle, hekse en wolwe. En miskien die belangrikste: saam met Koos Human was hy met H&R een van die aanvanklike klein uitgewerye waarvan die belang vir die Afrikaanse ­letter­kunde en boek nog eeltemal onvolprese is.” (Die Burger, 26 Februarie 2016)
  • Carel van der Merwe, skrywer: “Ek het Rousseau nooit ontmoet nie, maar ons het wel per e-pos gekorrespondeer terwyl ek navorsing gedoen het vir my boek Donker Stroom. Rousseau het ’n groot rol in my lees- en skryflewe gespeel. Die gaping wat hy in sy steeds indrukwekkende Die groot verlange uitwys in die bestaande kennis oor ’n belangrike tydperk in Marais se lewe, het my aangespoor om my eie navorsing ­hier­oor te doen, iets wat tot Donker stroom gelei het.” (Die Burger, 26 Februarie 2016)
  • Louise Steyn, indertyd uitgewer van inheemse kinderboeke by H&R: “Rousseau het ’n geweldige bydrae tot die ontwikkeling van die Afrikaanse kinderboek gelewer deur onder meer kinder- en jeugboeke wat hy uit ander ­letterkundes laat vertaal het.” (Die Burger, 26 Februarie 2016)

Publikasies

Publikasie

Fritz Deelman en die Swart Eiland

Publikasiedatum

  • 1956
  • 1960
  • 1978
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 0624005615 (hb)
  • 0798143949 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Fritz Deelman en die skepe van Mars

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1990
  • 2004

ISBN

  • 0624029190 (sb)
  • 0798143949 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1960

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die Suidpoolbende

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1961
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144033 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1962

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die groen dood

Publikasiedatum

  • 1958
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144114 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Marco Polo van Venesië: sy merkwaardige reis na die Verre Ooste

Publikasiedatum

  • 1958
  • 1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die diepsee-duikbol

Publikasiedatum

  • 1958
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 0798144041 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1968

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die Florentyn: die verhaal van Leonardo da Vinci

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1960
  • 1964
  • 1966

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engelse vertaling Oxford University Press 1962

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die Gori Lama

Publikasiedatum

  • 1959
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144106 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die woestynrowers

Publikasiedatum

  • 1960
  • 2004

ISBN

  • (hb)
  • 0798144254 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die koue gevaar

Publikasiedatum

  • 1962
  • 1977

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Fritz Deelman en die ondersese myn

Publikasiedatum

  • 1963
  • 2005

ISBN

  • (hb)
  • 0798144246 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeug-avontuurverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1962

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Van Hunks en sy pyp: ’n oorvertelling van ’n ou sprokie

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kindersprokies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die diere-ABC

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die rottevanger van Hamelin

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kindersprokies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Professor Oer en sy diere

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Ou Tante Koba

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderversies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die vet kat: ’n Deense sprokie

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kindersprokies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die historie van Dolle Daan: Afrikaanse beryming

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Roussaeu

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die mens begeer maar altyd meer: ’n ou Afrikaanse volksrympie

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die bruilof van die voëls

Publikasiedatum

1973

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die groot verlange: die verhaal van Eugène N Marais

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1979
  • 1984
  • 2006 (hersiene uitgawe)

ISBN

  • 0798104686 (hb)
  • 0798109696 (hb)
  • 0798118202 (hb)
  • 1869191048 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Human & Rousseau
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

CNA-prys 1974

Vertalings

Engelse vertaling The dark stream 1982

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die ondankbare slang: ’n ou Afrikaanse volksverhaal

Publikasiedatum

1975

ISBN

0798101687 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Volksverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Herelandgoed

Publikasiedatum

1976

ISBN

0798105534 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio in die pekel: nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

079810998X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio loop weg: nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798110007 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio op see: : nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798109998 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Pinocchio en sy vriende: nuwe verhale, met die karakters van die gewilde TV-reeks

Publikasiedatum

1979

ISBN

0798109971 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Per 80 – gedenkalbum P Etienne Rousseau 1990–1990

