Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

C Johan Bakkes (1956–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-14

"’n Reis is nie net iets wat jy moet verbykry om by die bestemming uit te kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van C Johan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Eveleen Castelyn (1928–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-08

"Vir my is dit harde werk om te dig. ’n Gedig volg sy eie stadige proses. Vandat ’n gevoel of indruk in digvorm by my opkom, neem dit dae of selfs weke van oor en oor tik tot ’n gedig na my sin is." Lees meer oor Eveleen Castelyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Naomi Meyer (1975–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-03

“Om te skryf is ’n protes teen die alledaagse lewe. Dit is dalk die mees rebelse daad wat ek kon uitvoer.” Lees meer oor die lewe en werk van Naomi Meyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Lien Botha (1961–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-17

"Ek pendel nog heelhuids tussen die visuele en geskrewe wêreld, en ek hoop en vertrou dat hierdie metodiek verwering sal verlangsaam." Lees meer oor die lewe en werk van Lien Botha in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Toast Coetzer (1977–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-06-04

"In die voortslepende proses tot die verbetering van waarmee jy ook al besig is, is niks wat enigiemand anders te sê het belangrik nie. Wees besluiteloos op die regte tyd ... Bier en vryheid. Niks meer nie. Beer and freedomLittle more." Lees meer oor die lewe en werk van Toast Coetzer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Tom Dreyer (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-30

"Met ’n goeie gedig, of ten minste die wete dat ’n reël of twee wat jy geskryf het die suiwerste essensie van iets vasvang, kom daar ’n gevoel oor jou, ’n soort rush, ’n euforie, ’n onvoorspelbare vryheid, ’n vreemde alchemie, iets misterieus soos ’n UFO wat pas op die grasperk geland het. Daarom sê ek reguit ek verstaan nie die skryf van poësie nie; ek het steeds nie ’n clue waar gedigte vandaan kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van Tom Dreyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) (1938–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-22

"Skryf is nie ’n stokperdjie nie, veral oor onderwerpe soos vervreemding, verlies, godsdiens en seks. Dis bitter harde werk. Maar die skryfproses was vir my opwindend. Ek is lief vir woorde." Lees meer oor die lewe en werk van Lodewyk G du Plessis (skuilnaam van Andries Buys) in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Hendrik Januarie (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-15

"Skryf neer, want mens gaan vergeet. Papier bring als terug. Jy sien dit." Lees meer oor Hendrik Januarie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Elza Rademeyer (1944–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-05-09

"Skryf is pure plesier. Om baie vriende en vriendinne te hê ook. My ander stokperdjie is tuinmaak. Terwyl ek spit en plant, dink en memoriseer ek dit wat ek op papier wil sit." Lees meer oor Elza Rademeyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Nicole Jaekel Strauss (1972–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-30

"Telkens wanneer ek ’n sin voltooi, is ek ’n ander skrywer, ’n ander mens. Dis die voetspore van die vos in die sneeu, soos die digter geskryf het. Ek kyk terug en sien my merke, maar ek laat daardie teks, daardie woorde agter – die landskap is nie meer dieselfde nie." Lees meer oor die lewe en werk van Nicole Jaekel Strauss in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Trienke Laurie (1946–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-23

"’n Digter moet al die warm emosies deurgaan, maar om daaroor te skryf verg koele besinning en meestal afstand en tyd." Lees meer oor Trienke Laurie se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Johann de Lange (1959–2025)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-07

"Die skrywerswêreld is eintlik ’n onnatuurlike een, waar niks taboe is nie. En dan vergeet jy die buitewêreld werk anders." Lees meer oor Johann de Lange se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Erika Murray-Theron (1941–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-04-03

"Boeke kan vir ons op verskillende maniere vensters op ’n skrefie ewige lig oopmaak." Lees meer oor die lewe en werk van Erika Murray-Theron in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Evelyn Marais (1902–1995)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-28

"As ’n mens nie droom nie, hoe gaan jy dit verwesenlik?" Lees meer oor Evelyn Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Johann Lodewyk Marais (1956–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-03-20

"Niemand kan sommer net gaan sit en skryf nie. Jy moet mos weet hoe ’n gedig aanmekaar steek en hoe die verskeie soorte gedigte lyk. Daarom ag ek myself en my tydgenote anders as die Sestigers. Hedendaagse digters het tegniek weer ontdek." Lees meer oor Johann Lodewyk Marais se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Top