Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Barend J Toerien (1921–2009)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-05-07

Barend J Toerien is op 29 Maart 1921 op die plaas Steenwerp buite Porterville in die Swartland gebore

Allan Boesak (1945–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-03-03

"Die toekoms van Afrikaans hang af van die manier waarop Afrikaanssprekende mense in die taal met mekaar omgaan, want die taal sal doodgaan as ons dit steeds gebruik as net nog ’n knuppel om mekaar te bly slaan soos ons in die verlede die taal gebruik het." Lees Allan Boesak se skrywersprofiel.

Elisabeth Eybers (1915–2007)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-25

“Poësie is ’n eensame besigheid, maar dit het die vermoë om mense nader aan mekaar te bring en om hul wesenlike verwantskap te bevestig.” Elisabeth Eybers sou op 26 Februarie vanjaar 100 jaar oud word. Haar skrywersalbum in nou volledig bygewerk.

André P Brink (1935–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-02-11

“Ek was van die begin af gedoem om te skryf. Nadat ek opgehou het om poësie te pleeg, het die roman vir my ’n manier geword om dinge vir myself te verduidelik ..."

C Louis Leipoldt (1880–1947)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-01-28

 "By my is en was die skryfkuns altyd hoofsaak in my lewe."

Hans Pienaar (1955–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2015-01-21

 "My lewensfilosofie is dat ’n mens nie te veel aan ’n lewensfilosofie kan vasklou nie. ’n Mens moet dit heeltyd vernuwe en verander, anders gaan jy stagneer, ondergaan.” Lees Hans Pienaar se skrywersprofiel.

Reinet Nagtegaal (1956–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-12-17

"Ek dink dis die heel naaste wat ’n mens aan God kom, wanneer hy skep." Lees Reinet Nagtegaal (27 Mei 1956 tot 15 Desember 2014) se ATKV-Skrywersalbum.

Ampie van Straten (1937–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-12-16

"Met die Pendorings probeer ek demonstreer dat Afrikaans alles behalwe ’n stywe en omslagtige taal is en dat nuttige woorde en uitdrukkings nie van Afrikaans weerhou moet word nie. Dit verarm ons taal." Lees Ampie van Straten se ATKV-skrywersalbum.

Charles Fryer (1946–2014)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-26

"Ek is by voorkeur ’n liriese digter en daarvoor het ek meer ledige uurtjies nodig, tyd om stemminge op te vang. ’n Mens moet rustig word sodat jy kan oopgaan van binne. Soos die pottebakker moet jy regstaan om raak te vat, want as ’n vers kom, dan kóm hy. Knip jy sy asem kort, is hy dalk verlore." (Transvaler, 15 Mei 1981)

Jan Lion Cachet (1838–1912)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-20

Die Heer H Altman, visekonsul van Nederland, sê in sy huldeblyk aan Jan Leon Cachet: “Hij was ’n vriend en raadsman van baie. Hier is heengegaan een groot Nederlander ... ook een groot Afrikaander. Maar hij was ook een groot mens.”

AAJ van Niekerk (1931–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-11-04

"My stories handel oor dinge wat ekself beleef het en wat ek uit my kinderdae met my saamdra. Ek gryp uit die lewe uit."

Ela Spence (1909–1997)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2014-10-29

"Ek wil dit egter benadruk dat ek geen letterkundige is nie. My werk bestaan net uit ligte ontspanningsleesstof."

Johnita le Roux (1952–)

Erika Terblanche 2014-10-22 “Vir my is een van die grootste tragedies op aarde dat hopeloos te veel mense tot hul sterwensdag hul daaglikse plig doen sonder dat hul goddelike poten­siaal eens naastenby vervul is.” Johnita le Roux se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.

Emma Huismans (1947–)

Erika Terblanche 2014-10-14 Louise Viljoen ondersteun die standpunt dat Huismans se verhale van literêr-historiese belang is, omdat sy die ingewikkeldhede van verhoudings verteenwoordig.

Melt J Brink (1842–1925)

Erika Terblanche 2014-09-30 Ben de Kock skryf oor Melt Brink dat hy in sy tyd ’n belangrike baanbreker was en miskien ook die eerste wat ons mense geleer het om vir hulself te lag.
Top