Publikasiedatum

1990

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Rubicon

Literêre vorm

Gedenkalbum

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Toevlug in die weste

Publikasiedatum

1992

ISBN

1874869545 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Rubicon

Literêre vorm

Sosiale geskiedenis

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eugène Marais and the Darwin syndrome / Die dowwe spoor van Eugène Marais

Publikasiedatum

2000

ISBN

1919825290 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Biografie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die groot avontuur: wondere van die lewe op aarde

Publikasiedatum

2006

ISBN

0798146508 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Wetenskap

Pryse toegeken

Recht Malan-prys 2007

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die kaskenades van Jakkals en Wolf

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780799349648 (sb)

Uitgewer

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Kinderboek

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Leon Rousseau as samesteller:

Leon Rousseau as redakteur:

Leon Rousseau as vertaler:

  • My sustertjie is twaalf voet hoog: lawwe stories, rympies en raaisels uit baie lande. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973 [ISBN 0798101660 (hb)]
  • 101 rympies. Saam met DJ Opperman, Elizabeth van der Merwe en Pieter W Grobbelaar. Kaapstad: Human & Rousseau,, 1982, 1988, 1995 [ISBN 0798106840 (hb)]
  • Anno, Mitsoemasa: Die koning se blom. Kaapstad: Human & Rousseau, 1979 [ISBN 0798109181 (hb)]
  • Apsley, Brenda: Die drie musketiers. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111542 (hb)]
  • Aubin, Michael: Karolus die luilekker koning. Kaapstad: Rubicon, 1990 [ISBN 0947006915 (hb)]
  • Bemelmans, Ludwig: Madeleine se redding. Kaapstad: Human & Rousseau, 1972
  • Berson, Harold: Josef en die slang. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110589 (hb)]
  • Biro, Val: Vonkie: die avonture van ’n jaarkar. Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 [ISBN 0798105089 (hb)]
  • Bonsall, Crosby: Hoegenaamd niks. Kaapstad: Human & Rousseau, 1970
  • Bouman, PJ: Revolusie van die eensames: Spieëlbeeld van ’n tydperk. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1958
  • Bright, Robert: Kalie. Kaapstad: Human & Rousseau, 1967
  • Bruijn, Cor: Odusseus die groot swerwer. Kaapstad: Naweekpos, 1964
  • Bucknall, Caroline:
    • ’n Beer op die foto. Kaapstad: Rubicon, 1988 [ISBN 0947006524 (hb)]
    • Een beer stokalleen. Kaapstad: Rubicon, 1988 [ISBN 0947006516 (hb)]
    • ’n Beer in die hospitaal. Kaapstad: Rubicon, 1990 [ISBN 09547006877 (hb)]
  • Carnegie, Dale: Die kort en maklike pad na effektiewe redevoering. Roodepoort: Baanbreker, 19- 
  • Collins, Larry en Lapierre, Dominique: Die vyfde ruiter. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111097 (hb)]
  • Coran, Pierre: Die langtand bewer. Kaapstad: Rubicon, 1990 [ISBN 0947006893 (hb)]
  • Cornwall, IW: Die wording van die mens. Kaapstad: Human & Rousseau, 1964
  • Counhaye, Guy: Die koulike ysbeer. Kaapstad, Rubicon, 1990 [ISBN 0947006907 (sb)]
  • Dahl, Roald:
    • Kalie Emmer en die sjokoladefabriek. Kaapstad: Tafelberg, 1981 [ISBN 0624015580 (hb)]
    • Marius se merkwaardige medisyne. Kaapstad: Human & Rousseau, 1982, 2005 [ISBN 0798114517 (hb); 079814534X (sb)]
  • Dawson, AJ: Finn die wolfhond. Kaapstad: John Malherbe, 1964
  • Dickens, Charles: ’n Kerssang in prosa. Kaapstad: Human & Rousseau, 1964
  • Dr Seuss:
  • Duvoisin, Roger: Helde van die horison. Kaapstad: Human & Rousseau, 1964
  • Eastman, PD: Ry, hond, ry! Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 0798102543 (hb)]
  • Falconer, Elizabeth: Die huis van Koos Delport: ’n Rebus-boek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1990 [ISBN 0798126671 (hb)]
  • Firmin, Peter: Karel Kwas kampeer. Kaapstad: Human & Rousseau, 1972
  • Flack, Marjorie: Die avonture van Ping. Kaapstad: Human & Rousseau, 1967
  • Frankel, Alona: Van kroontjie tot toontjie. Johannesburg: Perskor, 1982 [ISBN 062802245X (hb)]
  • Friskey, Margaret: Tweevoetjies en sy arendveer. Kaapstad: Human & Rousseau, 197-  [ISBN 0798104236 (hb)]
  • Galdone, Paul:
    • Tom, Tom Pyperseun. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973 [ISBN 0798105167 (hb)
    • Die tafel, die esel en die stok. Kaapstad: Human & Rousseau, 1978 [ISBN 07981087789 (hb)]
  • Graves, Robert: Die groen boek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 0798105828 (hb)]
  • Greaves, AF: Tombi en die watergees. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110226 (hb)]
  • Hall, Amanda: Katrina Losbek: ’n ou Russiese volksverhaal. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798112034 (hb)]
  • Hansen, Ole en Annette Bering Liisberg: Oom Gom se 1000 stories. Kaapstad: Rubicon/Voorsprong-Pers, 1993 [ISBN 1874869367 (hb)]
