Erika Terblanche

Gebore en getoë op Heidelberg in die Suid-Kaap. Matrikuleer in 1968 daar en gaan swot BA met geskiedenis en Frans as hoofvakke en ’n Hoër Diploma in Biblioteekkunde aan US. Gaan werk by die Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens as Afrikaanse boekkeurder totdat haar oudste dogter gebore word. Maak vir 11 jaar kinders groot en verhuis in 1982 na Bloemfontein. Begin in 1987 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) werk en bring bykans 20 wonderlike jare daar deur, waar sy met Afrikaanse skrywers, uitgewers en ander belangstellendes in ons taal kontak gehad het. In 2007, na herstrukturering van haar departement, bedank sy. In 2007 nader LitNet haar om aan ’n Afrikaanse Skrywersalbum te begin werk – en dit is waarmee sy haar nog steeds besig hou. Sy en haar man verhuis in 2009 na Durbanville. In 2019 trek hulle George toe, en nou kan hulle vir die kinders en kleinkinders oorsee gaan kuier, asook vir dié wat besluit het om op Suid-Afrikaanse bodem te bly.

 

Helena Gunter (1954–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-06-12

"Geskiedenis is belangrik. Dit bied die konteks waaruit jy kom en waarvandaan jy moet voortbeweeg." Helena Gunter se profiel in die ATKV-Skrywersalbum is nou bygewerk.

SV Petersen (1914–1987)

Erika Terblanche ATKV-Portaal 2024-06-03

"Ander mense sê ek is ’n digter, maar vir my gaan dit om die stryd – die stryd om die waardigheid van mense." Lees oor SV Petersen se lewe en werk.

Bettina Wyngaard (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-05-02

“Sosiale kommentaar is vir my ’n prioriteit in die literatuur. Dis soos om ’n spieël voor die mense te hou; dit daag die leser uit om sy idees en/of gedrag te verander.”

CJ Langenhoven (1873–1932)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-04-23

“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.”

Helene de Kock (1943–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-04-03

"Alhoewel die liefde ’n belangrike onderwerp in my verhale is, staan dit nooit apart van ander verhoudings nie. Die liefde self is verweef in die web van die lewe, glo ek."

Zirk van den Berg (1960–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-03-22

"Ek skryf omdat dit vir my lekker is. Omdat ek relatief goed is daarmee. Omdat ek beter voel as ek besig is om iets te skep. Om my lewe meer sinvol te laat voel. Omdat dit my kans gee om te speel en baas te speel. Omdat dit my help om vrede te maak met die dinge wat my pla. En omdat dit my help om weer daardie gevoel te kry wat ek as kind gehad het toe ons in die veld gaan piekniek hou het."

Irma Venter (gebore: 1970’s)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-03-08

"My droom is om eendag die mees elegante Afrikaanse moordstorie te skryf, een waar geen naat wys nie."

Willem Anker (1979–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-03-05

"Aangesien lesers deesdae skaarser is as hoendertande, ysbere of katoolse pandas, lê die toekoms van Afrikaanse of watookalse letterkunde miskien in die opvoeding van ’n volgende generasie lesers."

Leon Strydom (1944–2021)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-02-28

Gerrit Olivier: "Strydom dring ’n groot hoeveelheid verwysings, toespelings en dubbelsinnighede sonder enige interpunksie hoegenaamd binne enkele verse saam. Sodoende ontstaan ’n besondere digtheid, soms selfs duisterheid."

Rudie van Rensburg (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-02-22

"Dit was ’n maklike besluit om my hand aan misdaadfiksie te waag. Die bevredigendste deel van die genre is om ’n lekker ingewikkelde plot uit te werk wat die leser gaan verras."

SJ Naudé (1970–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-02-07

"As mens skryf – vir my in elk geval – ondersoek jy nuanses van menslikheid. Dis heeltemal ’n ander soort waardestelsel as dié waar dit gaan oor geld."

Francois Smith (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-01-29

"Ek het van ’n baie jong ouderdom geweet om te skryf is die belangrikste ding wat ’n mens kan doen." Lees oor Francois Smith se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

Jaco Fouché (1967–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-01-24

"Ek dink as ek ’n boek sit en skryf, neem ek ook ’n rol aan. Ek wórd ’n karakter ..." Jaco Fouché se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Chris Karsten (1947–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-01-16

"Die waarheid was nog altyd vreemder as fiksie. Die plig van skrywers is om deurentyd grense te probeer oorsteek om die fiksieruimte vir lesers te vergroot." Lees oor die lewe en werk van Chris Karsten.

Gerda Taljaard (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-12-18

"Wanneer ’n mens in jou moedertaal skryf, kom dit wat in die onbewuste onderdruk word, na die oppervlak. Dan skryf jy uit jou binnegoed en uit jou hart, met integriteit en rou eerlikheid."

Top