Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Leon de Villiers (1960–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-06-07

"Vir ’n kinder- en jeugboekskrywer is die grootste betaling nie groot geldpryse of akademiese lofsange nie, maar blink oë wat spreek van onverbloemde genot in ’n storie (ongeag wie die skrywer is)." Lees oor Leon de Villiers se lewe en werk.

Michael Green (aka RR Ryger) (1963–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-05-28

"As jy bang is vir ander mense se mening, word jy ’n skaap wat die samelewing se reëls nakom. As ek my bekommer het oor wat my ma dink, sou ek nie geskryf het nie."

Johann Bekker (1918–1985)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-05-16

"Ek vertel net ’n storie, ontspan terselfdertyd, en as my lesers saam met my op safari gaan en laat blyk dat hulle dit geniet, dan gloei die kole van die rooibosvuur nog mooier en is Wes-Transvaal se vlaktes nog grootser." Lees oor die lewe en werk van Johann Bekker.

MC Botha (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-05-02

"Die publiek verkeer onder die wanindruk as hulle glo dat kunstenaars inspirasie nodig het om te skep – in elk geval het hulle nie méér nodig as ’n gewone man om die oggend uit die bed op te staan en kantoor toe te ry nie." Lees oor die lewe en werk van MC Botha in die LitNet|ATKV-Skrywersalbum.

Willie Adams (1951–2012)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-04-25

"In Riemvasmaak handel Willie se gedigte hoofsaaklik oor sosiaal-politieke kwessies en die titelgedig het as tema die destydse apartheidsregering se gedwonge verhuising in die 1970's van die mense van Riemvasmaak in die Noord-Kaapland." Lees oor Willie Adams se lewe en werk.

Valda Jansen (1965–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-04-16

“Ek gaan onder die grond in waar woorde groei sonder dat iemand sien ek duik ondergronds … net as ek skryf kan ek die taal wees net as ek is kan ek die taal word net as ék kan ek die taal word net as ék kan ek word.” Lees oor Valda Jansen se lewe en werk.

Karel Benjamin (1928–2002)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-04-03

"Die lewe draai soos ’n wiel, dan gaan hy staan. Waar hy gaan staan en hoe hy weer gaan draai, hang van jou af. Mens is jou lewe se drywer. En jou gedagte is soos ’n lig wat skyn." Lees oor Karel Benjamin se lewe en werk.

RK Belcher (1933–2006)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-03-22

"Die bottel is gebore
sonder kop of ore
maar sy nek en sy bek
sit op die regte plek."

Lees oor die lewe en werk van RK Belcher in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Elsabe Steenberg (1938–1996)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-02-15

"Ons almal wat graag lees, het die heerlike taak om kinders en tieners bewus te maak van die wêreld wat oopgaan by die lees van elke boek." Lees oor die lewe en werk van Elsabe Steenberg in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.

Rona Rupert (1934–1995)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-01-18

"Ek skryf vir die kind wat ek was, vir die kind in elke volwassene. Dit is immers die kosbare kern van die mens." Lees oor Rona Rupert se lewe en werk.

Barrie Hough (1953–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2018-01-02

"Ek dink beslis dat daar ’n tekort is aan Afrikaanse werke vir die jong mens waarin die innerlike avontuur van grootword uitgebeeld word. Te veel tekste konsentreer oppervlakkig op uiterlike avontuur sonder dat dit die jong mens in sy diepste menswees raak." Lees oor Barrie Hough se lewe en werk.

Dan Roodt (1957–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-12-20

"Die vyf waardes wat ek in ander mense bewonder, en wat ek graag my eie sou wou noem, is: eerlikheid, moed, lojaliteit, intelligensie en trots. Maar niemand hou seker van ’n oneerlike, lafhartige, verraderlike, dom kruiper nie." Lees oor Dan Roodt se lewe en werk.

Ryk Hattingh (1957–2017)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-11-22

"Dis nie asof ek dit nie wíl doen nie, dis maar net my dénke en my dróme en veral my verlánge vind seker op ’n manier uiting in Afrikaans en dit is maar net hoe dit is." Lees oor Ryk Hattingh se lewe en werk.

Etienne van Heerden (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-08-31

"In my geval is die landskap altyd een van die hoofkarakters in my boeke. My onderbene is ingemessel in Afrika en dit blyk uit my skryfwerk." Lees oor Etienne van Heerden se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

FIJ van Rensburg (1922–2015)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2017-08-22

"My grondoortuiging is dat skrywers mekaar nodig het. Veral in ’n gemeenskap soos die Afrikaanse. Sonder sy kuns is ’n gemeenskap ’n ongesoute stuk vleis, en sonder voeding van die kant van sy gemeenskap stel dit die skrywer aan die gevaar van bloedarmoede bloot." Lees oor FIJ van Rensburg se lewe en werk.

Top