  • Harvey, Amanda: Brame in die winter. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 1874869014 (hb)]
  • Hoff, Syd: Dirk en die dinosourus. Kaapstad: Human & Rousseau, 1972
  • Hopwood, Clive:
    • Goudskepe op die Spaanse see. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111550 (hb)]
    • Davy Crockett. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111534 (hb)]
  • Hurd, Edith Thatcher: Jannie Leeu se boek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1969
  • Hurkos, Peter: Sesde sintuig. Pretoria: HAUM, 1962
  • Inkpen, Mike:
    • Ek wil ’n skaap hê. Kaapstad: Rubicon, 1988 [ISBN 0947006532 (hb)]
    • Ek wil ’n vark hê. Kaapstad: Rubicon, 1988. [ISBN 0947006540 (hb)]
  • Janosch:
    • Ai, hoe mooi is dit in Panama. Kaapstad: Tafelberg, 1980 [ISBN 0624013839 (hb)]
    • Die grootste geluk op aarde. Kaapstad: Tafelberg, 1980 [ISBN 0624013847 (hb)]
    • Pos vir die tiertjie: hoe die beertjie en die tiertjie landpos, lugpos en die telefoon uitgevind het. Kaapstad: Tafelberg, 1981 [ISBN 0624016773 (hb)]
  • Jensen, Borge: Hoeveel eiers kan die reus eet? Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 07981003078 (hb)]
  • Kaufmann, Herbert: Die verlore karavaanpad. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962
  • Kennedy, Richard: Kom in die lente weer. Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 [ISBN 0798107618 (hb)]
  • Lasker, Joe: Lang jare saam: die verhaal van twee Middeleeuse huwelike. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107340 (hb)]
  • Leitner, Irving A: ’n Koppie soos ’n peer. Kaapstad: Human & Rousseau, 1978 [ISBN 0798107995 (hb)]
  • London, Jack: White Fang die wolfhond. Pretoria: Van Schaik, 1959; Kaapstad: Human & Rousseau, 2005 [ISBN 0798145552 (sb)]
  • McNaughton, Colin: As kat en hond soos drake was. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111526 (hb)]
  • Monjo, FN: Uile in die woud. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974 [ISBN 079810404X (hb)]
  • Mons, Martin: Moord op ’n minister. Kaapstad: Human & Rousseau, 1962
  • Myrick, Mildred: Die klub van drie. Kaapstad: Human & Rousseau, 1975 [ISBN 079810578X (hb)]
  • Nordhoff, Charles Hall en James Norman: Die muitery op die Bounty. Pretoria: Van Schaik, 1963
  • Ofek, Uriel: Rook oor die Golan-hoogland. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110759 (hb)]
  • Pakenham, Thomas: Die Boere-oorlog. Johannesburg: Jonathan Ball, 1981 [ISBN 086850033X (hb)]
  • Pearce, Philippa: Die stryd om Huts en Pots. Kaapstad: Human & Rousseau, 1980 [ISBN 0798110996 (hb)]
  • Provensen, Alice: ’n Uil en drie snorre. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 079811116X (hb)]
  • Reader, Karin S: Meneer Ratel kom kuier. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107324 (hb)]
  • Reit, S: Ek leer kleure ken. Kaapstad: Human & Rousseau, 1973 [ISBN 0798102713 (hb)]
  • Richardson, Anthony: ’n Man en sy hond. Kaapstad: HAUM, 1962
  • Ryan, Cornelius: Die langste dag. 6 Junie 1944. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1960
  • Rydberg, Viktor: Tomten. Kaapstad: Human & Rousseau, 1967
  • Scarry, Richard:
    • My eerste lekkerlag woordeboek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974 [ISBN 0798103655 (hb)]
    • By die diere. Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 [ISBN 0798106360 (hb)]
  • Seed, Jenny: Die jaar een. Kaapstad: Human & Rousseau, [ISBN 0798110163 (hb)]
  • Shapiro, Irwin: Andries en die draak. Kaapstad: Human & Rousseau, 1978 [ISBN 0798108002 (hb)]
  • Simons, Phillida Brooke: Suid-Afrikaanse avontuurverhale. Kaapstad: Struik, 1988 [ISBN 086977672X (hb)]
  • Snicket, Lemony:
  • Stobbs, William: Ou Moeder Gans en die goue eier: ’n tradisioneel Engelse volksrympie. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107677 (hb)]
  • Stone, Bernard: ’n Dag om te onthou. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0798111577 (hb)]
  • Van der Heide, Willy:
    • Drie seuns op ’n onbewoonde eiland. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel, 1961
    • Avonture in die Stille Suidsee. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1961
    • Die stryd om die goudskip. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 196-
  • Verne, Jules: ’n Reis na die middelpunt van die aarde. Kaapstad: Tafelberg, 1958
  • Walpole, Ellen Wales: My eerste tweetalige woordeboek. Kaapstad: Human & Rousseau, 1987, 1993 [ISBN 0798116994 (hb); 0798131055 (sb)]
  • Young, Hilda: Robin Hood en sir Guy de Gisborne. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981 [ISBN 0789111569 (hb)]
  • Young, Ruth:
    • My kombers. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 0947006516 (hb)]
    • My babawagter. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 0947006915 (hb)]
    • Die nuwe baba. Kaapstad: Rubicon, 1991 [ISBN 0947006540 (hb)]
  • Zolotow, Charlotte: As die wind gaan lê. Kaapstad: Human & Rousseau, 1977 [ISBN 0798107588 (hb)]

