WJ du P Erlank (Eitemal) (1901–1984)
2026-02-24"Onthou dit, Jaffie, die groot dinge begin nooit by die slimmerige en die hoë mense nie; hulle word te vasgevat deur hul slimmigheid ... maar ’n klompie van die eenvoudige vaallyf-eseltjies wat baie swaargekry het, omdat hul base arm was, het die woorde opgevang in hul oorpype, en hul harte het dit geglo." (uit Jaffie: ’n eselromannetjie)
MER (1875–1975)
2026-02-12"Dis die skepping wat die vreugde gee; die gevoel dat jy iets tot stand bring wat nog nie daar was nie; iets goeds, iets blywends, iets wat vir die mensdom nodig is; en dit was nog nie daar nie, en jy het dit gebring." Lees oor MER se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Diana Ferrus (1953–2026)
2026-02-04Diana Ferrus se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Sy het gesê: "My doel op aarde is om deur middel van die skeppingsproses vrede te bevorder; vir myself en die mense met wie ek te doen kry. Wat saak maak, is respek vir ander mense. Wat nié saak maak nie, is uit watter agtergrond hulle kom."
Tryna du Toit (1910–2005)
2026-01-30"Die genot, die vreugde en die opwinding wat my skryfwerk my deur die jare verskaf het, glo ek, het sy begin in die betowerende ure wat ons om die kaggelvuur na my vader se vertellings geluister het." Lees oor Tryna du Toit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Martjie Bosman (1954–)
2026-01-20"Ek dig oor enigiets wat my aangryp en dig om woorde te kry vir ervarings wat ek nie heeltemal begryp nie." Lees oor Martjie Bosman se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Susan Coetzer (1957–)
2026-01-13"Ek sal ook graag onthou wou word as iemand wat met my skryfwerk lesers op ’n dieper reis geneem het. Om deur ’n lens vol lig te kyk en in dankbaarheid te leef." Lees oor Susan Coetzer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Koos Prinsloo (1957–1994)
2025-12-03"Skrywery is baie intiem. Ek sal dinge op papier doen wat ek nie in die geselskap van ander kan doen nie." Lees oor Koos Prinsloo se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Hettie Smit (1908–1973)
2025-11-26"Stokperdjies is die medisyne vir ’n gebroke hart. Dit is ook die versekering teen die ouderdom." Lees oor Hettie Smit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Theunis Engelbrecht (1965–)
2025-11-21"Die hoofvereiste is dat die skrywer ten alle tye getrou en eerlik aan homself moet bly." Lees oor die lewe en werk van Theunis Engelbrecht in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Deon Meyer (1958–)
2025-11-13"Leef doelbewus, versamel ervarings en emosies en stories en mense en karakters. Gaan sit dan en skryf. Moenie vir mense vertel jy wil, of sal, of gaan nog eendag skryf nie. Doen dit." Lees meer oor Deon Meyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
HA Fagan (1889–1963)
2025-11-05"Ek voel dankbaar dat ek lank genoeg gelewe het om die Afrikaner in sy stryd om erkenning en gelykberegtiging van homself, sy taal, sy kultuur, en sy tradisies te sien seëvier. Nou bly my nog die een bede oor: mag hy hom in die oorwinning net so groot en edel toon as in die stryd." Lees meer oor die lewe en werk van HA Fagan in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Christiaan Bakkes (1965–)
2025-10-23"Skryf het vir my ’n wegholperd geword. Ek het nooit kon dink dat dit so ver sou gaan nie. Daai perd het nog nie ophou galop nie en die rit is wonderlik." Lees meer oor die lewe en werk van Christiaan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
GA Watermeyer (1917–1972)
2025-10-16"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche
Koos du Plessis (1945–1984)
2025-10-09"Ek is ’n doodgewone ou, ek het niks om oor myself te sê nie. My liedjies praat van my." Lees meer oor die lewe en werk van Koos du Plessis in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Doc Immelman (1928–2013)
2025-10-02"Die drang om te skryf, kan ek egter nie verklaar nie. Dit is eensaam, uitmergelend. Jy is alleen." Lees meer oor die lewe en werk van Doc Immelman in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

