Jaco Botha (1972–2016)
2016-11-03“Om te skryf is vir my instink. Dis soos om asem te haal. Dis die enigste ding wat werklik sin maak en die enigste dryfveer in my lewe.” – Jaco Botha
Vader Bonaventure Hinwood (1930–2016)
2016-10-26“Mense dink soms my digkuns is ’n afwyking van my priesterlike bediening, maar eintlik is dit ’n ander vlak van bediening.” Lees oor die lewe en werk van Vader Bonaventure Hinwood.
Gustav Schoeman Preller (1875–1943)
2016-10-18"Solank daar Prellers in Afrikaans werksaam is, sal die meul aanhou met maal!" - WEG Louw oor Gustav Preller
Rob Antonissen (1919–1972)
2016-08-04"Kuns is waagstuk, avontuur. Om met kuns mee te lewe, beteken om die beproefde (en uitgetrapte) paadjies te verlaat en om jou in die onbekende te waag, om jou in- en dalk uitwendige sekerheid op die spel te sit." – Rob Antonissen
Margaret Bakkes (1931–2016)
2016-07-20"Al my idees en karakters kom uit die werklike lewe. Sprake van verbeeldingsvlugte bestaan nie." Margaret Bakkes se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Adam Small (1936–2016)
2016-07-13"Ek twyfel nie aan die toekoms van Afrikaans nie, solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan." Adam Small is op 25 Junie 2016 oorlede.
Winnie Rust (1939–2016)
2016-07-07"Winnie was ’n voorvrou. Van Wellington, spesifiek. Bolandse Boereadel ..." Winnie Rust se volledige ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou beskikbaar.
Johann P Boshoff (1956–2016)
2016-06-09“Daar is twee dinge wat geen skrywer uit sy skrywes kan uithou nie – die skrywer se spiritualiteit en die skrywer se biografie.” – Johann P Boshoff
Anoeschka von Meck (1967–)
2016-05-18"God se wiskunde dans deur die heelal." Lees oor Anoeschka von Meck in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Totius (1877–1953)
2016-05-17"Die taak van die digter is om die skugter inwendigheid van sy medeskepsel uit te bring in volle daglig." (Padlangs, Maart 1977)
André le Roux (1954–)
2016-04-13"Hulle kan miskien nie ’n konfytpotjie oopdraai nie, maar in alle ander opsigte is vroue die sterker geslag. Hulle kan vrede maak en ’n stukkende wêreld heel." – André le Roux. Lees André se skrywersprofiel op LitNet.
Minnie Postma (1908–1989)
2016-04-11“Ekself geniet elke oomblik wat ek kan skryf, al doen ek dit soms onder moeilike omstandighede, al sukkel ek maar altyd om die woorde so ingespan te kry dat hulle gladweg saamtrek en al kry ek nooit reg om presies weer te gee wat ek voel nie.” – Minnie Postma
Arthur Nuthall Fula (1908–1966)
2016-03-23"Ja, hulle het die geld, maar ek besit die pen, en in my pen lê my bestemming." Lees oor die lewe en werk van Arthur Fula.
Leon Rousseau (1931–2016)
2016-03-10“Tradisionele stories is deel van ’n volk se kultuur. Dit gee die kind die gerusstellende gevoel dat hy êrens tuis hoort.” Leon Rousseau se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
AD Keet (1888–1972)
2016-03-02“As ek net een reël in Afrikaans geskryf het, wat sal voortleef, is ek tevrede.”