Artikels oor Leon Rousseau beskikbaar op die internet:

Artikels deur Leon Rousseau beskikbaar op die internet:

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

  • 2

Kommentaar

  • Ek was, en is, een van Leon Rousseau se grootste ondersteuners. Danksy die Fritz Deelman reeks het ek op 11 jaar oud al leer deurnag lees en 'n gesonde belangstelling in die wetenskappe ontwikkel wat my as industriële joernalis goed te staan gekom het. Ek het die voorreg gehad om sy broer Etienne en sy familie op Sasolburg ook te leer ken. Wat 'n formidabele familie wat diep spore in ons Afrikaanse en Suid-Afrikaanse geskiedenis getrap het en steeds deur die nuwe generasie trap.

  • Betsie van der Westhuizen

    In 'n klas vir Vakdidaktiek Afrikaans het ek op 'n stadium vir die vierdejaars gevra watter avontuurverhale hulle vir tieners sou aanbeveel. Dit was 'n groot klas en baie het bygedra tot die gesprek, maar een spesifieke student het telkens nadat so twee of drie ander studente aan woord was, gesê "Fritz Deelman ...", "Maar Fritz Deelman ...", "Ek wil net weer sê Fritz Deelman ...". Daardie student het toe later verder in letterkunde studeer en het 'n ondernemende, kreatiewe letterkundedosent geword.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top