Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Marlene le Roux (1934–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-30

"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Cor Dirks (1911–2000)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-23

"Daar is nie ’n wenresep om kinderverhale te skryf nie, net ’n liefde daarvoor en deursettingsvermoë." Lees meer oor Cor Dirks se lewe en werk in hierdie ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Maritha Snyman (1952–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-10

"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."

Stella Blakemore (1906–1991)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-09-26

"Inspirasie is oral en altyd beskikbaar. Ek het geen spesiale plek of stemming nodig om die tikmasjien te laat kletter nie. Dit kom sommer net." Lees meer oor Stella Blakemore se lewe en werk in dié ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Fanie Viljoen (1970–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-09-11

"Grootmense hou nie van vlieënde varke nie. Hulle hou van reëls en realiteit. Kinderboeke maak ’n mens se kop weer oop. Dit laat jou weer jonk dink." Lees oor Fanie Viljoen se lewe en werk.

Jaco Jacobs (1980–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-09-04

"As skrywer probeer ek nie te ver vooruit kyk nie – ek doen bloot my bes om boeke te skryf wat jong lesers hopelik sal oortuig dat dit die moeite werd is om in Afrikaans te lees." Lees oor Jaco Jacobs se lewe en werk.

Abraham H de Vries (1937–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-08-28

 "Die Afrikaanse letterkunde is die lewenskragtigste affêre wat ek ken. Daar verskyn soveel boeke, soveel goeies, ek raak net hier en daar grond."

Jeanette Ferreira (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-08-20

"Prosa is loop, poësie is dans – ’n taal moet kan loop en dans." Lees meer oor Jeanette Ferreira in hierdie ATKV-skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche en nou volledig bygewerk.

Ingrid Jonker (1933–1965)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-07-24

"Die kunstenaar moet probeer om ’n groter publiek te bereik, moet in aanraking met die gemeenskap bly en haar werk moet nie 'te intellektueel' wees nie."

Mariël le Roux (1947–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-07-17

"Ek het nog nie veel tyd gehad om fiksie te skryf nie, maar ek loop al my hele lewe lank met ’n pen in die hand rond. Ek het stories in die sand geskryf met ’n stokkie en later met ’n potlood toe ek rêrig kon skryf."

JFW Grosskopf (1885–1945)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-07-08

“Hoe ouer ek word, hoe groter word my eerbied vir taal en vir woorde. Woorde is vir ons soos goud vir die goudsmid of diamant vir die slyper.” Lees meer oor JFW Grosskopf se lewe en werk in dié ATKV-skrywersalbum, nou volledig bygewerk.

EB Grosskopf (1888–1949)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-07-02

Ernst Grosskopf het bekendheid as skrywer verwerf met sy kortverhale, maar veral met sy klassieke jeugverhaal Patrys-hulle, wat op sy eie jeugherinneringe gegrond was.

Pirow Bekker (1935–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-06-20

"Skryf is ’n voortdurende onvrede met die tevredenheid. Daarom is dit half jammer ’n skrywer is net een maal in hierdie wêreld. Ek sê altyd ’n mens moet drie lewens hê: om te lewe, om te lees, om te skryf." Lees oor Pirow Bekker se lewe en werk.

Helena Gunter (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-06-12

"Geskiedenis is belangrik. Dit bied die konteks waaruit jy kom en waarvandaan jy moet voortbeweeg." Helena Gunter se profiel in die ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

SV Petersen (1914–1987)

Erika Terblanche ATKV-Portaal 2024-06-03

"Ander mense sê ek is ’n digter, maar vir my gaan dit om die stryd – die stryd om die waardigheid van mense." Lees oor SV Petersen se lewe en werk.

Top